‘Tronk in jou kop’ dalk die erg­ste

Volksblad - - Aktueel - C­heré­ne Pie­naar

‘‘

As jy wrok, woe­de, frus­tra­sie, wraak saam met jou dra, vreet dit aan elke deel­tjie van jou mens­wees. — RUSTY LA­BU­SCHAG­NE

‘Ons was 78 in die tronk­sel. ’n Bord­kryt­merk elke 33 cm op die muur sê dís jou spa­sie waar jy mag lê, ken jou li­mie­te. Maar die lui­se was o­ral. K­ri­oe­lend, waar jy kyk.”

Dié vig­net­te kom nie uit ’n nag­mer­rie nie, maar Rusty La­bu­schag­ne se boek, Be­a­ting

C­hains­, wat pas uit­ge­reik is. Rusty, ’n “vier­de ge­ne­ra­sie”Zim­bab­wi­ër, moes ’n de­ka­de lank on­denk­ba­re trau­ma be­leef toe hy on­skul­dig in heg­te­nis ge­neem is.

Met Be­a­ting C­hains was sy aan­vank­li­ke doel om die on­ge­reg­tig­heid in Zim­bab­we se reg­stel­sel bloot te lê, maar ’n nu­we bood­skap het vorm aan­ge­neem toe hy die no­tas wat hy die laaste jaar in die tronk met sy iP­ho­ne 4 aan hom­self ge-e­pos het, by­me­kaar be­gin maak.

“Met my praat­jies en my boek is die bood­skap dít; jy is dalk in ’n tronk sonder dat jy dit weet.

“As jy wrok, woe­de, frus­tra­sie, wraak saam met jou dra, vreet dit aan elke deel­tjie van jou mens­wees.”

Met elke wrok-ge­dag­te het wils­krag by hom uit­ge­sy­pel.

Ná ’n jaar, toe hy op die K­ha­mi-ge­van­ge­nis in Bu­la­wa­yo se oe­fen­veld “woe­dend, moeg, uit­ge­teer” ge­stap het, was dit tyd om ’n kop­skuif te maak.

“As jy on­skul­dig daar is, tref dit baie diep. En ek het ge­sê; ‘He­re, kyk na hul­le, en laat ek hier­deur kom.’ ”

’n Mas­sie­we ge­wig is van sy skou­ers. “Dit was on­ge­loof­lik.”

Nou wil hy mense aan­moe­dig om deur die ket­tings van ’n ver­nie­ti­gen­de ge­dag­te­wê­reld te breek.

“Baie vra hóé kon jy ver­ge­we, maar ek be­lo­we jou, as jy nie ver­ge­we nie, sal jy dit nie daar­deur maak nie.”

Hy het ook pro­beer om sy fo­kus van sy kinders en ver­loof­de se seer te haal, want dit het “steek­py­ne in sy maag” ver­oor­saak. Hy het hom­self elke dag oor­tuig dat hy “bin­ne ’n week huis toe gaan”.

“Dit was te pyn­lik om aan die tien jaar te dink.”

Net­te van on­ge­reg­tig­heid

’n Ne­de­ri­ge toe­spraak met die vie­ring van sy vry­la­ting het Johann Vor­ster, Clo­ver se uit­voe­ren­de be­amp­te, ge­roer. Hy het ge­glo Rusty moet sy s­to­rie met die wêreld deel en het hom geborg om die boek te skryf.

Hy is op 3 A­pril 2003 van moord aan­ge­kla na­dat hy in De­sem­ber 2000 vis­stro­pers in die Ka­ri­ba­meer kon­fron­teer het.

“Ek het ge­reeld hul net­te ge­knip om­dat hul­le on­wet­tig in broei­ge­bie­de ge­vang het.”

Dié dag was hy op ’n vis­vang­uit­stap­pie in ’n kon­ses­sie­ge­bied.

“Ek het tot by hul staal­boot ge­jaag, dit het om­ge­tiep en die twee mans spring toe in die wa­ter (van so 1,5 me­ter diep). Hul­le het na die dam­wal, drie me­ter ver, ge­swem en ge­vlug. Al­bei was on­ge­deerd.”

Be­amp­tes het die vol­gen­de og­gend aan Rusty se voor­deur ge­klop en hom in heg­te­nis ge­neem op ’n klag van die ver­drin­king van een van die stro­pers.

“Dié man leef steeds; hy woon in Zam­bië.”

Rusty is tot 15 jaar tronk­straf ge­von­nis waar­van vyf op­ge­skort is. Die me­de­plig­ti­ge wat saam met hom in die boot was, is vry­ge­laat met ’n $10-boe­te om­dat hy nie die boot be­stuur het nie.

‘ ’n Hel­se ding om te aan­vaar’

Die o­wer­he­de het Rusty, toe 42, se borg­tog en han­gen­de ap­pèl uit­ge­gooi nog voor­dat die reg­ter dit kon te­ken.

Hy glo dié be­sluit was po­li­tiek­ge­dre­we en spruit uit kon­flik tus­sen die reg­ter en die voor­ma­li­ge pres. Ro­bert Mu­ga­be. Hy en die reg­ter was vrien­de. “Die cha­os­rond­om grond­be­set­ting het ’n hoog­te­punt be­reik. Wet­te­loos­heid het o­ral deur­ge­sy­pel.”

Voor sy in­heg­te­nis­ne­ming was hy ’n be­ken­de sa­ke­man met vyf flo­re­ren­de maat­skap­pye wat uit niks op­ge­bou is. Met die wêreld aan sy voe­te het hy boon­op na­si­o­na­le rug­by ge­speel. Hy was ver­lief en ver­loof met ’n seun en dog­ter, en 45 ge­sin­ne het on­der hom ge­werk.

