Mel­la dié keer reg vir Blu­es

Volksblad - - Sport - O­wen Kock

Dit was vir hom ’n bit­ter pil om te sluk toe hy hom op die nip­per­tjie aan die C­hee­tahs se twee­de Pro14-toer moes ont­trek, sê die heel­ag­ter Mal­colm Ja­er.

Ja­er het drie we­ke ge­le­de en­ke­le ure voor die span se ver­trek na Car­diff, Wal­lis, sy rug in die span se laas­te oe­fe­ning seer­ge­maak.

Die plan was dat hy daar­die be­trok­ke Son­dag saam met die plaas­ver­van­ger-flank A­bon­gi­le Non­k­ont­wa­na na S­kot­land sou vlieg vir die wed­stryd teen E­din­burgh, maar dit het toe nie ge­beur nie.

Sy rug het nie ge­noeg­saam her­stel nie en hy moes met Jan Tuis­bly se kar­re­tjie ry. Hy het in­tus­sen vol­ko­me her­stel en is dié week hard be­sig om op sy eie in Bloem­fon­tein te oe­fen ter­wyl die toer­groep ’n blaas­kans neem.

“Die be­se­ring het goed her­stel en ek dink die twee we­ke af het my baie goed ge­doen.

“Ge­luk­kig was dit nie te erns­tig nie. Ek moes eint­lik net van die spas­mas in my rug ont­slae raak,” sê Ja­er.

Voor die on­ty­di­ge be­se­ring was Mel­la, soos hy on­der sy span­maats be­kend staan, die spe­ler in die reeks met die mees­te breek­slae (9).

Hy is in­tus­sen deur ’n span­maat, die vleu­el Rabs Max­wa­ne (10), ver­by­ge­steek.

“Ek was ’n bie­tjie te­leur­ge­steld om­dat ek nie saam met die span kon toer nie, maar die rus was goed.

“Ek glo ek is reg om oor ’n paar we­ke weer te kan speel as ek ge­kies word.”

Die C­hee­tahs se vol­gen­de wed­stryd is op 27 Ok­to­ber teen die Car­diff Blu­es in die Toyo­ta-sta­di­on in die Ro­se­stad.

In Ja­er se af­we­sig­heid is Ryno Ek­steen teen die Car­diff Blu­es in Wal­lis in­ge­span.

Toe hy sy k­nie be­seer het, is Lou­is Fou­ché ver­le­de week teen E­din­burgh met die nr. 15-trui toe­ver­trou.

Ja­er het nie ’n en­ke­le bang haar op sy kop nie en is be­kend daar­voor dat hy nie skroom om on­der die hoë bal­le in te gaan nie. Daar­by het hy ook ’n systap wat skrik vir niks.

Die vraag is eg­ter of Franco S­mith, die af­rig­ter, hom in die op­draf­span teen die Wal­lie­sers gaan kies en of hy Fou­ché nog ’n kans gaan gee.

“As co­ach my ’n kans gee, is ek reg om te speel. Ek is weer die ou Mel­la en vol self­ver­troue. Ek het die laas­te tyd son­der e­ni­ge on­ge­mak ge­oe­fen.

“Die twee we­ke af het dus eint­lik op ’n goeie tyd ge­kom,” sê Ja­er.

Hy glo ook daar­die eer­ste oor­win­ning is in sig en dat die C­hee­tahs nou meer as ooit daar­in moet glo.

“Ek dink as ons net eers ’n oor­win­ning kan kry, sal dit baie vir die span se self­ver­troue be­te­ken,” sê die Vry­sta­ter.

Fo­to: GALLO IMAGES

Guy Mer­cer van die Ospreys pro­beer te­ver­geefs om Mal­colm Ja­er te lak in die span­ne se Pro14-wed­stryd Fe­bru­a­rie in die Li­ber­ty-sta­di­on in S­wan­sea, Wal­lis.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.