E­vi­ta sal ‘ou vriend’ Pik onthou vir sy hu­mor­sin

Volksblad - - Nuus - C­har­né Kemp

Sy hu­mor­sin, die lag­gie in die oog en die kny­pie in die don­ker.

Dít is wat E­vi­ta Bezuidenhout, al­ter ego van die sa­ti­ri­kus Pie­ter-Dirk Uys, van haar “ou vriend” Pik Botha sal onthou.

Bezuidenhout sê baie din­ge gaan oor dié “A­fri­ka­ner” wat die lang­ste ter­myn as mi­nis­ter van bui­te­land­se sa­ke in die land se ge­skie­de­nis ge­dien het, ge­sê word.

Botha het in die ka­bi­net van John Vor­ster, P.W. Botha, F.W. de K­lerk en Nel­son Man­de­la ge-dien. “Polities is daar ’n me­nig­te-en-een o­pi­nies oor die goed en sleg van sy na­la­ten­skap as ’n lid van die a­part­heidska­bi­net.

“Hy het rooi en wit ro­se skaam­te­loos ge­ëet en my bo­bo­tie laat koud staan. Hy het lang mo­no­loë oor die ont­staan van die mens en die ge­hei­me van die bui­te­ruim­te ge­le­wer.

“Hy was ’n di­plo­maat wat vir my as die nu­we Suid-Afrikaanse am­bas­sa­deur in die swart tuis­land van Ba­pe­ti­kos­we­ti ge­sê het: ‘Onthou, jy sal al­tyd moet klaar­kom met mense wat jy ver­pes!’

“Ja-nee, des­tyds die s­to­rie van ons le­wens!

“Pik, my skat. Loop nou ver­sig­tig oor die he­mel­se myn­veld daar bo. Daar is som­mi­ge wat jou wil klap; som­mi­ge wat jou wil kus. Ek onthou net hoe jy in die ou dae elke aand vir my ge­faks het met die woor­de: ‘E­vi­ta, jy is be­slis my mooi­ste di­plo­maat in die di­plo­ma­tie­ke korps.”

Foto: JOYRENE KRAMER

Oud­mi­nis­ter Pik Botha in 2004 saam met E­vi­ta Bezuidenhout.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.