Tar­zan bult sy spie­re in A­fri­kaans

Volksblad - - Boeke - Tar­zan keer te­rug Ed­gar Ri­ce Bur­roughs Ver­taal deur Lou­is Bo­tha GROEP 7 DRUKKERS, R170

Hoe bied mens ’n pro­bleem soos die ver­le­de die hoof?

Hoe ver­teer jy bruin ou boe­ke deur­week van an­der­tyd se blik en be­skou­in­ge? Wat maak mens tog met Tar­zan en Ja­ne?

Dís vrae wat op­wel as ek die A­me­ri­kaan­se prul­skry­wer Ed­gar Ri­ce Bur­roughs (1875-1950) se twee­de Tar­zan-ro­man, Tar­zan keer te­rug, oop­knak.

Pas het die vol­le reeks van 24 boe­ke weer in A­fri­kaans ver­skyn.

Dié aap­man, wat as skip­breu­ke­ling op peu­ter­been­tjies die A­fri­ka­kus aan­ge­doen het en wie se a­del­li­ke B­rit­se ou­ers knap daar­na be­swyk het, strek sy ka­bel­arms die rooi­hel­der voor­blad vol. Hy werp sy kop ag­ter­oor soos hy ’n tri­omf­kreet uit­trom­pet­ter.

Ri­ce Bur­roughs, wat ge­sê het hy wil tog be­proef met hoé sleg ’n boek hy kan weg­kom, se ver­beel­ding het ont­kiem toe ko­nin­gin Vic­to­ria se ryk die aard­bol om­arm het.

Ru­dy­ard Ki­pling (1865-1936) was die voor­ste sto­rie­man van die em­paai­er. The Jungle Book (1894) se neut­bruin wolf­seun­tjie Mo­wg­li was gou ’n an­ker­ka­rak­ter in die We­ster­se let­ter­kun­di­ge be­wus­syn.

Net voor die Eer­ste Wê­reld­oor­log, toe die B­rit­se wê­reld­droom die nek­slag sou kry, is Tar­zan – ’n vol­groei­de Mo­wg­li – ge­bo­re.

En só ont­vou die a­von­tu­re van ’n oer­woud­be­wo­ner wat op 20 die Wes­te ver­stom­mend be­hen­dig baas­raak, maar tel­kens weer sy heen­ko­me in die waai van ’n tak vind. Van dáár kan hy die ver­trou­de be­drei­gin­ge van sý be­ska­wing trot­seer.

Gou het Ri­ce Bur­roughs se skep­ping, wat hy op mans­le­sers ge­rig het, nor­rings boek­wurms in sy y­se­re greep. In 1918 reeds swaai hy in ’n len­de­doek die sil­wer­doek vol.

Tar­zan van die ape is só wyd ge­liefd dat hy te­reg as die eer­ste werk­lik gen­re-oor­sprin­gen­de li­te­rê­re ka­rak­ter be­skou word – ’n giet­vorm vir men­se se be­geer­tes en waar­lik ’n i­koon wat ge­neent­heid ont­lok selfs by die­ge­ne wat g’n boek ge­lees of rol­prent ge­sien het nie. Trou­ens, Ray Brad­bu­ry sê vir The

Pa­ris Re­view dat Ri­ce Bur­roughs waar­skyn­lik die mens­dom se in­vloed­ryk­ste skry­wer is.

Om in 2018 Tar­zan keer te­rug in hel­der, veer­krag­ti­ge A­fri­kaans te lees noop mens om te pie­ker oor waar­in Tar­zan se lok­krag op­ge­sluit is. Daar ís steeds be­ko­ring.

E­ner­syds is dit dui­de­lik dat Ri­ce Bur­roughs wéét hoe om ’n sto­rie te ver­tel – ou­tyds en een­vou­dig.

Sy ken­ne­lik pa­pier­dun ka­rak­ters haal tóg ver­ras­send a­sem. Met die in­trap­slag sak die gra­vin De Cou­de in ’n be­swy­ming oor die “ver­stom­men­de wol­ke­krab­bers” wat sy haar skun­nig ver­beel (bl. 1).

Vran­ker as gif is die Rus­sie­se ska­vuit Ni­ko­las Ro­koff, Tar­zan se ge­swo­re vy­and. Maar on­der­kry is min. Tar­zan is ’n ak­sie­man wat teen die reg­hoek en die swart-en-wit van die blad­sy beur.

So­doen­de staan die sto­rie­boog, wat nóú ’n boot, nóú Pa­rys, dán weer die oer­woud oor­span, deu­ren­tyd krom. Le­sers se ver­wag­tin­ge word tel­kens in ’n wip ge­vang.

An­der­syds be­lig­gaam Tar­zan, sy klein­ja­re on­der die ape en flit­se wild­heid ten spyt, die waar­des wat Ro­bert Ba­den-Po­well (1857-1941) in sy goeie-bur­ger­skap-by­bel S­cou­ting

for Boys (1908) op­te­ken. Hy is mo­reel pe­no­rent, be­dag­saam en hy be­skerm die bro­ses naas hom.

Te­wens, sy vi­sier is skerp ge­rig op die heel­hou van die spreek­woor­de­li­ke swak­ke­re vat – ver­naam die A­me­ri­ka­ner Ja­ne Por­ter, wat hy in die eer­ste boek A­me­ri­ka toe ge­volg het en met wie hy hier trou.

Dis se­ker­lik dié tra­di­si­o­ne­le waar­des wat ook die eer­ste A­fri­kaan­se Tar­zan-boe­ke, wat rond­om 1950 ver­skyn het, ge­wild ge­maak het. In Tar­zan keer te­rug praat die ka­rak­ters weer die mooi A­fri­kaans, set­fout­jies en al, van Lou­is Bo­tha uit die 1980’s.

Van hier­die waar­des het na­tuur­lik in­tus­sen ver­skuif. Vroue val nie meer “met ’n hul­pe­lo­se kreun... snik­kend op die grond neer” nie (bl. 130). Ook is ver­wy­sings na “die e­tiek van (die) bar­baar­se, pri­mi­tie­we stam­le­we” (bl. 145) ver­ou­derd.

Tog lê Ri­ce Bur­roughs se voor­oor­de­le bloot. Le­sers kan – en moet – hul­le on­be­skermd op die ke­per be­skou. Ook is dit so dat sy aan­slag nie sonder ver­fynd­heid of self­in­sig is nie. Trou­ens, deur­gaans vra hy of die We­ster­se be­ska­wing daar­die naam ver­dien – ook deur ’n slim draak­ste­ke­ry met die be­ken­de En­gel­se hof­uit­spraak R v Dud­ley and

S­te­phens (1884) oor kan­ni­ba­lis­me ter see.

Oud, ja. Tog bult daar hiér steeds ’n spier. Je­an Mei­ring is ’n vry­skut­re­sen­sent van Jo­han­nes­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.