Harts­wa­ter kry ty­de­lik ’n be­stuur­der

Volksblad - - Nuus -

C­har­né Kemp

Zit­hu­le­le Ni­ka­ni is Don­der­dag­mid­dag na­dat die po­li­sie ’n ska­re voor die bur­ger­sen­trum uit­een­ge­jaag het, op ’n spe­si­a­le raads­ver­ga­de­ring as die waar­ne­men­de mu­ni­si­pa­le be­stuur­der van Harts­wa­ter in die Noord-Kaap aan­ge­wys.

Vroe­ër die mid­dag het mu­ni­si­pa­le wer­kers in ’n be­to­ging pro­beer keer dat ’n waar­ne­men­de be­stuur­der ná die skor­sing van adv. Mat­shi­diso Mo­ga­le aan­ge­wys word.

Mo­ga­le is ge­skors na­dat sy na be­we­ring sonder die raad se goed­keu­ring haar sa­la­ris laat ver­hoog en te­rug­wer­kend laat uit­be­taal het.

Die mu­ni­si­pa­le wer­kers wat Mo­ga­le on­der­steun, het vol­gens S­tan Rud­man, DA-raads­lid, die raad­saal se deu­re ge­sluit ter­wyl die ge­meen­skap bui­te ge­dreun­sing het dat die ver­ga­de­ring en nu­we aan­stel­ling voort­gaan.

Rud­man sê Ni­ka­ni het twee jaar ge­le­de, voor Mo­ga­le se aan­stel­ling, ook waar­ge­neem en het goeie werk ge­doen.

In ’n brief aan Ni­ka­ni skryf Rud­man dat die P­hokwa­ne-mu­ni­si­pa­li­teit on­der ge­wel­di­ge gel- de­li­ke druk ver­keer.

Die ge­sa­ment­li­ke skuld aan E­s­kom, Vaal­harts Wa­ter en Se­di­beng Wa­ter be­loop R125 mil­joen.

“Die raad se in­kom­ste vir Ok­to­ber is R10 mil­joen en uit­ga­wes is R33 mil­joen, wat ’n te­kort van R23 mil­joen laat.

“Daar was ver­skeie be­to­gings die af­ge­lo­pe jaar waar­in on­te­vre­de in­wo­ners ge­ëis het dat die raad ont­bind en die mu­ni­si­pa­li­teit on­der ad­mi­nis­tra­sie ge­plaas word,” skryf Rud­man.

“E­s­kom het ge­dreig om die krag­toe­voer weens wan­be­ta­ling te on­der­breek. Vaal­harts Wa­ter eis ook R15 mil­joen aan ag­ter­stal­li­ge skuld.

“Die vo­ri­ge mu­ni­si­pa­le be­stuur­der het nie die raad oor die pro­ble­me in­ge­lig nie en na be­we­ring staats­toe­la­es ge­bruik om E­s­kom en sa­la­ris­se in Sep­tem­ber te be­taal. Die raad was ook nie hier­van be­wus nie.”

Rud­man raai Ni­ka­ni aan om met die hulp van die te­sou­rie drin­gend ’n voor­stel aan die raad te doen om die gel­de­li­ke pro­ble­me op te los.

Die mu­ni­si­pa­li­teit moet oorweeg om ’n kun­di­ge raad­ge­wer aan te stel om die fi­nan­si­ë­le af­de­ling te lei so­dat ag­ter­stal­li­ge skuld drin­gend ge­ïn kan word.

Die in­wo­ners van Harts­wa­ter het Don­der­dag voor die bur­ger­sen­trum ge­wag dat die raads­ver­ga­de­ring moet be­gin om ’n waar­ne­men­de mu­ni­si­pa­le be­stuur­der aan te stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.