Ge­skors­te vrou nou hel­din wat mu­ni­si­pa­li­teit se R60 mil­joen red

Volksblad - - Nuus - Han­lie S­tad­ler

’n A­fri­kaans­spre­ken­de vrou is vir ’n ras­sis uit­ge­kryt toe sy be­swaar aan­ge­te­ken het teen ’n on­wet­ti­ge be­leg­ging by VBS Mu-tu­al Bank. Nou is sy een van die bit­ter min hel­de in die ver­slag oor die plun­de­ry van dié on­der­lin­ge bank.

Dank­sy Mariette Ven­ter, waar­ne­men­de fi­nan­si­ë­le hoof van die Capri­corn-dis­triks­mu­ni­si­pa­li­teit, is dié mu­ni­si­pa­li­teit nou een van die min mu­ni­si­pa­li­tei­te in Lim­po­po wat nié fi­nan­si­ë­le pro­ble­me ont­wik­kel het toe VBS in ku­ra­te­le ge­plaas is nie, skryf adv. Ter­ry Mo­tau in sy ver­slag “The G­re­at Bank Heist”.

Capri­corn sluit die ste­de en dor­pe Po­lo­kwa­ne, Mo­le­mo­le, Blou­berg en Le­pel­le-N­kum­pi in. Dit is ge­noem na die S­teen­bok­skeer­kring, wat daar­deur loop.

Lui­dens die ver­slag het Ven­ter “op­ge­staan teen e­nor­me druk” en daar­in ge­slaag om

R60 mil­joen wat by VBS be­lê is, te­rug te kry voor­dat die bom by VBS ge­bars het.

Die geld is in De­sem­ber 2015 deur Gil­bert K­ga­ny­a­go, des­tyd­se bur­ge­mees­ter, be­lê ter­wyl Ven­ter met ver­lof was, on­danks be­pa­lings dat s­legs die fi­nan­si­ë­le hoof van die mu­ni­si­pa­li­teit be­leg­gings mag doen.

Sy is on­reg­ma­tig uit haar pos ge­skors en ge­brand­merk as ’n ras­sis wat nie o­pen­ba­re geld in ’n swart bank wou be­lê nie.

Ven­ter, ’n ge­ok­trooi­eer­de re­ken­mees­ter, het vas­ge­skop om­dat die be­leg­ging die Wet op Mu­ni­si­pa­le Fi­nan­si­ë­le Be­stuur oor­tree het.

Dié wet ver­plig mu­ni­si­pa­li­tei­te om s­legs geld by hand­ els­ban­ke te be­lê. Daar­by ver­eis Capri­corn se eie be­leid, in pas met die wet, dat be­leg­gings s­legs by in­stel­lings ge­doen word wat ’n be­leg­gings­gra­de­ring by Stand­ard & Poor’s Go­bal Ra­tings of Moody’s In­ves­tors Ser­vi­ce het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.