Te­rug in tyd

Volksblad - - Naweek+ -

Die ge­skie­de­nis van Hou­den­bek gaan te­rug tot in die 1700’s. Die Koue Bok­ke­veld is se­dert 1728 as le­nings­pla­se aan trek­boe­re uit­ge­gee. Aan­vank­lik is ook net vee­boer­de­ry be­dryf, met lang oor­win­te­rings­tye in die Ce­res-Ka­roo wan­neer dit hier te koud word. Grond moes ge­pag word in Kaap­stad en was dus ’n moei­te­vol­le eks­pe­di­sie. Hou­den­bek het vol­gens oor­le­we­ring sy naam te dan­ke aan ’n vee­wag­ter wat by ’n an­der gehoor het dié se ei­e­naar wil pag­reg­te van die grond be­kom. Hy het dié nuus aan sy ei­e­naar oor­ge­dra, waar­op laas­ge­noem­de “gou” Kaap toe is (dit het so­wat drie maan­de ge­neem) en self aan­soek ge­doen het om die pag­reg­te. As die vee­wag­ter dus sy “bek” sou “hou­den” sou hul­le nie suk­ses­vol ge­wees het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.