Sas­sa wil ál­le roof­tog­te by be­taal­pun­te troef

Volksblad - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

’n Skerp toe­na­me in roof­tog­te by plek­ke waar die Suid-A­fri­kaan­se a­gent­skap vir maat­skap­li­ke se­ker­heid (Sas­sa) staats­toe­la­es in kon­tant uit­be­taal, is nou een van dié staats­a­gent­skap se groot pro­ble­me.

Vol­gens A­bra­ham Mahlan­gu, Sas­sa se waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof, kwel vei­lig­heid by kon­tant­uit­be­ta­lings­pun­te ná ’n skerp sty­ging in roof­tog­te die laas­te paar maan­de Sas­sa erg.

Lie­sl van der Mer­we, IVP-LP, het aan Mahlan­gu ge­sê die roof­tog­te is baie kom­mer­wek­kend, ver­al om­dat B­he­ki Ce­le, mi­nis­ter van po­li­sie, vol­gens haar on­langs ge­sê het dit is nou een van die po­li­sie se groot­ste pro­ble­me.

Sy wou by Mahlan­gu weet wat­ter drin­gen­de stap­pe Sas­sa in­ge­stel het om ver­de­re roof­tog­te te ver­hoed.

Vol­gens Mahlan­gu het Sas­sa op na­si­o­na­le en pro­vin­si­a­le vlak reeds ko­ör­di­ne­ring­sen­trums wat saam­ge­span het en som­mi­ge moont­li­ke roof­ge­vra.

‘‘ Ko­ör­di­ne­ring­sen­trums het reeds roof­tog­te suk­ses­vol ge­fnuik.

tog­te suk­ses­vol ge­fnuik het. “Hoe­wel ons vor­der om dit teen te werk, bly dit steeds kom­mer­wek­kend.

“Ons het nou ook die hulp van die po­li­sie en an­der o­wer­he­de in die (re­ge­ring se) vei­lig­heids­groe­pe­ring aan- “Die po­li­sie se sig­baar­heid by kon­tant­uit­be­taal­pun­te (van­dees­maand) het ook roof­tog­te help ver­min­der. Ons is nog nie waar ons wil wees nie, maar ons werk nou saam met die vei­lig­heids­groe­pe­ring,” sê Ma-hlan­gu.

Die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor maat­skap­li­ke ont­wik­ke­ling het dié nuus gis­ter ge­hoor toe Sas­sa se top­be­stuur sy 2017-’18-jaar­ver­slag aan die par­le­ment voor­ge­lê het.

ANC- en op­po­si­sie-LP’s kon nie hul vreug­de be­teu­el nie dat Sas­sa uit­ein­de­lik die be­vel van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof na­ge­kom het om Cash Pay­mas­ter Ser­vi­ces (CPS) teen 30 Sep­tem­ber van­jaar uit die stel­sel vir maat­skap­li­ke toe­la­es te skop.

Sas­sa en die Pos­kan­toor be­taal voort­aan al­le maat­skap­li­ke toe­la­es aan die so­wat 17 mil­joen be­guns­tig­des uit.

Die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof het vroe­ër be­vind dat CPS se kontrak om ver­al kon­tant­toe­la­es uit te be­taal, on­wet­tig is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.