Boek-reus Koos Hu­man ge­hul­dig

Ve­s­ti­ger van ons uit­ge­we­rye

Volksblad - - Voorblad - Ker­neels B­rey­ten­bach

Met die af­ster­we van J.J. (Koos) Hu­man Vry­dag het die A­fri­kaan­se pu­bli­ka­sie­wê­reld een van sy groot­ste lei­ers ver­loor. Hu­man, wat in die ja­re vyf­tig as uit­ge­wer by die Na­si­o­na­le Boek­han­del be­kend ge­staan het as “die goue seun” van die pu­bli­ka­sie­we­se, het met die keu­se van pu­bli­ka­sie­ter­rei­ne ’n vor­men­de en be­pa­len­de in­vloed ge­had op die uit­ge­wers­we­se soos dit van­dag daar uit­sien.

Soos Eloi­se Wes­sels, be­stu­ren­de di­rek­teur van NB-Uit­ge­wers dit stel: “Hy was ’n kleur­ry­ke per­soon­lik­heid wie se aan­deel aan die ont­wik­ke­ling van die uit­ge­wers­be­dryf in Suid-A­fri­ka on­vol­pre­se is.”

Hy was be­kend om sy hel­de­re in­sig in die ge­druk­te woord en die pro­ses­se om die woord in druk te kry – maar ook vir sy oor­wel­di­gen­de en aan­steek­li­ke lag­buie. Hy was be­faamd vir die ma­nier waar­op hy skry­wers op die han­de ge­dra het, ver­al dank­sy sy voor­lief­de om die band tus­sen skry­wer en uit­ge­wer langs die e­tens­ta­fel te smee.

Tye ver­an­der, en in die hui­di­ge kli­maat is dit nie moont­lik om die Koos Hu­ma­nis­me, soos dit soms ge­noem is, te bly na­doen nie. Wat wel ge­beur het met die sa­me­smel­ting van Hu­man & Rousseau en Ta­fel­ber­gUit­ge­wers in 2001 om NB-Uit­ge­wers te vorm, was dat die ba­ne wat Koos Hu­man se­dert die ja­re ses­tig ge­ï­den­ti­fi­seer het as re­le­vant vir die A­fri­kaan­se mark gro­ten­deels be­houe ge­bly het: fik­sie, nie­fik­sie (waar­on­der kook­boe­ke), mas­sa­mark-kin­der­boe­ke, jeug­boe­ke en pu­bli­ka­sies vir die on­der­wys.

Koos Hu­man sou nooit be­wus­te­lik vir hom­self ’n mo­nu­ment op­ge­rig het nie. Nie sy ge­aard­heid om aan sul­ke din­ge te dink nie. Maar tog is NB-Uit­ge­wers gro­ten­deels Koos Hu­man en Da­nie van Nie­kerk (van Ta­fel­ber­gUit­ge­wers) se ge­sa­ment­li­ke mo­nu­ment. Die jon­ger ge­slag uit­ge­wers, ver­al die hui­di­ge een on­der Eloi­se Wes­sels, wor­stel met an­der, mo­der­ner pro­ble­me, en die op­los­sings wat hul­le vind, is op ’n vlak van vin­ding­ryk­heid wat tred hou met die tye.

Maar ek is se­ker dat daar dik­wels oom­blik­ke is wan­neer hul­le won­der: “Hoe sou Koos Hu­man dit ge­doen het?” Ek weet, ek het dik­wels self só ge­vra.

In die tyd dat ek saam met Koos Hu­man by H&R ge­werk het, het ek ver­al een sy van hom leer ken wat hom bo baie van sy e­we­knieë uit­ge­lig het: Hy was ’n mees­ter­li­ke s­tra­teeg.

Hy was aan­da­dig aan die stig­ting van Le­sers­kring, wat ont­sag­lik baie be­te­ken het vir die groei­en­de mark vir boe­ke in Suid-A­fri­ka. Hy het ’n stra­te­gie uit­ge­werk vir die goed­keu­ring deur die di­rek­sie van Na­si­o­na­le Boek­han­del vir die pu­bli­ka­sie van Koos Prins­loo se Slag­plaas. In ’n sta­di­um wat JC Kan­ne­mey­er ’n baie wit kul­tuur­ge­skie­de­nis van Suid-A­fri­ka vir die RGN saam­ge­stel het, maar wat hy op H&R wou af­skuif, het ek Koos Hu­man in ak­sie ge­sien in ’n kop­pe­stam­pe­ry met die RGN se top­struk­tuur. Hul­le, en Kan­ne­mey­er, het twee­de ge­kom.

