Hoog tyd dat Bloem­fon­tei­ners saam­staan

Volksblad - - Kommentaar -

A.C.L., Bloem­fon­tein

Oor ons vuil, ver­waar­loos­de stad:

Ons ag­ba­re bur­ge­mees­ter, Ol­ly Mla­me­li, se ge­sig is o­ral teen die lamp­pa­le te sien. Ge­meet aan haar glim­lag is sy dol­ge­luk­kig en sy sê so ewe: “Wel­co­me . . .”

So­lank sy en haar ge­volg hul sa­la­ris­se kry, is die saak mos reg.

Ek wil nie swart­gal­lig wees nie, maar ek dink nie Bloem­fon­tein se toe­stand gaan in die na­bye toe­koms dank­sy die mu­ni­si­pa­li­teit ver­be­ter nie.

Trou­ens, ek dink dit is blo­te wens­den­ke­ry.

Die stads­be­stuur­der sê “din­ge is aan die ge­beur”. My oë be­drieg my se­ker of ek is ver­blind, maar waar ge­beur din­ge?

On­ge­luk­kig kan bit­ter min ge­doen word. Men­se is of te bang, te on­be­wus of hul po­gings is een­vou­dig te­ver­geefs.

Dis tyd dat al­le ge­meen­skap­pe van Bloem­fon­tein saam­staan en iets doen. Ons moet op­hou om leë be­lof­tes te glo en dit aan te hang. ’n Be­ter le­we gaan nie bloot uit die he­mel op ons neer­daal nie. Ons moet werk maak daar­van.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.