Ja­mes An­der­son be­haal groot myl­paal

Volksblad - - Sport - –­ Reu­ters

Die En­gel­se snel­bou­ler Ja­mes An­der­son het die eer­ste man ge­word wat 100 toets­paal­tjies by Lord’s neem toe hy die In­die­se aan­vangs­kol­wer Mu­ra­li Vi­jay gis­ter op die vier­de dag van die twee­de toets uit­ge­haal het.

Mut­ti­ah Mu­ra­lit­ha­ran van Sri Lan­ka is die e­nig­ste an­der bou­ler wat al daar­in kon slaag om 100 paal­tjies op ’n en­ke­le krie­ket­veld op te raap.

Dié draai­bou­ler het dit som­mer drie keer reg­ge­kry. Sy 800 toets­paal­tjies sluit 100 elk by Gal­le, Kan­dy en die Sin­ga­le­se klub in Co­lom­bo in.

En­ge­land het die toets met ’n beurt en 159 lo­pies ge­wen, met nog ’n dag se spel ge­ske­du­leer.

An­der­son het in die eer­ste beurt 4/23 ge­neem en in die twee­de 5/20.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.