Vin­gers in won­de red dalk sy le­we

Mo­to­ris hoor slag­of­fer deur ruit: ‘Help my’

Volksblad - - Nuus­ ­ - Han­ti Ot­to

Ek het nooit ge­dink ek sou dit kon sê nie, maar van­dag het ek ’n man se le­we ge­red.

Na­dat hul­le ’n fiets­ry­er twee keer ge­skiet het, het ro­wers dood­lui­ters die bloei­en­de 51-ja­ri­ge man se skoe­ne en val­helm van sy lyf af­ge­steel.

Toe het hul­le sy fiets op­ge­tel en glo in ’n wit bak­kie weg­ge­ry.

“My pa is ’n y­we­ri­ge fiets­ry­er. Hy het net op­ge­hou toe hy vir ’n knie­ver­van­ging moes gaan. Sa­ter­dag se rit in die Wieg van die Mens­dom was sy eer­ste se­dert die o­pe­ra­sie,” het sy dog­ter gis­ter ge­sê.

Sy meen Jon-Jon Pie­ter­sen, ’n ver­by­gan­ger, het Sa­ter­dag haar pa se le­we ge­red deur sy vin­gers in by­na el­ke koe­ël­wond te druk om die bloe­ding te keer.

Haar pa is in die bo­been en maag ge­skiet. Al­bei koe­ëls is dwars­deur sy lyf en het vier bloei­en­de won­de ver­oor­saak.

Pie­ter­sen het op die grond langs die fiets­ry­er gaan lê met sy vin­gers in die won­de tot­dat die nood­diens Ne­t­ca­re 911 kom help het.

“Ek het nooit ge­dink ek sou dit kon sê nie, maar van­dag het ek ’n man se le­we ge­red,” het Pie­ter­sen Sa­ter­dag oor­wel­dig ge­sê.

Kapt. Ap­pel Ernst, ’n po­li­sie­woord­voer­der, sê die voor­val was op een van die ge­wild­ste fiets­roe­tes aan die Wes-Rand, na­by die Le­ma­to-wild­plaas in die Krom­draai-om­ge­wing bui­te Kru­gers­dorp.

Vol­gens die po­li­sie se in­lig­ting was drie aan­val­lers met ’n wit bak­kie be­trok­ke.

Pie­ter­sen sê hy en ’n vrien­din, E­le­o­no­ra Del Gros­so, het Sa­ter­dag­og­gend in die Wieg van die Mens­dom gaan ry. Hy het ver­by ’n af­draai ge­ry wat hy moes neem.

“Ek het die voer­tuig om­ge­draai en af­ge­draai. My ven­ster was oop. Ons het oor ’n spoed­wal ge­gaan toe ek ie­mand hoor sê: ‘Help my.’ ”

Dit was nie ’n skree of uit­roep nie. “Ek is ver­baas dat ek hom ge­hoor het,” sê Pie­ter­sen.

Hy was eers ver­sig­tig en wou se­ker maak dat die erg be­bloe­de man wat langs die pad lê, nie dalk ’n lok­val is nie.

“Maar toe stop ’n an­der kar ag­ter my wat my vei­li­ger laat voel het om on­der­soek in te stel.”

Die eer­ste wond wat hy ge­sien het, was die koe­ël­wond aan die ag­ter­kant van die man se bo­been.

Pie­ter­sen, wat vlak 3-nood­hul­pop­lei­ding het, het sy voet daar­op ge­sit om druk toe te pas ter­wyl Del Gros­so twee hand­skoe­ne aan­ge­gee het.

“Die een hand­skoen het ge­skeur toe ek dit aan­trek. Ek het die wond aan die been nog met die hand­skoen-hand toe­ge­druk toe sien ek daar is nog ’n koe­ël­wond laag in die man se rug.”

Del Gros­so het ’n hand­doek aan­ge­gee en Pie­ter­sen het dit met sy knie op die been­wond ge­druk so­dat hy sy vin­ger na die rug­wond kon skuif.

“Toe sien ek die bloed on­der hom. Die koe­ël is dwars­deur sy lyf. Daar was o­ral ga­te en ek het een hand­skoen-hand. Ge­luk­kig het El kleef­band ge­kry.

“Ek het die ge­skeur­de hand­skoen op­ge­from­mel en met die kleef­band oor die wond op sy maag ge­sit, die hand­doek om die been­wond ge­draai en my vin­ger in die rug­wond ge­druk.”

Ver­skeie mo­to­ris­te het stil­ge­hou en ge­help met by­dra­es van pleis­ters en gaas tot heel hand­skoe­ne en ’n ver­band.

Pie­ter­sen kon die ge­won­de man taam­lik hier­mee ver­bind.

“En daar het ek op die grond ge­lê, my een vin­ger bin­ne-in die een wond, met my an­der le­de­ma­te wat gaas en hand­doek en ver­band vas­hou, tot­dat die am­bu­lans op­ge­daag het.”

Die fiets­ry­er is per nood­he­li­kop­ter na die hos­pi­taal ge­bring. Sy toe­stand was gis­ter nie meer kri­tiek nie.

Fo­to’s: E­LE­O­NO­RA DEL GROS­SO

Jon-Jon Pie­ter­sen se kop dien som­mer ook as “ta­fel” vir die ge­won­de fiets­ry­er se arm voor­dat hy sy vin­gers en le­de­ma­te van die man se won­de kon af­haal so­dat pa­ra­me­di­ci kon oor­neem.

Die fiets­ry­er moes per lug­am­bu­lans na ’n hos­pi­taal ge­bring word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.