Skry­wer en b­pe­ri­wk aar­der B­praik­kes ge­sels

Dit is of daar ’n ver­nie­ti­gings­waan by mense is om die na­tuur te plun­der, sê die skry­wer, sa­fa­ri­gids en veg­ter vir die na­tuur­le­we Chris­ti­aan Bak­kes. C­har­les S­mith het met hom ge­sels ná sy ont­hul­lings in sy nu­we boek, Plun­der­woes­tyn, oor die stro­ping van d

Volksblad - - Voorblad -

Die aan­slag op wild­le­we in Na­mi­bië ge­skied aan ’n breë front. Dit is nie net swart­re­nos­ters nie. Baie daar­van is ge­wet­tig­de uit­wis­sing, waar min of geen be­heer toe­ge­pas word nie, sê Bak­kes.

Dit word ver­sterk deur Na­mi­bië se amp­te­li­ke be­leid van “vol­hou­ba­re ver­bruik” en hul on­der­steu­ning van die han­del in i­voor, re­nos­ter­ho­ring, ie­ter­ma­gog, leeu­be­ne en an­der wild­pro­duk­te. Dit laat die deur oop vir ve­le on­ge­rymd­he­de, soos be­skryf in Plun­der­woes­tyn.

Die o­wer­heid is ook traag om kor­rek­te in­lig­ting be­kend te maak oor die om­vang van die pro­bleem. Swart­re­nos­ter­stro­pe­ry het die eer­ste keer dui­de­lik ge­word in 2012 in die Ku­ne­ne­streek.

Dit het toe­ge­neem en ’n groot pro­bleem in die E­tosha Na­si­o­na­le Park ge­word.

Bak­kes sê ná die pu­bli­ka­sie van sy ar­ti­kel “End of the Ga­me” is sy werk­ge­wer on­der druk ge­plaas om sy be­dan­king te eis.

“Ek is deur my werk­ge­wer ge­vra om te be­dank ná 16 jaar se diens, waar­in ek as sa­fa­ri­gids be­kroon is. Ge­luk­kig kon ek voort­gaan met ’n pro­jek wat na­tuur­le­we-mis­daad aan­spreek saam met my vrou, Mar­cia. Soos ons an­der on­ge­rymd­he­de bloot­ge­lê het, het ons net meer teen­kan­ting on­der­vind.”

Hy en Mar­cia doen nou om­ge­wings­op­voe­ding en -op­lei­ding vir ’n stig­ting in ’n wild­re­ser­vaat in die Suid-Kaap. Hul­le was ook op lang see­rei­se om die toe­stand van die wêreld se o­se­a­ne te ver­ken.

“Baie din­ge is ui­ters ont­stel­lend, soos die plas­tiek-be­soe­de­ling in die Me­kong-del­ta en Suid-C­hi­ne­se See en die ko­raal­ver­blei­king van Aus­tra­lië se Groot Ko­raal­rif. An­der plek­ke gee ons weer hoop, soos Pa­poe­aNieu-Gui­nee en die In­die­se O­se­aan­om ons eie kus­lyn. Daar lyk die see­le­we nog ge­sond.”

Bak­kes sê daar was nog nooit so ’n aan­slag op die pla­neet soos nou nie. Dit strek veel wy­er as die uit­wis­sing van spe­sies. Dit gaan oor die ver­nie­ti­ging van ha­bi­tats en be­soe­de­ling op on­ge­ken­de skaal en die ver­hit­ting en ver­su­ring van die o­se­aan.

“Dit is as­of daar ’n ver­nie­ti­gings­waan be­staan en al­mal pro­beer gryp ter­wyl hul­le kan.” Daar is eg­ter hoop, sê hy. In Na­mi­bië het hul­le ’n om­ge­wings­pro­gram on­der die jeug be­gin. Hul­le was ve­ral be­ïn­druk met die jong mense se be­sorgd­heid oor die toe­stand van die na­tuur en die be­drei­ging van wild­spe­sies.

“Ons on­der­vind die­self­de on­der die SuidA­fri­kaan­se jeug. Die mens­dom staan op die kruis­pad en moet nou be­sluit. Ons sal ons be­na­de­ring moet ver­an­der.”

Bak­kes sê die pro­bleem is dat geld en gel­de­li­ke ge­win te lank as die ab­so­lu­te op­los­sing ge­sien is. Te lank is ge­glo dat so­lank as wat die mens­dom gel­de­li­ke voor­deel uit die na­tuur kan trek, die na­tuur be­staans­reg het.

