Staat­skaping: Al die ANC-lei­ers moes ge­weet het

Volksblad - - Kommentaar -

Jo­han, U­ping­ton

Hoe kan daar ANC-lei­ers wees wat nie ge­weet het van staat­skaping nie?

Moet al­mal, son­der in­ag­ne­ming van wie dit is of wat­ter po­si­sie hy/sy be­klee, nie voor die Zon­do-kom­mis­sie ge­daag word nie? En wan­neer word daar op­ge­tree teen an­der skul­di­ges wat on­ver­stoord steeds sa­la­ris­se trek?

Waar­voor wag pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en waar­om tree hy nie fer­mer op nie?

Wat sou ge­beur het as min. Nhlanhla Ne­ne nie self wou be­dank nie?

Wie word dalk be­skerm en waar­om? Of is hier­die ’n nu­we wy­se van skoon­maak?

Die he­ler(de­ler) is net so goed (skul­dig) as die ste­ler.

Dit is van toe­pas­sing op hom/ haar wat net ge­sien en ge­hoor het, maar ge­swyg of saam ge­bruik en ge­niet het.

Al­mal het fou­te, maar hier­die skul­di­ges se ge­drag is on­ver­skoon­baar. Kyk hoe­veel ska­de is die arm­stes van ar­mes aan­ge­doen!

Nie­mand be­hoort son­der om te won­der en vrae te vra al­les vir soet­koek op te eet nie. Die men­se van die land is nie on­no­sel nie.

Om bloot jam­mer te sê, her­stel nie ver­troue nie.

’n Wond wat net ge­deel­te­lik met an­ti­bi­o­ti­ka be­han­del word, suk­kel om ge­sond te word son­der ’n let­sel.

Vir ver­troue (ge­loof in ie­mand se eer­lik­heid en trou) en ’n ge­son­de ver­hou­ding be­hoort daar nie die klein­ste wond van wan­troue te wees in die staats­be­stuur wat hoogs ver­ant­woor­de­lik moet wees nie.

Laat ons skoon be­gin, met ver­troue, o­pen­heid en sa­me­wer­king.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.