Bas­ter­hond met wa­en­tjie laat die kop­pe draai

Volksblad - - Nuus­ ­ - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Fo­rest, ’n bas­ter­hond van K­waZu­lu-Na­tal wat al drie keer deur ’n mo­tor raak ge­ry is, was een van die skat­ti­ge hon­de wat al­mal be­koor het op Ku­sa (Ken­nel U­ni­on of South A­fri­ca) se 12de jaar­lik­se na­si­o­na­le kam­pi­oen­skap­pe.

Die kam­pi­oen­skap­pe is van Don­der­dag tot gis­ter in Bloem­fon­tein ge­hou.

Fo­rest het aan die af­de­ling deel­ge­neem waar­in hy ’n wa­en­tjie op ’n kron­kel­paad­jie met toue aan die kan­te moes sleep.

Op be­vel van sy han­teer­der, Re­na­te Haus­sm­ ann van Port S­heps­to­ne, moes hy ook op die kron­kel­paad­jie die wa­en­tjie ag­ter­uit laat loop sonder om aan die toue aan die kant te raak.

F­rik­kie Mos­tert, voor­sit­ter van die F­ree Sta­te A­gi­li­ty and Dog Trai­ning Club in Bloem­fon­tein, sê die me­de­din­ging was straf. 60 han­teer­ders met 120 hon­de van oor die land heen en van Zim­bab­we het sa­ke op die kam­pi­oen­skap­pe kom uit­spook.

Die kam­pi­oen­skap­pe is op die rug­by­veld van die La­er­skool Sand du P­les­sis in Hos­pi­taal­park ge­hou.

“Een ding was dui­de­lik, hond en baas het dit ewe veel ge­niet.

“Al het die wind­jie soms koud oor die skool­ter­rein ge­sny, sou niks en nie­mand kon keer dat dié ge­wil­de hon­de­kam­pi­oen­skap­pe voort­gaan nie,” het Mos­tert ge­sê.

“Ei­e­naars en hon­de het hon­der­de ki­lo­me­ters af­ge­lê om te kom deel­neem en in som­mi­ge ge­val­le selfs meer as 1 000 km ver ge­ry.”

In die wa­en­tjie­sleep­af­de­ling (car­ting) Sa­ter­dag­mid­dag was daar 15 deel­ne­mers van Jo­han­nes­burg, Port E­li­za­beth en Dur­ban.

Die Ca­pe Hand­lers Dog Club van Mil­ner­ton, Kaap­stad, het Sa­ter­dag­mid­dag die klas vir vlieg­bal (fly ball) ge­wen.

In die vlieg­balklas neem span­ne van vier hon­de elk deel. ’n Ten­nis­bal word vir die eer­ste hond in die span ge­gooi wat dan met die bal in die bek oor hin­der­nis­se moet hard­loop. Die bal moet dan net­jies in ’n gat in ’n hout­boks ge­bê­re word, waar­op die hond te­rug­hard­loop. Die vol­gen­de hond spring dan weg en doen pre­sies die­self­de.

Die span­tye word dan ver­ge­lyk om te be­paal wie die wen­ner is.

Die wen­span in die vlieg­bal­af­de­ling is van die Wes-Kaap. Voor van links is Si­mon­ne A­fon­so met Sexy Lexi, Ylon­de A­bra­hamson met Ba­by Lexi, An­sie Min­naar met Cap Cap en S­hel­don Mar­tin met Cas­si. Ag­ter van links is Bar­ry Le­vitt met C­hel­sey, War­ren Sa­bles en Fi­lip van Roey met Xe­na.

Fo­to: MA­RIE­TJIE GE­RIC­KE

Re­na­te Haus­smann en haar hond, Fo­rest, van Port S­heps­to­ne.

Fo­to: VER­SKAF

Na­di­ne van der Lin­de met Sha-Sha, wat aan die spring­af­de­ling op Ku­sa se na­si­o­na­le hon­de­kam­pi­oen­skap­pe in Bloem­fon­tein deel­ge­neem het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.