In­stand­hou­ding by E­s­kom se krag­sen­tra­les be­kom­mer

Volksblad - - Nuus - Alet van der Walt

Die vak­bond So­li­da­ri­teit be­treur die dood van ’n E­s­kom­wer­ker by die Let­ha­bo-krag­sen­tra­le en eis dat on­der­soek in­ge­stel word na die in­stand­hou­ding by an­der krag­sen­tra­les.

’n Wer­ker is Woens­dag­aand in ’n ont­plof­fing in die krag­sen­tra­le bui­te Sa­sol­burg dood en ’n aan­tal is erns­tig be­seer.

Vol­gens De­on Rey­ne­ke, ad­junk­hoof­se­kre­ta­ris van So­li­da­ri­teit, on­der­steun die vak­bond E­s­kom in sy be­sluit om ’n on­der­soek na die oor­saak van die on­ge­luk in te stel.

Vol­gens Rey­ne­ke is So­li­da­ri­teit ook be­kom­merd oor die in­stand­hou­ding by an­der E­s­kom­krag­sen­tra­les.

“As ’n vak­bond is ons be­kom­merd oor die vei­lig­heid van ons le­de by tal­le E­s­kom-krag­sen­tra­les.

“Die Let­ha­bo-on­ge­luk kan nie in i­so­la­sie be­skou word nie. Daar word nou re­ak­tief ge­re­a­geer na­dat ’n nood­lot­ti­ge on­ge­luk plaas­ge­vind het, maar dit lyk as­of daar nie be­hoor­li­ke in­stand­hou­ding by krag­sen­tra­les ge­doen word nie.

“E­s­kom moet drin­gend kyk na die in­stand­hou­ding van een­he­de by an­der krag­sen­tra­les en moet voor­ko­mend op­tree om on­ge­luk­ke soos dié by Let­ha­bo te voor­kom.”

Die naam van die man wat in Woens­dag­aand se ont­plof­fing dood is, is nog nie be­kend ge­maak nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.