Oud-Bok­ke se dog­ters speel hok­kie in Bfn

Hok­kie­span­ne pak me­kaar in Ro­se­stad

Volksblad - - Voorblad - Mar­nus Kok

Die sprui­te van twee S­pring­bok­ke tel on­der et­li­ke voor­ma­li­ge sport­lui se kin­ders wat se­dert Don­der­dag aan die Su­per12-hok­kie­toer­nooi by die Ho­ër­Mei­sie­skool Oran­je in Bloem­fon­tein deel­neem.

T­waalf van die voor­ste sko­le­hok­kie­span­ne in die land neem aan dié jaar­lik­se toer­nooi deel, wat Oran­je reeds die af­ge­lo­pe vier jaar ge­wen het.

Die oud-los­voor­spe­ler Ti­aan S­trauss (53), wat Suid-A­fri­ka in 15 toet­se tus­sen 1992 en 1994 en Aus­tra­lië in 11 toet­se in 1999 ver­teen­woor­dig het, se dog­ter Amé is ’n leer­ling aan die Ho­ër­skool Bloem­hof in S­tel­len­bosch.

S­trauss het die Bok­ke in een toets aan­ge­voer. Dit was teen Nieu-See­land in 1994 in Du­ne­din. Suid-A­fri­ka het daar­die stryd met 14-22 ver­loor. Hy het ook die Wes­te­li­ke Pro­vin­sie in meer as 150 wed­stry­de ver­teen­woor­dig.

Chris Ros­souw (48), oud-ha­ker en flank, wat deel van die S­pring­bok-span was wat die Wê­reld­be­ker in 1995 ver­o­wer het, se dog­ter Jo­ané is in Paarl-Gim­na­si­um se span.

Ros­souw het die laas­te van sy ne­ge toet­se (agt as ha­ker en een as flank) in 1999 se Wê­reld­be­ker-toer­nooi teen Nieu-See­land in Car­diff ge­speel.

Mi­chel­le de Sou­za, wat die SA hok­kie­span in die 1990’s ver­teen­woor­dig het, se dog­ter Cloé is in St. S­ti­thi­ans se span.

Et­li­ke van Oran­je se spe­lers se ou­ers het die Vry­staat of G­rie­kwas op die sport­veld ver­teen­woor­dig.

Wak­sie Prins­loo, wat sen­ter vir die Vry­staat en G­rie­kwas ge­speel het, se dog­ter Truné is boon­op vroe­ër van­jaar in die SA o.16-hok­kie­span in­ge­sluit.

Wy­le Bar­nie B­ritz, wat in die 1990’s vir die des­tyd­se Noor­dVry­staat (G­rif­fons) rug­by ge­speel het, se dog­ter Jané is ook in Oran­je se span.

Sas Kas­sel­man, wat skrum­ska­kel vir die Vry­staat en Trans­vaal ge­speel het, se dog­ter Lie­sl speel vir Voor­trek­ker van Beth­le­hem.

■ Oran­je het Don­der­dag, op die eer­ste dag, ge­lyk­op teen St. S­ti­thi­ans (2 elk) ge­speel en daar­na met St. Ma­ry’s (2-0) en Paar­lGim­na­si­um (2-0) af­ge­re­ken.

Die tuis­span het Col­le­gi­a­te gis­ter met 2-0 ge­klop, wat ook die vier­de keer van­jaar was dat die twee span­ne krag­te ge­meet het.

Dit was die ein­ste Col­le­gi­a­te wat Oran­je by die St. Ma­ry’s-toer­nooi met 1-0 ver­slaan het, waar­na die Bloem­fon­tei­ners die vol­gen­de twee wed­stry­de met 2-1 en 5-2 be­klink het.

Oran­je het Men­lo­park gis­ter­mid­dag met 2-1 ge­troef.

Mor­né O­den­daal, af­rig­ter van Oran­je, sê sy span se sterk­ste me­de­din­ging om die ti­tel te be­hou gaan van Men­lo­park,

St. Ma­ry’s en Herschel kom.

“Dit is ver­bly­dend dat ons steeds kan wen, al vuur ons nog nie op al ons sui­ers nie.”

Die toer­nooi se uit­speel­wed­stry­de is van­dag, op die laas­te dag.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Die Ho­ër Mei­sie­skool Oran­je in Bloem­fon­tein ver­de­dig sy ti­tel in die Su­per12-hok­kie­toer­nooi wat Don­der­dag by dié skool be­gin het en van­dag ein­dig. Die sprui­te van die voor­ma­li­ge S­pring­bok-rug­by­spe­lers Ti­aan S­trauss en Chris Ros­souw tel on­der et­li­ke voor­ma­li­ge sport­lui se kin­ders wat hier in die Ro­se­stad deel­neem. Hier is Oran­je se El­ney Bo­tha (in die geel) gis­ter­og­gend in ak­sie teen Col­le­gi­a­te.

Chris Ros­souw in ak­sie teen Wes-Sa­moa ty­dens 1995 se Wê­rel­be­ker­be­ker-toer­nooi op El­lis­park.

Fo­to’s: GALLO IMAGES

Ti­aan S­trauss in ak­sie vir die S­pring­bok­ke in 1994.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.