In­sleep­voer­tuig val ook om toe hy lor­rie wil op­hys

Volksblad - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

’n In­sleep­voer­tuig wat ’n vrag­mo­tor wou op­hys wat in die Suid-Vry­staat in die gie­ten­de re­ën om­ge­slaan het, het self om­ge­slaan toe ’n ket­ting ge­breek het.

Konst. Pie­ter Ka­re­li, woord­voer­der van die Vry­staat­se po­li­sie, sê die vrag­mo­tor het Don­der­dag om­streeks 08:40 ver­moe­de­lik net an­der­kant S­pring­fon­tein op pad na Tromps­burg in die re­ën ge­gly en op sy kant be­land.

Vol­gens Ka­re­li was die vrag­mo­tor leeg, bui­ten ’n paar bok­se. “Die vrag­mo­tor is nie erg be­ska­dig nie en die in­sit­ten­des is ook nie be­seer nie.”

Car To­wing Ser­vi­ces het ’n swaar in­sleep­voer­tuig ge­stuur om die vrag­mo­tor op sy wie­le te kry. Die ket­ting waar­mee die vrag­mo­tor op­ge­hys is, het ge­breek en die in­sleep­voer­tuig het ook om­ge­val. Car To­wing Ser­vi­ces moes nood­ge­dwon­ge ’n twee­de in­sleep­voer­tuig na die to­neel s­tuur. Die on­der­ne­ming se in­sleep­voer­tuig is eers weer op sy wie­le ge­kry, waar­na al­bei in­sleep­voer­tuie in­ge­span is om die vrag­mo­tor op sy wie­le te kry.

De Wet Rau­ben­hei­mer, be­mar­ker vir Car To­wing Ser­vi­ces, sê hul­le is bly dat nie­mand seer­ge­kry het nie.

Fo­to: VER­SKAF

Die twee vrag­mo­tors lê Don­der­dag hier tus­sen S­pring­fon­tein en Tromps­burg in die gie­ten­de re­ën.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.