‘Jou dood is ’n gat wat nooit toe­groei nie’

Ho­pe­lik is hier­die bun­del die be­gin van soort­ge­ly­ke pro­jek­te. Hier is be­slis nie spra­ke van ’n sta­di­ge ge­lui van die po­ë­tie­se doods­klok nie, skryf Ma­ri­us Crous.

Volksblad - - Boeke -

I Wish I’d Said

Jo­hann de Lan­ge en Man­toa Mo­tiny­a­ne (sa­me­stel­lers)

NALEDI, R200

Om die vrees vir die dood te ver­dryf, skryf ’n mens daar­oor.

Om hul ego’s te streel, smag skry­wers dik­wels na ’n vroeë dood en fe­ti­sjeer die dood en dood­gaan­pro­ses. Nes e­ni­ge soort­ge­ly­ke be­ken­de te­ma, word die dood­ste­ma ge­ken­merk deur sy ge­yk­te fra­ses en beel­de. (Op die oog af klink die kop­pe­ling van po­ë­sie aan ’n be­graf­nis­ge­noot­skap ook na ’n ge­k­lang van die doods­klok.)

In sy in­lei­ding skryf Jo­hann de Lan­ge oor die noue ver­weefd­heid van die mens­li­ke er­va­ring en taal. Ons vier die groot ge­beur­te­nis­se en ver­woord ons e­mo­sies. Die dood bring ons, vol­gens hom, saam, nie net om te rou nie, maar ook om ons af­ge­stor­we ge­lief­des se le­wens te vier.

Ge­dig­te help ons om die ge­dag­te­nis aan ons ge­lief­des te ont­hou en te be­waar in ons ge­heue. F­rik Ra­de­man, uit­voe­ren­de hoof van A­vbob, stel dit so ge­vat: “W­he­re does one find a me­tric for a mour­ner’s ex­pe­rien­ce of con­so­la­ti­on?”

Maar die groot waar­de van hier­die ver­sa­me­ling ge­dig­te (daar was glo 20 744 in­skry­wings!) is die veel­ta­li­ge aard van die pro­jek, as­ook die be­klem­to­ning van hoe be­lang­rik li­te­rê­re ver­ta­ling is en wat­ter rol dit kan speel wan­neer teks­te te­ma­ties ver­ge­lyk word.

Die on­der­skeie ver­ta­lers van die ver­skil­len­de by­dra­es moet ook ver­meld word. Nie ver­niet ver­wys De Lan­ge na die “au­da­ci­ous un­der-ta­king” om ’n ver­sa­mel­bun­del in elf ta­le uit te gee rond­om die ti­tel van die dood.

Naas die ge­ko­se ge­dig­te in al elf lands­ta­le en een in die uit­ster­wen­de taal N|uu, is daar vir el­ke taal ook een wen­ner en ’n naas­wen­ner aan­ge­wys.

Wat die A­fri­kaan­se ge­dig­te be­tref, het ons ge­dig­te deur An­tjie Krog en ’n paar an­der, as­ook van die nu­we Jo­lyn P­hil­lips. Die wen­ge­dig­te in A­fri­kaans is deur Lyn­thia Ju­li­us en Su­san S­mith. Ver­ge­lyk die o­pe­nings­re­ëls van Ju­li­us se ge­dig: “Al­ler­lief­ste, ek stuur vir jou / ’n ple­a­se call me / want nie­mand sal ’n stu­dent wat bro­ke is / bla­meer nie.” In ei­e­tyd­se re­gis­ter skryf sy oor haar ma se self­dood en haar po­gings om by haar ma uit te kom sonder lug­tyd.

Die ti­tels in die on­der­skeie ta­le sit die doods­ge­sprek oor taal­gren­se heen voort: jy is weg sonder waar­sku­wing; die boom het ge­val; moe­nie oor my huil nie; jy gaan te­rug huis toe; tra­ne en sor­ge; moe­nie my te­rug hou nie of jy gaan na ’n be­ter plek sonder die el­len­des van pyn, ar­moe­de en een­saam­heid.

Die be­skry­wing van die dood wis­sel ook van ’n wolf wat aan­val, ’n leeu en ’n bul of ie­mand wat kas­te uit­pak en die re­des vir die sterf­te word ook be­lig: Ma­ri­ka­na, vigs, siek­te. Ly­dia Moeng praat van die dood as “a pa­rent to all child­ren” en “a child in all fa­mi­lies.” P.S. T­hi­thi kla ook die ko­lo­nis­te aan wat vreem­de kwa­le en vreem­de ge­brui­ke na A­fri­ka ge­bring het en so­doen­de die ge­ko­lo­ni­seer­des stel­sel­ma­tig uit­ge­wis het.

Die di­rek­te aan­spreek van die dood is ook ’n ken­merk van hier­die soort vers. So vra P M T­hi­na­ne: “Hey, De­ath, w­ha­te­ver hap­pe­ned to your shy­ness?” Dik­wels kom die ge­yk­te troos­woor­de wat ’n mens mak­lik ui­ter om jou ge­we­te te sus of jou on­ge­mak te ver­bloem, voor as die sen­tra­le ge­ge­we in ver­skeie ge­dig­te. Die dood word nie net met ont­sag be­han­del nie, maar word ge­tart en be­spot of die weer­sin­wek­ken­de lig­gaam­li­ke ver­val wat die dood ver­oor­saak, gra­fies weer­ge­gee.

Die ge­stor­we ge­lief­de tree in Mo­ses Se­le­tisha se ge­dig op as spre­ker en ver­soek dat ’n graf­steen as “a mo­dern to­ken of me­mo­ry” op­ge­rig word.

Die re­li­gi­eu­se in­slag van ster­wens­ver­se kom deur­lo­pend voor. Chris­tus is die ver­troos­ter; die Al­mag­ti­ge het jou no­dig en dis tot jou eer dat hy jou ge­roep het; die pa­ra­dys wat wag; jou lot en jou le­we in Gods han­de – en daar­mee saam die ver­troos­ten­de be­rus­ting wat aan die oor­le­wen­des ge­gee word. Dik­wels word die oor­le­de­ne ook ge­vra om groe­te oor te dra aan die­ge­ne wat reeds dood is.

Krog sluit haar aan­gry­pen­de ge­dig, wat ’n teen­pool is vir haar klas­sie­ke “Ma”, soos volg af: “jou dood is ’n gat wat nooit toe­groei nie / ’n ra­de­lo­se ver­lan­ge sonder ein­de / ons laat jou gaan lie­we Ma / ons ka­me­raad / op die palms van ons so on­toe­rei­ken­de lief­de.” Die oop graf is vol­gens Gail Den­dy soort­ge­lyk aan ’n chi­rurg se oop­maak van ’n lyf om die hart bloot te lê.

Met hier­die bun­del gee A­vbob ’n stem aan rou­be­kla­ers. Ho­pe­lik is dit die be­gin van soort­ge­ly­ke pro­jek­te. Hier is be­slis nie spra­ke van ’n sta­di­ge ge­lui van die po­ë­tie­se doods­klok nie.

Ma­ri­us Crous do­seer A­fri­kaan­se let­ter­kun­de aan die NMU in Port E­li­za­beth.

Om hul ego’s te streel, smag skry­wers dik­wels na ’n vroeë dood en fe­ti­sjeer die dood.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.