PIK

Deur­win­ter­de di­plo­maat se diens aan SA er­ken

Volksblad - - Voorblad - Sa­rel van der Walt

Pik Botha (86), die eens langs die­nen­de mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke wat in die ka­bi­net­te van John Vor­ster tot Nel­son Man­de­la ge­dien het, is gis­ter om­streeks 06:00 dood.

Hy het in sy slaap in sy huis in A­ka­sia, P­re­to­ria, be­swyk, het sy rock­san­ger-seun, Piet Botha, ge­sê.

Botha het in die ka­bi­net­te van John Vor­ster, P.W. Botha, F.W. de K­lerk en Nel­son Man­de­la ge-dien.

Hy is on­langs in die U­ni­tas­hos­pi­taal in Centurion op­ge­neem vir hart- en long­toet­se, maar het hom­self ont­slaan, het Piet ge­sê.

“Ek sal hom onthou as ’n u­nie­ke soort mens, ’n bron van e­ner­gie vir al­mal wat in sy teen­woor­dig­heid was,” het Piet ge­sê.

Hul­de­bly­ke het gis­ter in­ge­stroom van vrien­de, oud-kol­le­gas en van oor die po­li­tie­ke spek­trum in die land heen. Hoe­wel hy ook deur pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en die ANC ge­loof is vir sy rol in die oor­gang na ’n de­mo­kra­tie­se be­stel in die land, is hy op so­si­a­le me­dia ook erg ge­kri­ti­seer vir sy rol in a­part­heid.

Die oud­mi­nis­ter het die laaste tyd ge­reeld ge­sê: “Die ou­der­dom het my nou in­ge­haal.”

Die e­ko­noom dr. Roe­lof Botha, sy an­der seun, het aan Ti­mesLi­ve ge­sê die gesin sal al­tyd die mooi her­in­ne­rin­ge van hom en die waar­des wat hul­le van hom ge­leer het, ver­troe­tel.

Roe­lof het ge­sê hy het ge­reeld saans sy pa aan­ge­tref waar hy By­bel lees. “Hy het ons ge­leer om nooit daar­die gees­te­li­ke an­ker te ver­loor nie en dat ons na ken­nis moet stre­we, want ken­nis is mag.”

Vol­gens Roe­lof is hul­le ui­ters hartseer, maar was hul­le voor­be­reid op sy dood.

“Ons het dit sien kom, want sy ge­sond­heid het in die laaste paar weke baie ver­sleg.

“Ons het ge­weet dit was baie na­by,” het hy aan Ti­mesLi­ve ge­sê.

Be­ne­wens Piet en Roe­lof word Botha ook oor­leef deur sy twee­de vrou, Ina, en sy twee dog­ters, An­na Hert­zog en Lien S­mith.

Sy vier kinders is uit sy eer­ste hu­we­lik met wy­le He­le­na Botha.

Piet Botha het ge­sê die be­graf­nis­re­ë­lings is nog nie ge­tref nie, maar die plan is dat dit op 23 Ok­to­ber in A­ka­sia ge­hou sal word.

■ Daar is in hier­die sta­di­um nog geen be­ves­ti­ging of pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa ’n amp­te­li­ke be­graf­nis of se­mi-amp­te­li­ke be­graf­nis vir Botha sal ge­las nie, het K­hu­se­la Di­ko, Ra­map­ho­sa se woord­voer­der, gis­ter­aand by na­vraag ge­sê.

Ons het dit sien kom, want sy ge­sond­heid het in die laaste paar weke baie ver­sleg. — DR. ROE­LOF BOTHA

Pik Botha was ge­du­ren­de in­ten­se ge­sprek­ke in die lei­er­skap van die des­tyd­se Na­si­o­na­le Par­ty (NP) in die 1980’s ’n pro­mi­nen­te en kon­se­kwen­te voor­stan­der van her­vor­ming, grond­wet­li­ke on­der­han­de­lin­ge én die vry­la­ting van oud­pres. Nel­son Man­de­la.

Só het oud­pres. F.W. de K­lerk gis­ter hul­de ge­bring aan sy “ge­waar­deer­de kol­le­ga en vriend”.

De K­lerk het “met hartseer” van Botha se af­ster­we ver­neem en hy en sy vrou, E­li­ta, het hul me­de­lye met Ina (Botha se vrou) en sy fa­mi­lie uit­spreek.

Hy sê Botha was een van die sterk­ste voor­stan­ders van die grond­wet­li­ke trans­for­ma­sie­pro­ses wat op 2 Fe­bru­a­rie 1990 be­gin is.

“Hy het ’n kon­struk­tie­we rol in so­wel die daar­op­vol­gen­de on­der­han­de­lin­ge as ná die 1994-ver­kie­sing ge­speel, ter­wyl hy ook as NP­mi­nis­ter in die re­ge­ring van na­si­o­na­le een­heid ge­dien het.

“Dalk was sy be­lang­rik­ste by­drae die wy­se hoe hy en sy kol­le­gas in die de­par­te­ment van bui­te­land­se sa­ke hul man ge­staan het teen groei­en­de in­ter­na­si­o­na­le druk tot­dat die in­een­stor­ting van in­ter­na­si­o­na­le Kom­mu­nis­me in 1989 die weg ge­baan het vir die on­der­han­de­lin­ge wat tot die stig­ting van ons nie­ras­si­ge grond­wet­li­ke de­mo­kra­sie ge­lei het,” sê De K­lerk.

Hy sê Botha was ’n “u­nie­ke en kleur­ry­ke” per­soon­lik­heid wat ook ’n e­nor­me by­drae ge­le­wer het tot die vreed­sa­me en grond­wet­li­ke op­los­sing van die groot ge­skied­kun­di­ge uit­da­gings waar­mee die NP-re­ge­ring tot voor 1994 ge­wor­stel het.

