2 trap in Val­ke se strik

VS-te­ler van skaars wild kry borg­tog

Volksblad - - Nuus - Alet van der Walt

’n Be­ken­de Vry­staat­se uit­voer­der en te­ler van skaars wild en ’n me­de­be­skul­dig­de, wat al­bei weens die be­sit van re­nos­ter­ho­ring van R7,6 mil­joen in heg­te­nis was, is op borg­tog vry­ge­laat.

Die te­ler Mar­tin le Roux (41) en Ja­c­ques Ma­lan (55) is op 20 Sep­tem­ber in S­tan­der­ton in M­pu­ma­lan­ga in heg­te­nis ge­neem. Le Roux is van Win­burg en Ma­lan van K­lerks­dorp in Noord­wes.

Hul­le het op 3 Ok­to­ber in die hof in S­tan­der­ton ver­skyn.

Vol­gens in­lig­ting het die twee na be­we­ring as a­gen­te vir die ei­e­naar­van die re­nos­ter­ho­rings op­ge­tree.

Die ho­rings is by Kas­sel­man Se­cu­ri­ty Ser­vi­ces in S­tan­der­ton ge­berg. Le Roux en Ma­lan wou glo die ho­rings aan ’n “ko­per” ver­koop toe hul­le in heg­te­nis ge­neem is.

Dit blyk dat die “ko­per”, van C­hi­ne­se af­koms, deur die Val­ke as lok­vink ge­bruik is.

Die mans is in heg­te­nis ge­neem in die p­lek waar Kas­sel­man Se­cu­ri­ty die ho­rings ge­berg het. Dié maat­skap­py le­wer vei­lig­heids­diens­te as­ook ’n diens van vei­li­ge be­wa­ring aan kli­ën­te.

Dit is nie be­kend aan wie die ho­rings be­hoort nie en of dit wet­tig ge­berg was nie.

Die Val­ke, die po­li­sie in Be­no­ni se hon­de-een­heid en amp­te­na­re van na­tuur­be­wa­ring het saam aan die op­tre­de deel­ge­neem.

Die po­li­sie het ook op ’n on­ge­li­sen­si­eer­de .38 Spe­ci­al-re­wol­wer be­slag ge­lê.

Die mans is elk op borg­tog van R30 000 vry­ge­laat en moet weer op 29 No­vem­ber in die hof ver­skyn.

Hul­le moes hul pas­poor­te in­dien.

Fo­to: VER­SKAF

Mar­tin le Roux en Ja­c­ques Ma­lan wou na be­we­ring hier­die re­nos­ter­ho­rings ver­koop.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Mar­tin le Roux van Win­burg word aan­ge­kla van die be­sit van re­nos­ter­ho­rings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.