Pu­blie­ke be­lang weeg swaar­ste

Volksblad - - Kommentaar - Jo­han­nes Fro­ne­man Prof. Fro­ne­man is ver­bon­de aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit.

Die aan­ty­gings teen wy­le Mag­nus Ma­lan is se­ker die erg­ste wat nog ooit in Suid-A­fri­kaan­se koe­ran­te teen ’n be­ken­de per­soon ge­maak is.

Die feit dat hy reeds oor­le­de is, het die las­ter­li­ke be­rig­te (en na­tuur­lik die boek, waar­uit die be­rig­te ge­vloei het) moont­lik ge­maak.

Die naam van die an­der mi­nis­ter wat na be­we­ring by die mo­les­te­ring van kin­ders be­trok­ke was, word ver­swyg.

Sou die boek en koe­ran­te dit ge­noem het, was ’n las­ter­saak hul voor­land – be­hal­we as die per­soon nie kans ge­sien het vir die pu­bli­si­teit van ’n las­ter­saak nie. Of dalk skul­dig was en sou vrees die waar­heid kom dalk in die hof op die lap­pe.

Om die van­self­spre­ken­de dui­de­lik te stel: ’n Mens kan nie deur ’n dooie mens vir las­ter ge­dag­vaar word nie.

Wel ont­hou ek hoe die we­du­wee van Jaap Ma­rais, des­tyd­se lei­er van die Her­stig­te Na­si­o­na­le Par­ty, toe­stem­ming ge­kry het om voort te gaan met ’n las­ter­saak wat voor haar man se dood deur hom aan­han­gig ge­maak is, maar dit was ’n uit­son­de­ring.

Die im­pli­ka­sie is dat jy ’n dooie se naam deur die mod­der kan sleep sonder om ’n las­ter­saak te vrees.

Of dit goeie ma­nie­re is, is ’n an­der saak.

In die Ma­lan-ge­val sou ge­ar­gu­men­teer kan word dat dit in o­pen­ba­re be­lang is om te weet dat pro­mi­nen­te fi­gu­re hul­le aan er­ge mis­da­de skul­dig ge­maak het. Nie dat die boek dit af­doen­de be­wys nie.

Die joer­na­lis Max du P­reez het in sy re­ak­sie ge­sê die be­we­rings teen Ma­lan en an­de­re was in se­ke­re krin­ge goed be­kend. Hy ar­gu­men­teer dat die des­tyd­se wet­ge­wing dit on­moont­lik ge­maak het om dié soort be­we­ring in die ope te bring. Daar­in is hy vol­le­dig reg. In die 1980’s was daar ’n mag­dom wet­te (of, in baie ge­val­le, ’n ar­ti­kel in ’n wet) wat erns­ti­ge be­per­kings op be­rig­ge­wing ge­plaas het. Daar­be­ne­wens was daar die nood­toe­stan­de waar­ty­dens ver­de­re be­per­kings op die me­dia ge­plaas is.

Die so­ge­naam­de al­ter­na­tie­we koe­ran­te, soos Vrye Week­blad, Week­ly Mail, New Na­ti­on en South, is on­der ge­wel­di­ge druk ge­plaas. Die mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke kon koe­ran­te van die straat af­haal en hy het dit ook by ge­leent­heid ge­doen.

In ’n ui­ter­ste ge­val het ’n se­ni­or po­li­sie­man se leu­ens die ein­de van ’n koe­rant be­te­ken: Du P­reez se koe­rant, Vrye Week­blad, kon nie die geld op­dok wat hy weens ’n las­ter­saak aan genl. Lot­har Neeth­ling moes be­taal nie en moes sluit. Ja­re la­ter is Vrye Week­blad vol­ko­me in die ge­lyk ge­stel. Ver­staan dus waar­om Du P­reez ge­neig is om selfs die erg­ste van ’n oud-NP-mi­nis­ter te glo.

Be­lang­rik is om ook te let op die wy­se waar­op die 1994/’96-grond­wet ons ver­staan van las­ter ver­an­der het. Voor 1996 was die me­dia met sy rug teen die muur en het die be­gin­sel van streng aan­spreek­lik­heid ge­geld.

Reg­ter Joos He­fer het eg­ter be­vind dat ons ge­me­ne­reg in die lig van die nu­we Grond­wet aan­ge­pas moes word. Sy be­vin­ding, wat aan die me­dia veel gro­ter vry­heid toe­ge­laat het en selfs die deur oop­ge­maak het om ’n on­waar­heid te pu­bli­seer (mits aan be­paal­de voor­waar­des vol­doen word), is la­ter deur die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof be­ves­tig.

Dus: Die me­dia is veel vry­er as voor die 1990’s, maar kan steeds nie skryf wat hy wil nie.

Bla­tan­te las­ter kan ’n me­dia-in­stel­ling steeds in die hof laat be­land en ’n sty­we be­drag kos. Waar o­pen­ba­re be­lang sterk ter spra­ke kom, het die me­dia eg­ter gro­ter be­weeg­ruim­te.

Die re­ak­sie van die pu­bliek op die Ma­lan-be­we­rings toon nie­te­min die di­ver­se me­nings wat daar oor die kwes­sie be­staan. Net die tyd sal leer of daar e­nig­iets in die be­we­rings steek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.