Ga­laxy No­te 9 gee dood­skoot vir sleg­te sel­f­ies

Volksblad - - Sake Sakenuus - Pe­trus Mal­her­be

Het jy al ooit ’n fo­to van ’n groep men­se ge­neem en tel­kens is een se oë toe? Of die fo­to is heel­te­mal uit fo­kus?

Al­mal suk­kel daar­mee en toe be­sluit Samsung dis tyd om iets daar­aan te doen.

Dié Suid-Ko­re­aan­se teg­no­lo­gie­ver­vaar­di­ger se jong­ste vlag­skip­foon is Don­der­dag op ’n spog­ge­ri­ge ge­leent­heid in New York be­kend ge­stel. Dit is ge­lyk­ty­dig wê­reld­wyd ge­beeld­send.

Die Ga­laxy No­te 9, Samsung se jong­ste so­ge­naam­de “fa­blet” – ’n tus­sen­gan­ger tus­sen ’n sel­foon en ’n ta­blet – kreun be­hoor­lik on­der al die nu­we funk­sies. Ver­skeie funk­sies is voor­af deur joer­na­lis­te en Samsung-per­so­neel ge­lek, maar daar was steeds ’n paar ver­ras­sings.

Kra­ni­ge fo­to­gra­we sal op­ge­won­de wees oor ver­al een funk­sie. Die No­te 9 se ka­me­ra ge­bruik sag­te­wa­re om te “sien” of ie­mand in die fo­to se oë toe is of dat die fo­to uit fo­kus is. Dit sal die ge­brui­ker waar­sku wan­neer hy of sy die slui­ter­knop­pie druk.

Kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie aan stuur

Dit is maar net een van ve­le in­tel­li­gen­te funk­sies wat Samsung nou by sy toe­stel­le in­sluit. Die maat­skap­py be­gin nou nes sy groot­ste me­de­din­ger, Hu­a­wei, mee­ding op die ge­bied van kuns­ma­ti­ge in­tel­li­gen­sie – dat jou foon jou ge­woon­tes aan­leer en daar­by aan­pas.

Die in­tel­li­gen­te ka­me­ra pas ook ou­to­ma­ties aan in swak lig, en wéét boon­op ook wat jy pro­beer af­neem, of dit nou ’n na­by­skoot van ’n blom­me­tjie of ’n land­skap­to­neel in die Dra­kens­ber­ge is. Die ka­me­ra sal aan­pas om te ver­se­ker dat jy die bes­te fo­to neem.

Skryf dit neer

In­ge­sluit by die No­te 9 is ’n splin­ter­nu­we S Pen, ’n e­lek­tro­nie­se pen wat met Blu­e­tooth aan jou foon ver­bind.

Daar­mee kan jy op jou foon se skerm skryf, te­ken of selfs die pen as ’n af­stand­be­heer ge­bruik.

Jy kan ’n vi­deo on­der­breek, of deur ’n Po­werPoint-voor­leg­ging blaai. Jy kan ook die knop­pie op die S Pen ge­bruik om ’n fo­to te neem. Dit be­te­ken jy sal nie meer hoef te soek vir men­se met lang arms om mooi sel­f­ies te neem nie.

E­ni­ge no­ta wat jy op jou foon se skerm neer­skryf, selfs al is dit ge­sluit, word ou­to­ma­ties ge­stoor.

So baie spa­sie

Ty­dens die be­kend­stel­ling van die No­te 9 kon Samsung ook nie uit­ge­praat raak oor die mas­sie­we hoe­veel­heid stoor­spa­sie wat in­ge­sluit word nie.

Die mi­ni­mum groot­te van die No­te 9 is 128 gi­ga­gre­pe met die op­sie om tot ’n mak­si­mum van 512 gi­ga­gre­pe te gaan.

Die goeie nuus is dat jy ook ’n ge­heu­e­kaart van nóg 512 gi­ga­gre­pe kan by­voeg, wat in ef­fek be­te­ken die No­te 9 is die eer­ste 1 te­ra­greep-slim­foon.

Die No­te 9, met An­droid 8.1, be­vat ook ver­skeie se­ku­ri­teits­funk­sies soos Samsung K­nox en Samsung Pay om ge­brui­kers se in­lig­ting te be­skerm.

Samsung Pay is on­langs in Suid-A­fri­ka be­kend ge­stel en dié be­taal­me­to­de word eks­klu­sief aan Ab­sa- en bin­ne­kort ook S­tan­dard Bank-kli­ën­te ge­bied.

Teen­voe­ter vir te­leur­stel­len­de S9

Don­der­dag se be­kend­stel­ling volg net meer as ’n week na­dat Samsung sy te­leur­stel­len­de kwar­taal­sy­fers be­kend ge­maak het. Daar­vol­gens het die be­dryfs­wins van sy mo­bie­le een­heid met 34% ge­daal ver­ge­ly­ke met ’n jaar ge­le­de.

Die ver­ko­pe van die Ga­laxy S9, wat in Fe­bru­a­rie be­kend ge­stel is, was ui­ters te­leur­stel­lend.

Dié foon is ge­kri­ti­seer dat dit “niks nuuts” ge­le­wer het nie.

Ont­le­ders meen Samsung was dui­de­lik hier­van be­wus in sy be­kend­stel­ling van die No­te 9, met heel­wat tyd wat be­stee is om men­se be­wus te maak van wat die No­te 9 an­ders maak.

Die maat­skap­py het ook ver­klap dat hy ’n oor­een­koms met E­pic Ga­mes, die skep­pers van die ui­ters ge­wil­de spe­le­tjie Fort­ni­te, aan­ge­gaan het om dit eer­ste na Ga­laxy-fo­ne vir An­droid-ge­brui­kers te bring. Die spe­le­tjie is van Don­der­dag af be­skik­baar vir Ga­laxy-fo­ne in die Google Play-win­kel en reeds ’n ge­rui­me tyd be­skik­baar op iOS.

Samsung het ook ’n ven­noot­skap met die mu­siek­stro­mings­diens S­po­ti­fy aan­ge­gaan en gaan voort­aan die app daar­voor by al sy slim­fo­ne in­sluit.

Vol­gens die mark­na­vor­ser IDC het Samsung reeds 143 mil­joen Ga­laxy No­te-fo­ne se­dert 2011 ver­koop. Vol­gens die BBC be­loop dit so­wat 7% van sy to­ta­le ver­ko­pe in dié tyd­perk, maar van­weë die fo­ne se ste­wi­ge prys is dit ge­lyk­staan­de aan 10% van Samsung se in­kom­ste.

Wan­neer is dit in SA be­skik­baar?

’n Plaas­li­ke ver­teen­woor­di­ger van Samsung het be­ves­tig die No­te 9 is van 24 Au­gus­tus be­skik­baar in drie kleu­re – swart, ko­per en blou.

Die voor­ge­stel­de prys is R18 999 (vir 128 gi­ga­gre­pe) of so­wat R799 per maand by mees­te diens­ver­skaf­fers. Die No­te 9 met 512 gi­ga­gre­pe sal R23 999 kos, soort­ge­lyk aan die iP­ho­ne X.

Fo­to: REU­TERS

Die nu­we Samsung Ga­laxy No­te 9.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.