“Dit is ’n val­se dok­tri­ne. Ve­le be­wa­rings­or­ga­ni­sa­sies spits hul­le slegs toe op gel­de­li­ke ge­win. Kul­tu­re­le en tra­di­si­o­ne­le be­wa­ring­se­tiek word nie in ag ge­neem nie. Ge­meen­skap­pe word om­ge­koop met die be­lof­te van ryk­dom. Dit re­a­li­seer sel­de en lei tot ont­nug­te­ring en kor­rup­sie. So­lank die mens sy hulp­bron­ne uit­put vir gel­de­li­ke ge­win, staar uit­ster­wing hom in die ge­sig.”

Oor­grens­par­ke is ’n goeie i­dee, maar dan moet al­le par­tye be­trok­ke die­self­de on­be­ris­pe­li­ke be­wa­ring­se­tiek hand­haaf. Dit ge­beur nie.

“Ek is ook ag­ter­dog­tig oor mul­ti­na­si­o­na­le hulp­or­ga­ni­sa­sies. Dit was Paul T­he­roux wat ge­sê het hulp­or­ga­ni­sa­sies in A­fri­ka los nie pro­ble­me op nie, hul­le ver­oor­saak per­ma­nen­te toe­stan­de.”

Die vraag na wild­pro­duk­te in A­sië kan en moet ge­stop word, sê hy.

“Dit sal nie ge­beur as A­fri­ka­lan­de han­del en uit­voer van i­voor, re­nos­ter­ho­ring en an­der wild­pro­duk­te voor­staan nie. Daar is een­vou­dig nie ge­noeg re­nos­ters om die Oos­ter­se vraag te be­vre­dig nie. Die wet­ti­ge mark hou die sluik­han­del aan die le­we.”

Bak­kes sê hy sou ’n to­ta­le ver­bod op die uit­voer van al­le wild­pro­duk­te in­stel as hy ’n keuse ge­had het hoe om A­fri­ka se na­tuur­er­fe­nis te be­skerm.

Hy sê geen deel van die wêreld is on­aan­ge­raak deur die ver­nie­ti­ging van die mens nie. Op die oog af lyk die Ark­tie­se wil­der­nis van Nu­na­vut eg­ter nog on­ge­skon­de. “’n Mens sien ys­be­re en wal­rus­se op die pak­ys, daar loop mus­kus­bees­te op die toen­dra. Mens­li­ke invloed is mi­ni­maal. Tog s­melt die glet­sers en y­s­kap­pe.

“In Pa­poe­aNieu-Gui­nee lyk dit of daar nog har­mo­nie is tus­sen mens en na­tuur. Die ko­raal­riw­we is vol le­we. Ons het saam met dui­sen­de ko­raal­spe­sies, rif­haaie en see­slan­ge ge­duik.” Bak­kes sê die mense is pri­mi­tief, maar in­tel­li­gent ge­noeg om te weet dat hul le­wens­wy­se be­dreig word deur die in­ha­lig­heid van bui­te­stan­ders.

Oor sy hu­we­lik met Mar­cia, wat ’n I­ta­li­aan­se-In­di­aan­se ag­ter­grond het, sê hy hy het nog al­tyd die In­di­aan­se kul­tu­re be­won­der. Re­spek vir die na­tuur, die land­skap en wil­de die­re is ver­weef in hul kul­tu­re­le sa­me­stel­ling.

“Ons het pas li­sen­sies as oop­see-dui­kers ge­kry. In die In­die­se O­se­aan het ons saam met wal­vis­se en dui­sen­de dol­fy­ne ge­duik. ’n Duik saam met ’n noor­kap­per-walvis was vir ons ’n de­fi­ni­ë­ren­de oom­blik.

“In Pa­poea-Nieu-Gui­nee het ’n o­lyf-see­slang, een van die gif­tig­ste slan­ge ter wêreld, aan­ge­dring om saam met ons te duik. Vir geen oom­blik het ons be­dreig ge­voel nie.”

In ’n na­by­ge­leë wild­re­ser­vaat lei hul­le stu­den­te op en soek o­li­fan­te en re­nos­ters saam met hul­le en leer hul­le van die veld. Dit is ’n ge­ba­lan­seer­de le­we met re­spek vir die na­tuur.

“Ons pro­beer ons pas­sie aan ons stu­den­te oor­dra. Ons pro­beer die hui­di­ge toe­stand van die wêreld be­ter ver­staan.”

Om hul huis langs die see sien hul­le baie pof­ad­ders, nag­ad­ders en rink­hal­se op die s­trand en in die woud. Hul­le het ’n ding om­trent slan­ge.

Het ek werk­lik ’n ver­skil ge­maak met die hand­vol stro­pers wat ek ge­vang het?

“In die wil­der­nis het ek om ’n kamp­vuur be­gin om ge­dig­te voor te dra met Mar­cia wat haar In­di­aan­se fluit speel. Dit het da­de­lik ge­werk. Ons doen dit nou vir uit­ge­soek­te ge­ho­re. Op die S­chrei­ner-skry­wers­fees in Cra­dock was dit ons voor­reg om die vloer vir Buck­fe­ver Un­der­ground, ’n on­ge­loof­li­ke groep kuns­te­naars, oop te maak. Ons noem ons­self die Cos­mic Po­f­ad­der.”

