Bfn-leer­ling (17) wen groot prys

Volksblad - - Nuus­ ­ - Al­za­ne­ Nar­rain

’n Jong vroue-I­saac Ne­w­ton van Bloem­fon­tein het ’n me­to­de ge­vind om vrag­mo­tors kos­te­doel­tref­fend te ver­vaar­dig so­dat dit min­der pe­trol ge­bruik.

Ru­ne E­de­ling (17), ’n gr. 11-leer­ling aan die Eu­ni­ce High S­chool in Bloem­fon­tein, het die kon­sep van kuil­tjies op ’n gholf­bal ge­bruik om de­le van vrag­mo­tors se bak­werk te ver­vaar­dig om a­ë­ro­di­na­mie­se doel­tref­fend­heid te ver­be­ter en so­doen­de pe­trol­ver­bruik te ver­min­der.

E­de­ling is die na­week as al­ge­he­le wen­ner op die eks­po vir jong we­ten­skap­li­kes van E­s­kom in sa­me­wer­king met die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat (UV) aan­ge­wys.

Haar na­vor­sings­pro­jek, wat as die bes­te vrou­e­pro­jek aan­ge­wys is, was een van so­wat 190 pro­jek­te in die we­ten­skap­pe wat se­dert Don­der­dag op die UV se Bloem­fon­tein-kam­pus uit­ge­stal is.

Sy sê sy het die i­dee vir haar pro­jek ge­kry om­dat sy dik­wels vrag­mo­tors op die pad sien wan­neer sy aan perd­ry­kam­pi­oen­skap­pe oor die land heen deel­neem.

Sy sê om­dat brand­stof­ver­bruik van vrag­mo­tors by­dra tot die kos­te van goe­de­re en pro­duk­te wat ons daag­liks moet aan­koop en ge­bruik, wou sy die fi­nan­si­ë­le las ver­min­der.

As haar pro­jek toe­ge­pas word, sal dit ook kli­maat­ver­an­de­ring en lug­be­soe­de­ling be­stry.

E­de­ling, wat in­ge­ni­eurs­we­se wil stu­deer, sê sy het nie die prys ver­wag nie.

“Dit be­te­ken die wê­reld vir my. Ek is baie dank­baar vir hier­die ge­leent­heid.”

Sy be­won­der I­saac Ne­w­ton en Al­bert Ein­stein, om­dat hul­le din­ge be­wys het wat die wê­reld nooit ge­dink het moont­lik kon wees nie.

Die Ho­ër­skool Jim Fou­ché het pry­se ont­vang vir die bes­te se­kon­dê­re skool en die se­kon­dê­re skool wat die mees­te goue me­dal­jes ont­vang het.

Die Mei­sie­skool Oran­je het pry­se ont­vang vir die pri­mê­re skool wat die mees­te goue me­dal­jes ont­vang het en die pri­mê­re skool wat die mees­te me­dal­jes ont­vang het.

Fo­to: CHRISTINE WATSON

Ru­ne­ E­de­ling­ van­ die­ Eu­ni­ce­ High­ S­chool­ in­ Bloem­fon­tein­ is­ as­ al­ge­he­le­wen­ner­ op­ die­ eks­po­ vir­ jong­ we­ten­skap­li­kes­ van­ E­s­kom­ aan­ge­wys.­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.