Toe hy deur groot hout­deu­re die ge­van­ge­nis bui­te Bu­la­wa­yo bin­ne­stap, moes hy al sy kle­re voor 1 000 mans uit­trek. “Die v­rees was on­be­skryf­lik.”

Ja­re se swaar­kry is rond­om sy siel­vol­le oë ge­te­ken.

“As jy uit­kom, is dit reg­tig moei­lik om weer te leef.”

Sy vrien­de het aan­be­weeg en $200 000 skuld het op sy skou­ers ge­lê.

’n An­der mens

Maar hy be­rou nie een dag in die tronk nie. “Voor­heen was dit net oor my en my sakeryk. Geld, geld, geld. Nou gaan dit oor om ’n ver­skil te maak en le­wens te ver­an­der,” ver­tel Rusty.

Die te­rug­voer wat hy oor sy boek en praat­jies kry, is meer werd as die mil­joe­ne wat hy voor sy ge­van­gen­skap ge­maak het.

Toe hy in sy 33 cm-slaap­ruim­te lê, het hy ge­dink hul­le kan aan hom doen wat hul­le wil, maar hul­le sal nie sy den­ke be­ïn­vloed nie. As jy deeg­lik ver­ge­we, kan jy ook los­maak van wat jou ge­fol­ter het. “Ek kan nou in de­tail daar­oor praat sonder dat dit my raak.”

Kalm­te in ’n do­de­sel

Sy laag­te- én hoog­te­punt was in die Ha­ra­re- Sen­tra­le Ge­van­ge­nis, waar hy vir twee jaar 16 uur ’n

dag in al­leen­op­slui­ting oor die be­sit van ’n sel­foon ge­plaas is.

Hoe­wel hy dit reg­ge­kry het om vir ’n twee­de keer ’n sel­foon in ’n blik pro­te­ïen­poei­er te ver­steek, was daar weer ag­ter­dog toe die wag­te ’n brief van ’n vrien­din lees waar sy na ’n te­le­foon­ge­sprek ver­wys.

Hy is toe na ’n pik­don­ker do­de­sel van 3 by 1 me­ter ver­plaas. Hier moes hy 23 uur en 45 mi­nu­te ’n dag deur­bring.

“Dit was soos om le­wend be­gra­we te word.”

Op die ses­de dag, toe aand en dag be­gin saam­smelt en wan­hoop al hoe na­der kruip, het hy

be­gin bid.

“Ek sal nooit die ge­voel van warm wa­ter wat oor my spoel en ’n to­ta­le kalm­te bring, ver­geet nie.”

’n Half­uur la­ter het hy sy Afrikaanse vriend, P­hi­lip Bezuidenhout, ’n boer wat ook on­skul­dig aan­ge­hou is, ’n paar sel­le ver­der hoor roep: “Hey Ras, al­les is ou­kei my pel, moe­nie wor­ry nie!”

Bin­ne tien mi­nu­te het die wag­te sy deur oop­ge­sluit en hom na die of­fi­sier ge­neem waar hy vir die eer­ste keer in se­we jaar op ’n stoel kon sit.

“Sy woor­de was; ‘Ek gaan dit in die He­re se han­de los. Jy kan te­rug­gaan na jou sel toe.’ ”

Die­self­de oom­blik toe hy in die do­de­sel be­gin bid het, het sy sus­ter die of­fi­sier $200 se om­koop­geld be­taal om hom daar uit te kry.

Te­rug na be­wa­ring

Hy is be­sig om sy woon­stel in Four­ways, Jo­han­nes­burg, op te pak; dié keer om “te­rug bos toe” na ’n tuin­woon­stel op die Dain­fern-land­goed te trek.

“Soms het ek niks. En dan kom daar weer ’n ge­leent­heid vir ’n praat­jie en weer kan ek kos koop.”

Die ke­re wat God sy ge­be­de

die af­ge­lo­pe twee jaar be­ant­woord het, is “on­ge­loof­lik”.

’n Ven­noot­skap met ’n vriend om veld­gids-op­lei­dings­ma­te­ri­aal te skryf lê ook op die ho­ri­son.

Hy is kort-kort in Zim­bab­we om by sy dog­ter te kui­er. Sy boek is eg­ter nie wel­kom in die land nie.

Die nu­we p­re­si­dent, Em­mer­son M­nang­ag­wa, sal die land uit die gat kan tel, glo hy. Hy hoop steeds ge­reg­tig­heid sal in sy land se tron­ke se­ë­vier en dat sy boek on­der die reg­te oë be­land.

“My groot droom is om God se woord oor die wêreld heen te ver­kon­dig.”

■ Be­a­ting C­hains word van­aand om 18:00 by Val­ley C­res­cent in Sand­ton be­kend ge­stel. Be­spreek by 011 074 9800.

Foto: VER­SKAF Foto: MARK FRAPWELL

Be­a­ting C­hains ver­tel Rusty La­bu­schag­ne se oor­win­ning toe sy eie on­ver­ge­wens­ge­sind­heid en wrok­ge­dag­tes hom in die tronk, waar hy tien jaar lank on­skul­dig ge­van­ge ge­hou is, wou kel­der.Rusty La­bu­schag­ne is ’n de­ka­de lank in ’n Zim­bab­wie­se tronk aan­ge­hou na­dat hy on­skul­dig aan­ge­kla is van die moord op ’n vis­stro­per.

Foto: IN­STA­GRAM

’n S­kets deur Rusty om te il­lus­treer hoe hy en 77 me­de-ge­van­ge­nes moes slaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.