Ma­boe bly in die kol­lig

Volksblad - - Vrydag - Teré­sa Coetzee

Toe Kat­le­go Ma­boe as jong, ne­ge­ja­ri­ge seun­tjie in sy skool se re­vue daar in Pot­chef­stroom die Vic­ky Samp­son-tref­fer “A­fri­can D­re­am” ge­sing het, het hy nie in sy wild­ste dro­me ge­dink dat hy een­dag saam met hier­die ster op na­si­o­na­le te­le­vi­sie die­self­de lied sou sing nie.

Ma­boe (31) se droom word Son­dag waar wan­neer hy op die mu­siek­pro­gram In die kol­lig met . . . saam met Samp­son op­tree en die lied­jie “A­fri­can D­re­am” sing soos dit nog nooit te­vo­re ge­hoor is nie.

“Dit voel steeds vir my on­werk­lik,” sê Ma­boe oor hier­die op­na­me.

Ma­boe is ’n be­ken­de ge­sig op die kas­sie.

Hy het des­tyds die De Kat­te­le­vi­sie­pro­gram aan­ge­bied en la­ter ook die aan­bie­der van die Ex­pres­so Mor­ning Show ge­word. In 2014 en 2015 het hy S­trict­ly Co­me Dan­cing South A­fri­ca aan­ge­bied, en in 2015 en 2016 is hy by die Saf­tas as die bes­te aan­bie­der van die jaar be­kroon.

Boon­op wys Ma­boe Son­dag dat hy nie net kan aan­bied en to­neel­speel nie, maar baie goed kan sing ook.

Mu­siek was eint­lik nog al­tyd sy eer­ste en groot­ste lief­de.

“Ek was van klein­tyd af lief vir sing en die ver­hoog.

“My ma, ’n on­der­wy­se­res van be­roep, het ná skool aan­ge­dring dat ek vir ’n BCom-graad moet in­skryf by die Pot­chef­stroom­se u­ni­ver­si­teit om­dat sy ge­glo het ’n man moet ’n or­dent­li­ke graad ag­ter sy naam hê.

“Ek het my graad vol­tooi, maar my hart het op u­ni­ver­si­teit al na die ver­maak­wê­reld be­gin hun­ker,” ver­tel hy in per­fek­te Afrikaans.

Hy praat ewe goed Afrikaans, Engels en Tswa­na. Om­dat sy ou­ers vroeg in sy le­we ge­skei is, het hy baie tyd by sy groot­ou­ers deur­ge­bring, maar hy ver­tel dat hy gelukkige kin­der­ja­re ge­had het.

Op skool was hy deel van die Noord­wes-kin­der­koor en la­ter het hy deel ge­word van die a cap­pel­la-groep F­lip a Coin as die groep se hoofsanger en “be­at-boxer”.

Ge­du­ren­de Son­dag se uit­sen­ding van In die kol­lig met . . . is Ma­boe se gas­kuns­te­naar die san­ge­res Rou­chel­le Lie­de­mann.

“Ek en sy het op S­kou­spel ook saam­ge­sing en ek dink ons stem­me werk baie goed saam,” sê hy.

Ma­boe het voor­heen al op Jo­han Stem­met se pro­gram­me Noot vir noot en Mu­siek rou­let­te op­ge­tree. Hy ver­tel dat dit al­tyd vir hom ’n voor­reg is.

“Ek het met Noot vir noot in die huis groot­ge­word. Dit was my ou­ma en ou­pa se guns­te­ling­pro­gram op te­le­vi­sie.

“Ek sing Son­dag lied­jies van Lau­ri­ka Rauch en selfs Just ­Jin­jer en ek dink daar is beslis iets vir al­mal op die pro­gram,” voeg hy by.

■ In die kol­lig met... word Son­dag om 17:00 op SABC2 uit­ge­saai.

Dit was nog al­tyd Kat­le­go Ma­boe se droom om die be­ken­de “A­fri­can D­re­am” saam met Vic­ky Samp­son te sing.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.