“Hy was een van die lei­ers­per­soon­lik­he­de in die Suid-A­fri­kaan- se po­li­tiek van 1970 tot met sy af­tre­de uit die ak­tie­we po­li­tiek in 1996. Hy het met groot on­der­skei­ding ge­dien as Suid-A­fri­ka se mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke van 1977 tot 1994 en was een van die wêreld se langs die­nen­de mi­nis­ters van bui­te­land­se sa­ke.”

De K­lerk sê dat Botha in dié tyd­perk Suid-A­fri­ka on­ver­skrok­ke teen groei­en­de in­ter­na­si­o­na­le i­so­la­sie ver­de­dig het.

“Botha het ’n lei­den­de rol in Suid-A­fri­ka se ver­hou­ding met Suid­wes-A­fri­ka/Na­mi­bië ge­speel.

“In 1988 het hy die drie­le­di­ge oor­een­koms met An­go­la en Ku­ba on­der­te­ken oor die ont­trek­king van Ku­baan­se sol­da­te aan An­go­la en die im­ple­men­te­ring van die VN-on­af­hank­lik­heids­pro­ses in Na­mi­bië,” sê De K­lerk.

“Dié oor­een­koms was van deur­slag­ge­wen­de be­te­ke­nis vir die e­vo­lu­sie van die po­li­tie­ke si­tu­a­sie in Suid-A­fri­ka.”

Gert Gro­bler, ’n af­ge­tre­de am­bas­sa­deur, was deel van Botha se af­vaar­di­ging met die fi­na­le vre­des­on­der­han­de­lin­ge oor Mo­sam­biek wat in die vroeë 1990’s in Ro­me, I­ta­lië, ge­hou is. Hy het Botha se toe­spraak vir die ge­leent­heid ge­skryf.

Gro­bler sê daar was ’n groot aan­tal staats­hoof­de uit Sui­derA­fri­ka om die on­der­han­de­lings­ta­fel.

“Suid-A­fri­ka se beurt was laaste. Soos die lei­ers een ná die an­der ge­praat het, het ek ys­koud ge­word.

“Die een toe­spraak ná die an­der was by­na die­self­de.”

Hy ver­tel Botha het eg­ter op­ge­staan en sy ge­skre­we toe­spraak net so op die ta­fel laat lê.

Hy het ’n spon­ta­ne toe­spraak ge­le­wer wat ge­sen­treer was rond­om die po­si­tie­we seTswa­na-woord pu­la.

Botha is aan die ein­de van sy toe­spraak luid toe­ge­juig en selfs pres. Ro­bert Mu­ga­be van Zim­bab­we het sy hand ge­skud en hom met dié A­fri­ka-me­ta­foor-toe­spraak ge­luk­ge­wens.

“Pik Botha was ’n deur­win­ter­de stra­teeg, di­plo­maat en on­der­han­de­laar.

“Hy het ’n aan­voe­ling vir die di­plo­ma­sie en on­der­han­de­lin­ge soos min an­der mense ge­had. Hy was al­tyd twee treë voor ons al­mal. Hy kon sien wat kom en het daar­vol­gens op­ge­tree,” sê Gro­bler.

Pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa het ook sy me­de­lye uit­ge­spreek.

Hy het ge­sê Botha sal onthou word vir sy on­der­steu­ning van Suid-A­fri­ka se oor­gang na de­mo­kra­sie en vir sy diens in die eer­ste de­mo­kra­tie­se ad­mi­nis­tra­sie.

Ra­map­ho­sa het ge­sê sy ge­dag­tes is met die fa­mi­lie, vrien­de en voor­ma­li­ge kol­le­gas van Botha, wat ook vir twee jaar as mi­nis­ter van mi­ne­ra­le en e­ner­gie­sa­ke in oud­pres. Nel­son Man­de­la se ka­bi­net ge­dien het.

Die ANC het in ’n ver­kla­ring ge­sê die par­ty het Botha as een van die min mense van die des­tyd­se Na­si­o­na­le Par­ty be­skou wat in ’n vroeë sta­di­um er­ken het dat a­part­heid ver­keerd en ’n mis­daad teen die mens­dom was.

Pule Mabe, die ANC-woord­voer­der, het ge­sê die par­ty het in die vroeë dae van de­mo­kra­sie uit­ge­reik na voor­ma­li­ge a­part­heids“ver­lig­tes” soos Botha om ’n nu­we Suid-A­fri­ka te bou.

Die par­ty het vir Botha ’n rol in die re­ge­ring van na­si­o­na­le een­heid aan­ge­bied.

“Ter­wyl som­mi­ge van die ar­gi­tek­te van a­part­heid voort­ge­gaan het om die vor­de­ring van die post1994-de­mo­kra­sie te on­der­myn deur ras­se­span­ning aan te blaas, het Botha hom as deel van sy nuut­ge­von­de ver­ligt­heid in 2000 by die ANC in Tshwa­ne aan­ge­sluit. Die ANC . . . er­ken en waar­deer sy po­si­tie­we by­drae tot die bou van ’n nu­we en be­ter SuidA­fri­ka.”

Moe­let­si M­be­ki, po­li­tie­ke ont­le­der, het gis­ter­og­gend aan SAfm ge­sê toe hy Botha Dins­dag be­soek het, was dié in ’n goeie luim, siek in die bed, maar hy het steeds ge­rook.

Die ANC . . . er­ken en waar­deer sy po­si­tie­we by­drae tot die bou van ’n nu­we en be­ter Suid-A­fri­ka. — PULE MABE, ANC-WOORD­VOER­DER

Foto: ALET P­RE­TO­RI­US

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.