‘Leef­styl ver bo sa­la­ris’

Ou­di­teur kry spe­si­a­le voor­waar­des – ver­slag

Volksblad - - Nuus - Han­lie S­tad­ler

Die KPMG-ven­noot wat na be­we­ring VBS Mu­tu­al Bank se boe­ke help kook het, het glo be­ne­wens mil­joe­ne ran­de kon­tant, ba­sies ’n Ran­ge Ro­ver E­vo­que, Land Ro­ver Dis­co­ve­ry, Mer­ce­des-Benz en ver­skeie paai­e­men­te op ’n huis van meer as R7 mil­joen in Four­ways, Jo­han­nes­burg, “ver­niet” by die bank of by die bank se aan­deel­hou­ers ge­kry.

Lui­dens adv. Ter­ry Mo­tau se fo­ren­sie­se ver­slag oor die plun­de­ry by die bank het Nhlanhla Kel­vin Sip­ho Ma­la­ba na­ge­noeg R34 mil­joen se kon­tant­be­ta­lings van VBS ont­vang. Ma­la­ba was KPMG se hoof­ou­di­teur vir VBS.

Dit sluit nie die le­nings vir min­stens drie voer­tuie en die huis in nie en ook nie oor­trok­ke ge­rie­we wat aan hom toe­ge­staan is – en wat hy ruim be­nut het – nie.

Toe VBS in Maart on­der ku­ra­te­le ge­plaas is, het Ma­la­ba en sy ge­sin na­ge­noeg R21,2 mil­joen in oor­trok­ke re­ke­nin­ge ge­skuld, lui die ver­slag.

Mo­tau sê Ma­la­ba se leef­styl was ver bo die ver­moë van sy sa­la­ris, wat tus­sen R120 000 en R130 000 per maand be­loop het. Net die ren­te op al sy skuld be­loop R290 000 per maand.

Die de­biet­or­ders vir die voer­tuie is by­na al­mal om­ge­keer en VBS het nooit stap­pe vir in­vor­de­ring ge­doen nie. Spe­si­a­le voor­waar­des, wat eint­lik net vir VBS-per­so­neel en -aan­deel­hou­ers be­doel is, is boon­op aan hom toe­ge­staan.

Ma­la­ba het aan Mo­tau be­weer hy weet glad nie waar­om VBS nié stap­pe ge­doen het vir die in­vor­de­ring van die skuld nie.

Vir die Ma­la­ba-woon­huis van R7 322 484,30, wat in 2016 ge­koop is, is twee paai­e­men­te be­taal en ’n een­ma­li­ge be­ta­ling van R341 000 ge­doen. VBS het nie veel ge­doen om die skuld in te vor­der nie.

Die re­ke­ning is la­ter op da­tum ge­bring toe ’n en­ti­teit ge­naamd K­ha­vho En­ter­pri­ses R250 000 in­be­taal het. Ma­la­ba sê hy weet glad nie wie K­ha­vho is nie en hy het nie eens die be­ta­ling ag­ter­ge­kom nie.

“Ek vind dit hoogs on­waar­skyn­lik,” skryf Mo­tau.

Mo­tau sê K­ha­vho en an­der en­ti­tei­te wat geld aan Ma­la­ba se on­der­ne­mings be­taal het, is deur Ve­le In­ves­t­ments, VBS se groot- ste aan­deel­hou­er, in­ge­span om die bank te plun­der.

Hoe­wel die geld nooit reg­streeks in Ma­la­ba se eie bank­re­ke­ning in­be­taal is nie, is sy kon­tak­be­son­der­he­de deur­gaans ge­bruik vir die le­nings­aan­soe­ke.

I­haawu Le­si­z­we, ’n maat­skap­py van sy vrou, Ja­c­que­li­ne, is ge­bruik om ver­skeie mo­tors, ’n huis en ’n oor­trek­kings­ge­rief te fi­nan­sier, en Be­ta­no­lo­gix was ’n maat­skap­py waar­van Du­mi Ts­hu­ma se vrou (naam on­be­kend) en Ja­c­que­li­ne die di­rek­teu­re was. Dit het ’n oor­trok­ke ge­rief ge­had. Ts­hu­ma was Ma­la­ba se kol­le­ga by KPMG. Al­bei het in Maart by KPMG be­dank toe die VBS-bom bars.

Ma­la­ba het aan Mo­tau toe­ge­gee dat die geld wat ge­leen is eint­lik vir hom be­doel was.

Al Ma­la­ba se be­ste­ding was da­rem nie aan luuk­ses nie – hy het ook by­na R1,5 mil­joen vir MBA-s­tu­dies aan die U­ni­ver­si­teit van Ox­ford be­taal . . .

KPMG het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hy sal die ver­slag oor VBS Mu­tu­al Bank be­stu­deer “om te kyk of daar meer is wat ons kan doen”.

Die le­nings aan Ma­la­ba, ’n ge­ok­trooi­eer­de re­ken­mees­ter, is nie aan KPMG ver­klaar nie en kom neer op ’n be­lan­ge­bot­sing.

Hy het die bank ’n on­ge­kwa­li­fi­seer­de ou­dit ge­gee vir sy 2017jaar­sta­te, “selfs al het hy ge­weet die sta­te is ver­keerd”, lui die ver­slag. Hy het glo ook vir die Re­ser­we­bank ge­jok daar­oor.

Lui­dens die ver­slag het Ma­la­ba tal­le ou­dit­kler­ke se kom­mer oor ver­lo­re kon­tant af­ge­maak as on­no­dig. Die kler­ke het ag­ter­ge­kom dat so­wat R700 mil­joen kon­tant nie op­ge­spoor kan word nie.

Wi­se­man N­kuhlu, voor­sit­ter van KPMG se di­rek­sie, sê hul­le kan “geen ge­drag duld wat die ge­hal­te en in­te­gri­teit van ons werk in die ge­drang bring nie”.

“Ek is vol ver­troue dat die om­vat­ten­de re­me­di­ë­ren­de ver­an­de­rin­ge wat die fir­ma reeds in­ge­stel het ons in staat sal stel om o­pen­ba­re en kli­ën­te­ver­troue in KPMG te her­bou.”

KPMG ver­loor kli­ën­te se­dert hy nie net met die VBS-skan­daal nie, maar ook met staat­skaping en die ver­rot­ting in die SuidA­fri­kaan­se In­kom­ste­diens ver­bind is.

■ KPMG het in Maart ’n on­der­soek oor sy werk by VBS laat doen deur die regs­fir­ma Bo­w­mans. KPMG het nog nie vrae oor die vor­de­ring met dié on­der­soek be­ant­woord nie.

Sip­ho Ma­la­ba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.