Dan is daar die ma­nier waar­op hy, voor 1977, vir Ou Mu­tu­al en Rem­brandt be­trek het by H&R – laas­ge­noem­de een van die in­te­res­sant­ste ver­wik­ke­lin­ge in Koos Hu­man se ma­nier van stra­te­gies be­plan. Hy het my ver­tel dat hy in die vroeë se­wen­tigs be­sorg was oor die soort om­slae wat H&R ge­skep het, maar dat dit al­les te her­lei was na pro­ble­me rond­om druk­werk en ink. Dr. Ru­pert het ’n spe­si­a­lis ge­had wat be­trok­ke was by die goed­keu­ring van die druk­werk van hul pro­duk­te. Koos het die kans ge­kry om by hom te leer. Die neer­slag van daar­die ken­nis het ’n mens ge­kry in die spron­ge wat H&R kon maak met hul kook­boe­ke, en ui­ter­aard mas­sa­mark-kin­der­boe­ke.

Sy voor­be­rei­ding vir sul­ke kam­pan­jes was ver­bluf­fend deeg­lik. Die op­los­sing van die RGN/ Kan­ne­mey­er-pro­bleem, het hy ge­weet, was in ’n stuk kor­re­spon­den­sie. Ná baie dae van werk deur leg­gers vol kor­re­spon­den­sie het hy dit op­ge­spoor – ’n keur­ver­slag, en Kan­ne­mey­er se re­ak­sie daar­op. Hy het ty­dens die fi­na­le on­der­han­de­ling die do­ku­ment vir heel laas­te ge­hou. Ek sal die snel­le ver­da­ging daar­na nooit ver­geet nie.

Die kern van sy stra­te­gie­se den­ke het hy ge­reeld op re­dak­sie­ver­ga­de­rings op­ge­haal. Dink aan Wil­lem Elsschot se ro­man Kaas, het hy al­tyd ge­sê. As jy boe­ke wil ver­koop, moet daar boek­win­kels wees. Vir boek­win­kels om te be­staan, moet daar boe­ke wees. Jy kan nie oor die een droom en nie aan die an­der dink nie.

Sy an­der op­vat­ting was dat ’n mens se kan­se op wel­slae veel be­ter is as jy heel on­der in ’n on­der­ne­ming be­gin. As be­wys het hy hom­self ge­neem. In H&R se be­gin­jaar was die pak­huis van H&R se voor­raad on­der in sy huis se kel­der. Hy het el­ke dag boe­ke werk toe ge­dra, die fak­tu­re self met die hand uit­ge­skryf en dan die be­stel­lings uit­ge­stuur. Soms self met die hand gaan af­le­wer as die boek­win­kels na­by H&R se kan­to­re was.

Ui­ter­aard, en om­dat Koos Koos is, sou hy ar­gu­men­ta­sie kon aan­hoor en van me­ning ver­an­der. Lees ’n mens E­tien­ne Le­roux se on­der­houd met hom by H&R se 25ste ver­jaars­dag, maak hy op­mer­kings oor die on­af­hank­li­ke uit­ge­we­ry Tau­rus wat ’n mens sou dink dui op ’n baie ne­ga­tie­we sie­ning van dié uit­ge­we­ry. Maar toe John Mi­les in die vroeë ne­gen­tigs vir hom kom sien met die voor­stel dat H&R dit oor­weeg om Tau­rus se fonds­lys oor te neem, het hy die boe­ke waar­oor hy des­tyds so ne­ga­tief was, oor­ge­neem vir die fonds­lys van H&R. Ja­re la­ter het hy my aan­ge­moe­dig om die­self­de met Hond se boe­ke te doen.

Ek het nie sy ver­an­de­ring ver­staan nie, en dit vir hom ge­sê. Hy het my na H&R se fonds­lys ver­wys. On­der die boe­ke wat hy by an­der uit­ge­wers oor­ge­neem het, was ti­tels soos S.J.A. de Vil­liers se Kook en ge­niet. Die ri­si­ko’s is groot, maar soms kry ’n mens skry­wers by wat la­ter jou staat­ma­kers word. H&R het Jan Ra­bie, Pe­ter Blum, Ina Rousseau en Ernst van Heer­den by A.A. Bal­ke­ma oor­ge­neem, by­voor­beeld.

’n Op­mer­king wat hy dik­wels ge­maak het, was “die een sluit nie die an­der uit nie”. In­der­daad. E­tien­ne Le­roux, Wil­ma S­toc­ken­ström en Ing­rid Win­ter­bach is al­mal skry­wers wat eers el­ders ge­pu­bli­seer het voor­dat hul­le by H&R tot hul reg ge­kom het. Dit is die uit­ge­wer se plig om nie skry­wers as sy be­sit te be­skou nie, maar deur har­de werk die skry­wer in sy groei­pro­ses te on­der­steun.

Hy het sy per­so­neel dik­wels ver­maan om nie oor­haas­tig op te tree nie. Hy het al­tyd ver­wys na die groot ver­lie­se wat H&R ge­ly het weens die oor­haas­ti­ge ver­ta­ling van ’n boek oor H.F. Ver­woerd in En­gels. Maar aan die an­der kant het hy in die vroeë ne­gen­tigs, toe ’n faks in die Kers­tyd ver­keer­de­lik uit Lon­den aan H&R se nom­mer ge­stuur is pleks van na S­truik s’n, blit­sig ge­re­a­geer en die pu­bli­ka­sie­reg­te van The New Joy of Sex voor S­truik se neu­se weg­ge­raap.

