Xan­der ge­stuur vir waar­ne­ming

Ma bring kle­re, cap­puc­ci­no

Volksblad - - Nuus - Su­san Cil­liers

Xan­der Byls­ma (19), S­tel­la se ver­meen­de dub­be­le moor­de­naar, gaan nou vir siel­kun­di­ge waar­ne­ming ver­wys word om te be­paal of hy straf­reg­te­lik aan­spreek­lik ge­hou kan word vir die moor­de.

Byls­ma het gis­ter in ’n net­jie­se wit hemp en groen das in die land­dros­hof in Vry­burg, Noord­wes, ver­skyn weens die moor­de op S­har­nel­le Hough (17), sy eks­mei­sie, en Mar­na En­gel­brecht (16), sy klein­nig­gie. Mar­na en S­har­nel­le, wat boe­sem­vrien­din­ne was, se ly­ke is ein­de Mei in die Ho­ër­skool S­tel­la se mei­sies­kos­huis ge­vind.

Die twee gr. 11-leer­lin­ge is ver­moe­de­lik ver­wurg.

Byls­ma het en­ke­le ure na­dat die ly­ke ge­vind is se­ke­re be­ken­te­nis­se teen­oor die po­li­sie ge­doen, maar die inhoud daar­van is nog nie be­kend nie. Hy is toe in heg­te­nis ge­neem en se­dert­dien in aan­hou­ding.

Mer­cia Byls­ma het haar seun se kle­re vir die hof al gis­ter vroeg­og­gend vir hom ge­bring.

Sy pa, Mon­té, het ’n paar skoe­ne ge­bring. Die eg­paar is ja­re ge­le­de ge­skei.

“Ek is baie ge­span­ne,” het Mer­cia ge­sê waar sy by die hof ge­wag het om haar seun te sien.

“Ek het vir hom kos, kle­re en ’n cap­puc­ci­no ge­bring.”

Mer­cia sê sy het haar ha­re kor­ter ge­sny om­dat Xan­der sy ha­re kort moes sny se­dert hy in die Rooi­grond-ge­van­ge­nis na­by Ma­hi­keng aan­ge­hou word. Xan­der se ou­ers is ná die hof­ver­rig­tin­ge toe­ge­laat om hom in die po­li­sie­sel­le te gaan sien.

Die saak is ein­de Sep­tem­ber uit­ge­stel so­dat die klag­staat gis­ter aan Xan­der be­dien kon word.

Fer­di van Heer­den, sy regs­ver­teen­woor­di­ger, het gis­ter ’n aan­soek in­ge­dien dat Xan­der vir 30 dae vir siel­kun­di­ge waar­ne­ming in die S­terk­fon­tein- psi­gi­a­trie­se hos­pi­taal in Kru­gers­dorp aan die Wes-Rand op­ge­neem word.

Van Heer­den het ge­sê dit moet in­ge­vol­ge wet­ge­wing ge­doen word in­dien daar ’n ver­moe­de be­staan dat ie­mand weens gees­te­li­ke on­ge­steld­heid of ’n ge­stremd­heid nie aan­spreek­lik ge­hou kan word vir ’n mis­dryf nie.

Dal­ton Ts­hiny­a­ni, staats­aan­kla­er, het ge­sê re­ë­lings sal nou in sa­me­wer­king met die di­rek­teur van o­pen­ba­re ver­vol­ging ge­tref word om ’n bed vir Xan­der te kry so­dra een by S­terk­fon­tein be­skik­baar word.

Vol­gens Ts­hiny­a­ni is die klag­staat ge­reed, maar die stel van die aan­klag­te aan Xan­der is nou uit­ge­stel weens die aan­soek dat hy vir waar­ne­ming ver­wys word. Die po­li­sie­on­der­soek is reeds af­ge­han­del. Xan­der ver­skyn weer op 6 No­vem­ber in die hof.

S­har­nel­le se stief­ma, An­na, het met tra­ne in die oë by die hof ge­sê die seer van haar dood word by elke hof­ver­sky­ning op­nuut oop­ge­krap. S­har­nel­le se ou­pa Gie­lie Hough (82) sê die moord op sy klein­dog­ter is die “hard­ste slag” wat hom tot nog toe in sy le­we ge­tref het.

“Ek was vir niks bang nie en is deur baie din­ge. S­har­nel­le was so vrien­de­lik en nooit dik­bek nie. Ek was baie na aan haar; haar ou­ers het by ons ge­woon toe sy ge­bo­re is. My broer, Koos, het drie weke ná die moord op S­har­nel­le ’n hart­aan­val ge­kry. Ek dink dit was weens die skok.”

Hough sê sy vrou, Lien­tha (S­har­nel­le se ou­ma), het Al­z­hei­mer se siek­te.

“Sy ver­staan niks hier­van nie; dis dalk ge­na­dig.”

S­har­nel­le en Mar­na se pa’s, Ron­nie Hough en S­te­faans En­gel­brecht, was al­bei ook by die hof. Ron­nie het vroe­ër ge­sê sy prag­ti­ge dog­ter, wat ’n fo­to­graaf wou word, “het nie ver­dien om so te sterf nie”.

Foto’s: DEAAN VIVIER

Xan­der Byls­ma gis­ter in die be­skul­dig­de­bank in die land­dros­hof in Vry­burg voor­dat hy vir siel­kun­di­ge waar­ne­ming ver­wys is.

Xan­der se ma, Mer­cia, gis­ter in die land­dros­hof.

Mon­té Byls­ma, Xan­der se pa, gis­ter in die hof in Vry­burg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.