Pa­s­op vir Le­des­ma

Volksblad - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

As af­rig­ter van die Ja­gua­res het hy van­jaar ge­help om al vier die Suid-A­fri­kaan­se Su­per­rug­by­span­ne se on­der­gang te be­werk­stel­lig. As hulp­af­rig­ter van die Wal­la­bies het hy al twee keer suk­ses teen die S­pring­bok­ke be­haal en net een keer teen SuidA­fri­ka ver­loor.

Daar­om kan die Bokke geen­sins die Ma­rio Le­des­ma-fak­tor on­der­skat nie wan­neer hul veld­tog in die Rug­by­kam­pi­oen­skap Sa­ter­dag teen Ar­gen­ti­nië in Dur­ban be­gin.

Le­des­ma het van­jaar uit Aus­tra­lië, waar hy van 2015 tot 2017 die Wal­la­bies se voor­spe­le­raf­rig­ter was, te­rug­ge­keer om die Ja­gua­res af te rig. Dít het hy met on­der­skei­ding ge­doen en die span ge­help om vir die eer­ste keer die Su­per­rug­by-kwart­eind­ron­de te haal.

Die Ja­gua­res het boon­op elk van die vier Suid-A­fri­kaan­se span­ne ge­mak­lik in Ar­gen­ti­nië ge­klop.

Le­des­ma het so be­ïn­druk dat hy ná Ar­gen­ti­nië se te­leur­stel­len­de ver­to­nings in Ju­nie die na­si­o­na­le span se lei­sels by Da­niel Hour­ca­de oor­ge­neem het.

Sa­ter­dag se krag­me­ting is dié voor­ma­li­ge Poe­ma-ha­ker se eer­ste toets aan die stuur van sa­ke.

Ar­gen­ti­nië kon slegs twee van sy laas­te 17 toet­se wen en in Ju­nie het half­ge­bak­te span­ne van Wal­lis (23-10 en 30-12) en S­kot­land (44-14) hom in sy Suid-A­me­ri­kaan­se ag­ter­plaas ge­trap. Die na­si­o­na­le span se self­ver­troue is dus laag.

As ’n mens eg­ter in ag neem hoe Le­des­ma die Ja­gua­res, wat vir twee jaar die groot­ste on­der­pres­teer­ders in Su­per­rug­by was, se lot om­ge­keer het, moet die Poe­mas geen­sins on­der­skat word nie.

Le­des­ma ken die spe­lers tot sy be­skik­king soos bloed­fa­mi­lie, want die na­si­o­na­le span word ge­kies uit­Ja­gua­res-spe­lers. Dit sal in­te­res­sant wees om te sien of die na­si­o­na­le span gaan af­wyk van die spel­pa­troon wat die Ja­gua­res volg.

Hul­le sal waar­skyn­lik dom wees om dít te doen, ver­al met Le­des­ma wat die spe­lers en die span se sterk- en swak­pun­te ken.

Nóg ’n re­de waar­om die Bokke dit nie kan be­kos­tig om die Poe­mas te on­der­skat nie, is die veld waar­op dié stryd ge­voer sal word. Ar­gen­ti­nië het in 2015 hul heel eer­ste se­ge ooit oor die Bokke in Dur­ban be­haal toe hy SuidA­fri­ka met 37-25 kaf­ge­draf het.

Le­des­ma het die luuk­se om agt spe­lers wat op daar­die roem­ry­ke dag in Ar­gen­tyn­se rug­by­ge­skie­de­nis in die be­gin­span was, weer in te span.

Die spe­lers in die Bok-groep wat daar­die dag in die be­gin­span was, is Be­ast M­ta­wa­ri­ra, E­ben Et­ze­beth, Han­dré Pol­lard, Jes­se K­riel en Willie le Roux.

Ar­gen­tyn­se voor­spe­ler-ys­ters soos die ha­ker en kap­tein, A­gus­tín C­ree­vy, die flank Pa­blo Ma­te­ra, die slot­te Tomás La­va­ni­ni en Guido Pet­ti en die stut Na­hu­el Te­taz C­ha­par­ro slyp waar­skyn­lik reeds hul mes­se om weer, soos drie jaar ge­le­de, Bok-bre­die in Dur­ban te eet.

Dít was im­mers nog al­tyd die Ar­gen­ty­ne se groot­ste wa­pen – hul on­ver­skrok­ke, ge­na­de­lo­se voor­spe­lers. Voeg ’n har­de­baard oud­ha­ker in Le­des­ma as af­rig­ter by daar­die meng­sel, en jy sit met ’n bit­ter ge­vaar­li­ke kon­kok­sie.

Le­des­ma het in­tus­sen ses spe­lers sonder toet­s­er­va­ring – die stut­te Mar­co Cic­ci­o­li, Die­go For­tuny, Lu­cas Fa­vre en May­co Vi­vas, die slot Fran­co Mo­li­na en die los­voor­spe­ler San­ti­a­go Grond­o­na by sy groep vir die Rug­by­kam­pi­oen­skap in­ge­sluit.

■ Ar­gen­ti­nië se groep vir die Rug­by­kam­pi­oen­skap: Voor­spe­lers: Mar­co Cic­ci­o­li, Lu­cas Fa­vre, San­ti­a­go Gar­cía Bot­ta, San­ti­a­go Me­dra­no, Na­hu­el Te­taz C­ha­par­ro, May­co Vi­vas, Ju­an Pa­blo Zeiss, A­gus­tín C­ree­vy (k), Die­go For­tuny, Ju­lián Mon­toya, Ma­tías A­le­man­no, Ig­na­cio Lar­ra­gue, Tomás La­va­ni­ni, Fran­co Mo­li­na, Guido Pet­ti, Ro­dri­go Bru­ni, San­ti­a­go Grond­o­na, Mar­cos K­re­mer, Ju­an Ma­nu­el Leg­ui­zamón, Pa­blo Ma­te­ra, Ja­vier Or­te­ga De­sio. Ag­ter­spe­lers: Gon­za­lo Ber­tra­nou, Tomás Cu­bel­li, Mar­tín Lan­da­jo, Jo­a­quín Díaz Bonil­la, Ni­colás Sán­chez, Jeró­ni­mo de la Fu­en­te, Bau­tis­ta E­z­cur­ra, San­ti­a­go Gon­zá­lez Ig­le­si­as, Ma­tías Moro­ni, Ma­tías Or­lan­do, Se­bas­tián Can­cel­lie­re, Bau­tis­ta Del­guy, Ra­mi­ro Moy­a­no, E­mi­li­a­no Bof­fel­li, Ju­an Cruz Mal­lía.

Ma­rio Le­des­ma

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.