In­ter­dik oor bou­e­ry op­ge­hef

Volksblad - - Nuus­ ­ - C­har­né Kemp

’n Tus­sen­tyd­se in­ter­dik wat HOP­bou­pro­jek­te in De Aar, Ha­no­ver en B­rit­stown ty­de­lik ver­traag het, is Dins­dag op­ge­hef na­dat die ap­pli­kant nie vir die ver­hoor in Kim­ber­ley op­ge­daag het nie.

Die ge­sloer met die pro­jek het in Ju­lie ge­weld­da­di­ge be­to­gings in die drie dor­pe tot ge­volg ge­had.

Die oor­spronk­li­ke bou­kon­trak­teur wat die LUR en de­par­te­ments­hoof van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring, die Emt­han­je­ni-mu­ni­si­pa­li­teit en die nu­we kon­trak­teur ge­dag­vaar het, moes be­toë op 7 Au­gus­tus in die hoog­ge­regs­hof aan­voer.

Hy het in Ju­nie ’n in­ter­dik be­kom wat die de­par­te­ment, mu­ni­si­pa­li­teit en kon­trak­teurs ver­bied om met die pro­jek aan te gaan tot met die ver­hoor.

Des Frans­man, di­rek­teur van Aga M­zan­zi Techni­cal Con­sul­tan­cy, het aan­soek ge­doen dat die kon­trak­te met nu­we kon­trak­teurs on­gel­dig en on­grond­wet­lik ver­klaar word. Hy het aan­ge­voer dat sy Sil­ver So­lu­ti­on-maat­skap­py in 2010 deur die mu­ni­si­pa­li­teit, wat die grond be­sit, aan­ge­stel is om die be­hui­sings­pro­jek te le­wer.

Die kon­trak­teur moes al­te­saam 2 386 er­we in De Aar, 837 in B­rits-to­wn en 1 069 in Ha­no­ver ont­wik­kel, ti­tel­ak­tes re­gis­treer en hui­se met ver­drag daar­op bou. Die pro­jek is in 2015 ver­leng om­dat dit nie vol­tooi is nie. Frans­man het so­lank hui­se be­gin bou en ’n ri­ool­net­werk en ’n pomp in Ha­no­ver aan­ge­lê.

In Maart 2017 het Frans­man be­wus ge­word van ’n ad­ver­ten­sie van die na­si­o­na­le de­par­te­ment van sa­me­wer­ken­de re­ge­ring in die ten­der­bul­le­tin om die werk te vol­tooi. Hy het die ten­der ver­ga­de­ring by­ge­woon en be­sef die nu­we ten­der is vir die­self­de pro­jek waar­mee hy be­sig is.

Frans­man voer aan dat sy kon­trak met die mu­ni­si­pa­li­teit steeds gel­dig is.

In sy ver­kla­ring voer Ba­fe­di­le Len­coe, de­par­te­ments­hoof, aan die ten­der­pro­se­du­re wat die mu­ni­si­pa­li­teit ge­volg het, was nie kor­rek nie.

Die nu­we kon­trak­teurs is daar­mee be­sig en moet die pro­jek vol­tooi.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.