Ge­soek: Met­ge­sel om saam te eet op ver­jaar­dag

Volksblad - - Nuus - C­har­né Kemp

Met een­saam­heid wat ál er­ger word en sy 61ste ver­jaar­dag om die draai, het Art­hur K van Kim­ber­ley “dras­tie­se stap­pe” ge­doen om nie vol­gen­de Sa­ter­dag­aand al­leen in die S­pur te sit nie.

Sy ad­ver­ten­sie waar­in hy na ’n met­ge­sel vir die ver­jaar­dag­e­te soek, ver­skyn vol­gen­de Woens­dag in Noor­dkaap,

’n plaas­li­ke koe­rant.

Art­hur K, ’n skuil­naam, “want ek soek nie sim­pa­tie nie”, sien hom­self raak in die lied­jie­ti­tels van Ab­ba, sy “guns­te­ling­sang­groep” van al­le tye: “One Man, One Wom­an”­ , “Lo­ve Isn’t E­a­sy (But It Su­re Is Hard E­nough)” en “I Ha­ve a D­re­am”.

“Maar ek het twee,” sê Art­hur­.

Wat is sy twee dro­me? “Om weer in ’n ver­hou­ding te wees en om na S­we­de te gaan. Ek wil die Ab­ba-mu-seum be­soek en my queen, Ag­ne­tha F­ält­skog (’n lid van Ab­ba), ont­moet.

“As ek ’n nu­we vrien­din het, kan sy selfs saam­kom.” Hy oor­weeg dit om sy huis te ver­koop om die reis aan te pak.

“My dog­ter sal my help om voor­af bie­tjie S­weeds te leer, so­dat ek kan saam­ge­sels.

Hy wei uit oor sy S­pur­plan­ne.

“Ek sal haar (die met­ge­sel) gaan haal, lek­ker eet en ge­sels en haar te­rug­neem huis toe. Dis al.”

Hy was ná sy eg­skei­ding ná ’n hu­we­lik van ’n jaar vir die groot­ste deel van sy le­we al­leen.

Art­hur K sê sy ou­ers het hom eer­lik groot­ge­maak.

“Ek ly aan bi­po­lê­re ver­steu­ring en steek dit nie weg nie. Vroue wil se­ker weet waar hul­le met my staan. Dit is ver­stom­mend hoe­veel men­se ver­dwyn wan­neer ek dit noem. Ek is net an­ders, nie gek nie.”

Hy bly in sy ou­ers se huis wat hy as e­nig­ste kind ge­ërf het.

Sy ou­ers is al lan­ger as 13 jaar dood.

“My mu­siek­ver­sa­me­ling en re­ke­naar­spe­le­tjies, wat baie stra­te­gie be­hels, hou my be­sig. Die tuin ook.

“Maar die een­saam­heid sal my ver­nie­tig.”

Art­hur K gaan kui­er een of twee keer ’n jaar vir sy tan­nie in A­ber­deen, want “sy het geen kind of kraai nie”.

Hul­le ge­sels ook el­ke Son­dag­mid­dag oor die te­le­foon.

Hy het 25 jaar lank by die S­poor­weë ge­werk, maar is uit diens ge­stel.

“Toe koop ek my ou­pa-hul­le se plaas by La­di­smith in die K­lein-Ka­roo, maar ná 12 jaar het ek dit net so aan an­der fa­mi­lie­le­de ge­gee. Ek kon nie meer nie.”

’n Skil­de­ry van die plaas met die Ou­te­nie­kwa­ber­ge op die ag­ter­grond hang teen die sit­ka­mer­muur.

“Na­dat bi­po­lê­re ver­steu­ring by my ge­di­ag­no­seer is, leef ek baie ge­sond, al is dit op ’n on­ge­skikt­heids­toe­lae.

“Ek is ’n toe­ge­wy­de en lo­ja­le mens. ’n Man wat nog deu­re vir vroue oop­maak. Ek is nie een van daai mans wat van blom na blom trek nie.”

Kon­tak Art­hur K by

079 801 7137, lui die ad­ver­ten­sie.

Fo­to: C­HAR­NÉ KEMP

Art­hur K skryf ook co­w­boy-sto­ries met M­cGy­ver as die hoofkarakter en Ag­ne­tha as die hel­din.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.