Bak­kes sê dit is al­tyd won­der­lik om op ’n pa­trol­lie of ’n sa­fa­ri te wees. Die vraag het eg­ter by hom op­ge­kom: Hoe doel­tref­fend is hy werk­lik?

“Ons kan ons he­le le­we ag­ter stro­pers aan­loop, maar los ons die pro­bleem op, of be­han­del ons net die simp­to­me? Ek was in die veld, aan diens, ter­wyl die pla­neet ver­warm het en ha­bi­tat ver­nie­ti­ging en be­soe­de­ling plaas­ge­vind het,” ver­tel hy.

“Het ek werk­lik ’n ver­skil ge­maak met die hand­vol stro­pers wat ek ge­vang het? Ek het ge­vind dat my skryf­werk ook ’n vorm van na­tuur­be­wa­ring is. Om­ge­wings­op­voe­ding on­der die jeug is ’n an­der. Die kinders erf die ge­mors wat ons ag­ter­laat. Ek het ge­vind dat my sto­ries die jeug in­spi­reer.”

Bak­kes is die seun van die skry­wers Cas en Mar­ga­ret Bak­kes.

Hy sê sy ou­ers het ’n ge­wel­di­ge invloed op sy le­we ge­had.

“Hul­le het my ho­ri­son­ne ver­breed en my aan­ge­spoor om te ver­ken en te be­vraag­te­ken.”

Hy be­stee die oor­gro­te meer­der­heid van sy le­we in die na­tuur en vind sy inspirasie en ma­te­ri­aal daar. Plun­der­woes­tyn was eg­ter die moei­lik­ste boek wat hy nog ge­skryf het.

“Ek het ge­sien hoe din­ge waar­in ek vas ge­glo het ver­keerd loop.”

Die plun­der van Na­mi­bië se wild­le­we het hom per­soon­lik ge­raak.

“’n Toe­ge­wy­de veld­wag­ter is op ge­heim­sin­ni­ge wy­se dood na­dat hy ’n be­ken­te­nis uit ’n er­va­re swart­re­nos­ter­stro­per ge­dwing het. Daar­na is my hond Tier wreed­aar­dig ver­moor.

“Toe ek my vrae in die koe­rant pu­bli­seer, word my werk­ge­wer ge­dwing om my te laat gaan. Vir drie jaar daar­na het ek nog vas­ge­byt en ge­hoop om ’n ver­skil te maak. Tot­dat ’n dag ge­kom het wat ek be­sluit het, te hel daar­mee – ek kan ’n gro­ter by­drae el­ders le­wer.”

Hy het ge­reeld van voor af met die ma­nu­skrip be­gin en maan­de met blok­ka­sies ge­wor­stel.

Hy het am­per moed op­ge­gee.

“My dank­baar­heid was groot toe Pro­tea-uit­ge­wers my boek aan­vaar. In K­ris­tel de Weerd het ek ’n fan­tas­tie­se jong re­dak­tri­se ge­kry. Skryf kom nie meer maklik vir my nie, maar ek sal voort­gaan om die waarheid oop te skryf.”

Hy v­rees glad nie vir sy le­we in Na­mi­bië nie.

“So­veel Na­mi­bi­ërs het uit hul hoe­ke ge­kom na­dat Plun­der­woes­tyn ver­skyn het. ’n In­tel­lek­tu­e­le kern­groep in Wind­hoek vra o­pen­lik per­ti­nen­te vrae.”

Die toe­koms lê in om­ge­wings­op­voe­ding,” glo hy. “Ek en Mar­cia wil die jeug be­wus maak van wat werk­lik met ons pla­neet ge­beur.

“Ons sal aan­hou om die stryd te stry.”

Foto’s: CHRIS­TI­AAN EN MAR­CIA BAK­KES Foto: AMY COET­ZER

Mar­cia Bak­kes help om ’n ge­stran­de dol­fyn te red wat by Woody Ca­pe in die Ad­do-o­li­fant­park uit­ge­spoel het. Chris­ti­aan en Mar­cia Bak­kes in Pa­poea-Nieu-Gui­nee. Chris­ti­aan Bak­kes s­wem saam met ’n walvis aan die Wil­de­kus. Chris­ti­aan en Mar­cia Bak­kes tree op as Cos­mic Po­f­ad­der op die S­chrei­ner-skry­wers­fees in Cra­dock. Hy sê ge­dig­te op en sy speel die In­di­aan­se fluit.

Chris­ti­aan Bak­kes en sy hond Tas­hun­ka in Na­mi­bië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.