SA daal op rang­lys vir ei­en­doms­reg

Volksblad - - Sake­ - Vi­da Booy­sen

Suid-A­fri­ka het tot die 37ste plek uit 125 lan­de te­rug­ge­sak in ’n in­ter­na­si­o­na­le pei­ling oor ei­en­doms­reg. Die land se tel­ling het met 0,65 van 7 tot 6,35 pun­te te­rug­ge­sak, die groot­ste da­ling van e­ni­ge land, lui van­jaar se In­ter­na­si­o­na­le Eien­doms­re­gin­deks van die Vry­e­mark­stig­ting en Pro­per­ty Rig­hts Al­li­an­ce.

Dié rang­lys meet ’n land se regs­raam­werk, die ver­moë om ei­en­doms­reg­te te be­skerm en op te dwing, as­ook al­ge­me­ne re­spek vir in­tel­lek­tu­e­le ei­en­doms­reg.

Die rang­lys skryf Suid-A­fri­ka se ag­ter­uit­gang op die in­deks toe aan pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa se aan­kon­di­ging dat die re­ge­ring die Grond­wet wil wy­sig om grond­ont­ei­e­ning sonder vergoeding te be­werk­stel­lig. “Dit hou ’n ge­vaar vir ei­en­doms­reg in.”

Wê­reld­wyd word tot 6 mil­jard men­se se ei­en­doms­reg nie be­hoor­lik be­skerm nie, is be­vind.

Net 758 mil­joen men­se – 13% van die wê­reld­be­vol­king – ge­niet vol­doen­de be­sker­ming vir hul kuns­wer­ke, uit­vind­sels en pri­va­te ei­en­dom.

Drie lan­de, Fin­land, Nieu-See­land en S­wit­ser­land, se in­wo­ners ge­niet die bes­te be­sker­ming vir dié reg­te. Die VSA het van­jaar vir die eer­ste keer sy eer­ste plek op die lys prys­ge­gee toe Fin­land hom ver­by­ge­steek het.

Ei­en­doms­reg is ’n sleu­telaan­wy­ser van e­ko­no­mie­se suk­ses en po­li­tie­ke sta­bi­li­teit, sê Her­nan­do de So­to Po­lar, ’n ekonoom van Pe­ru wat in­ter­na­si­o­naal be­kend is vir sy werk oor ei­en­doms­reg en die in­for­me­le e­ko­no­mie. “Swak ei­en­doms­reg­stel­sels keer die ont­gin­ning van die ver­bor­ge ka­pi­taal van en­tre­pre­neurs, en weer­hou hul­le ook daar­van om an­der voor­de­le van e­ko­no­mie­se vry­heid te ge­niet.”

Die ver­slag dui ook aan hoe vroue se ei­en­doms­reg on­der­myn word. In ver­skeie lan­de in die Mid­de-Oos­te, Noord-A­fri­ka en A­fri­ka suid van die Sa­ha­ra word vroue se ei­e­naar­skap van ei­en­dom sui­wer op grond van hul ge­slag aan ban­de ge­lê.

Lo­ren­zo Mon­ta­na­ri, uit­voe­ren­de di­rek­teur van die Pro­per­ty Rig­hts Al­li­an­ce, sê on­ge­lyk­heid in ei­en­doms­reg het die mees­te ge­vol­ge vir die wê­reld.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.