Hy kon met groot ple­sier ver­tel van die ja­re ses­tig, toe H&R die mees­te Se­s­ti­gers se wer­ke ge­pu­bli­seer het. Wer­ke deur N.P. van Wyk Louw, D.J. Op­per­man en E­li­sa­beth Ey­bers is aan­ge­vul deur dié van E­tien­ne Le­roux, An­dré P. B­rink, B­rey­ten B­rey­ten­bach, Ina Rousseau en Jan Ra­bie.

Maar hy was ook o­pen­har­tig oor die deel­ti­tel-fi­as­ko wat H&R in die ja­re se­wen­tig op sy knieë ge­had het en ge­lei het tot die oor­na­me in 1977 van die maat­skap­py deur die Na­si­o­na­le Boek­han­del. Dit het ook die skei­ding van sy en Le­on Rousseau se paaie ver­oor­saak. (Hul­le het ge­luk­kig op goeie voet ge­bly, en Koos se vriend­skap het vir Le­on baie bly be­te­ken, tot met sy dood. Ek het Koos dik­wels met groot deer­nis oor hom hoor praat.)

Dit is so dat daar al baie na Koos Hu­man ver­wys is as ’n “le­gend in his own lunchti­me”. Dit het my al­tyd ge­ïr­ri­teer. Mid­dag­e­te is net ’n klein deel­tjie van die Koos Hu­man-dag. Ek ont­hou ke­re in die laat se­wen­tigs en vroeë tag­tigs dat ek kans ge­kry het, saam met Ger­rit O­li­vier, om in die aand by hom ’n gla­sie te gaan ge­niet en te luis­ter na dit wat hy daar­die aand op die draai­ta­fel had. Die her­in­ne­ring aan een van daar­die aan­de, toe hy Mo­zart, Hof­f­nung en Vic­tor Bor­ge ge­speel het, is on­uit­wis­baar. So­veel vro­lik­heid uit die e­del­ste mu­siek. As ek dit nie mis het nie, was dit ook die aand dat hy die ge­heim van ’n goeie ta­ma­tie­bre­die aan ons ver­dui­de­lik het. (Ap­pel­koos­kon­fyt.)

In daar­die ja­re het hy op ’n ge­reel­de grond­slag vir Die Bur­ger

se kuns­blad ru­brie­ke oor klas­sie­ke pla­te ge­skryf, en on­der ’n skuil­naam (Lou­is P­rel­ler) een oor die ra­dio-uit­sen­dings van die week. Ek het hom leer ken as ’n taal-vir­tu­oos – nie vol tier­lan­tyn­tjies nie, maar styl­vol en met ’n voor­lief­de vir die ge­bruik van hu­mor. Dit het die ra­dio-ru­brie­ke groot sports ge­maak, en vir ’n jong sub soos ek was dit sui­wer ge­not, want Koos Hu­man het nie taal­fou­te ge­maak nie.

Koos is in 1986 ge­troud met T­re­w­hel­la Ca­me­ron, na­dat sy eer­ste vrou, Nak­kie, in 1984 oor­le­de is. Tru­la, soos sy ge­noem word, was ’n ge­skie­de­nis-do­sent, en haar be­lang­stel­lings het sy le­we ver­ryk. Vir my was dit op­val­lend dat Koos Hu­man as po­li­tiek be­wus­te mens bly groei het, en heel­wat daar­van het te ma­ke met sy nu­we le­wens­ven­noot­skap. Hul­le was ’n for­mi­da­be­le eg­paar: ’n Ta­fel­ge­sprek met hul­le kon on­ver­wag­se draaie maak, en was ’n heer­li­ke be­le­we­nis.

Tru­la se werk aan die Nu­we ge­skie­de­nis van Suid-A­fri­ka in woord en beeld het haar en Koos by me­kaar uit­ge­bring. Saam het hul­le as sa­me­stel­lers een boek die lig laat sien, naam­lik Met lief­de aan moe­der (1997). Koos had al­tyd ’n skerp oog vir ti­tels wat in die mas­sa­mark ’n tref­fer sou wees. Uit sy eie pen het ver­skyn die man­ji­fie­ke Die A tot Z van klas­sie­ke mu­siek (1992), Raar maar waar (2000), ’n Le­we met boe­ke (2006), Wil­le­keur (sa­me­stel­ler, 1994) en Lig­gaam­lo­se taal

(sa­me­stel­ler, 1996).

Dié boe­ke het ’n spe­si­a­le plek op my rak. Ek kan ’n Le­we met boe­ke aan­be­veel – die bes­te ma­nier om die wyds­heid van Koos Hu­man se u­nie­ke gees te er­vaar.

B­rey­ten­bach is ’n skry­wer en oud-kuns­re­dak­teur van Die Bur­ger.

‘‘ As jy boe­ke wil ver­koop, moet daar boek­win­kels wees. Vir boek­win­kels om te be­staan, moet daar boe­ke wees. — KOOS HU­MAN

Koos Hu­man ag­ter sy les­se­naar.

Koos Hu­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.