Soet vir Li­ver­pool, suur vir Ar­se­nal

Volksblad - - Sport - –­ bbcsport.com,­ sky­sports.com­

Dit kan in dié sei­soen van die En­gel­se P­re­mier­liga klop­dis­sel­boom met Li­ver­pool se sok­ker­span gaan, maar Ar­se­nal se nu­we af­rig­ter, U­nai E­me­ry, sal gis­ter se vuur­doop so gou moont­lik wil ver­geet.

Li­ver­pool het West Ham op An­field met 4-0 af­ge­ran­sel en Man­ches­ter Ci­ty, ver­le­de sei­soen se kam­pi­oen, het Ar­se­nal met 2-0 ver­slaan.

Dit was die eer­ste keer se­dert 1996 dat Ar­se­nal nie met Ar­se­ne Wen­ger ag­ter die stuur ge­speel het nie.

Vir die Gun­ners se on­der­steu­ners was daar baie op die spel, maar toe nie veel om oor op­ge­won­de te raak nie.

E­me­ry se de­buut is ver­suur toe Ra­heem S­ter­ling en Ber­nar­do Sil­va doe­le vir Man­ches­ter Ci­ty aan­ge­te­ken het.

Boon­op het Ar­se­nal twee keer die bal in Man­ches­ter Ci­ty se doel­hok laat be­land, maar nie een van die doe­le is toe­ge­ken nie.

“Ek is be­voor­reg om die be­stuur­der van Man­ches­ter Ci­ty te wees. Ons pro­beer al­tyd ons bes­te le­wer.

“Ci­ty het my ’n fan­tas­tie­se groep ge­gee en ek kan nie vir een mi­nuut kla nie. Ek is om baie, baie re­des te­vre­de,” het Pep Gu­ar­di­o­la, Man­ches­ter Ci­ty se af­rig­ter, ge­sê.

Die Reds was gis­ter blits­vin­nig uit blok­ke in die nu­we sei­soen en was die in­druk­wek­kend­ste van al die span­ne.

Jur­gen Klopp se span het op An­field ge­wys dat hul pe­per­duur ver­kry­gings die moei­te werd kan wees.

“Ons het so goed moont­lik ge­speel. Die toe­koms van sok­ker is ro­ta­sie.

“Ons moet daar­op voor­be­reid wees en het die ge­hal­te,” het Klopp ge­sê.

Li­ver­pool, wat ver­le­de sei­soen vier­de ge­ëin­dig het, se ei­e­naars het hul sak­ke in die af­sei­soen ge­skud.

Die nu­we doel­wag­ter, A­lis­son, wat vir £66,8 m be­kom is, en Na­by Kei­ta (£50 m) het van­uit die staan­spoor ge­wys dat hul­le baie waar­de­vol kan wees.

A­lis­son was rots­vas en Kei­ta het ge­sorg dat die voor­ste li­nie, Mo­ha­med Sa­lah, Ro­ber­to Fir­mi­no en Sa­dio Ma­ne, die eer­ste drie van Li­ver­pool se vier doe­le bin­ne 50 mi­nu­te kon aan­te­ken.

Da­niel Sur­rid­ge het die vier­de doel be­haal slegs ’n mi­nuut na­dat hy op­ge­stuur is.

Vroe­ër die na­week was daar ook goeie oor­win­nings vir Man­ches­ter U­ni­ted, Tot­ten­ham Hot­spur en C­hel­sea.

S­purs het Sa­ter­dag vir Ne­w­cas­t­le met 2-1 ge­klop, C­hel­sea het Hud­der­field met 3-0 ver­slaan en Man­ches­ter U­ni­ted het Lei­ces­ter Ci­ty Vry­dag­aand met 2-1 ge­klop.­

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.