Stap saam en ver­ryk jou siel in Ce­res-Ka­roo

Op ’n Vry­dag­mid­dag het Cor­rie Laub­scher in die Mi­chells­pas, net so 2 km voor Ce­res, die Ou Tol­huis aan­ge­doen vir smaak­li­ke roos­ter­koek en kof­fie, op pad na ’n stap­na­week by Hou­den­bek in die la­er Ce­der­ber­ge.

Volksblad - - Naweek+ -

Ná die be­derf by die Ou Tol­huis het ons ver­der ge­ry via Ce­res en deur P­rin­ce Alf­red Ham­let tot by die klein dor­pie “Op-die-berg” – hier draai jy regs af tot by die Ce­der­berg/ Ce­res/Ka­roo-bord en ry vir on­ge­veer 15 km tot by Hou­den­bek se in­draai na links.

Daar is ve­le stap­ge­leent­he­de op Hou­den­bek. Die Van der Merwe-fa­mi­lie pro­du­seer hier al se­dert 1912 vrug­te en groen­te vir die plaas­li­ke so­wel as die uitvoermark. So­doen­de word ook baie werks­ge­leent­he­de geskep.

Ge­rief­li­ke self­sorg-een­he­de met ’n plaas­at­mos­feer sorg vir so­veel rus­tig­heid en ont­span­ning op dié mooi plaas in die Koue Bok­ke­veld.

Met ons aan­koms by Hou­den­bek was daar ge­noeg tyd in die na­mid­dag om op ’n lief­li­ke grond­pad on­ge­veer 2 km tot by die Sand­ri­vier­dam en -kam­peer­ter­rein te stap. Merk­waar­dig is die net­jie­se a­blu­sie­blok wat ver­nuf­tig deel van die rots­for­ma­sies daar uit­maak. Be­ne­wens die heer­li­ke lo­pen­de fon­tein­wa­ter is daar ook warm wa­ter vir die ge­bruik van kam­peer­ders, maar geen e­lek­tri­si­teit nie.

Tus­sen fyn­bos, wa­bo­me en sui­ker­kan­ne aan die skou­er­kant van die grond­pad en met ’n lig­te brie­sie op ’n baie warm dag, was dit ’n p­le­sier om die stap-a­re­as te ver­ken.

Bui­ten die stap­roe­tes is daar ook 40 km se en­kel­spoor-berg­fiets­roe­tes en nog baie an­der be­dry­wig­he­de soos on­der meer vo­ël­kyk,­ mi­ni-gholf en ook rots­klim vir die meer e­ner­gie­ke na­tuur­lief­heb­bers. S­wem in die dam is op eie ri­si­ko.

Om net nog lan­ger in dié on­ge­rep­te na­tuur­skoon te ver­toef, kan daar op ’n Son­dag­og­gend met die voer­tuie tot by die dam ge­ry word, in­dien ver­kies. Stap dan ver­der al langs die kant van die dam op die sand vir ’n prag­ti­ge uit­sig oor die plaas, ’n om­ge­wing rond­om wat oop en wyd lê. Klim jy teen die dam se skou­er op, bied die grond­pad jou die keuse om tot by die boor­de en weer te­rug te stap.

Op pad er­vaar jy die mees in­druk­wek­ken­de, u­nie­ke rots­for­ma­sies wat jy jou­self kan voor­stel. Dis ook net hier teen die kran­se aan die oor­kant waar die bog­gom-bog­gom van te­vre­de bob­be­ja­ne in hul eie ha­bi­tat hul­self laat geld. Dis ’n 2 km-roe­te wat sa­lig op jou eie tyd ge­stap kan word.

Daar kan ook van­af die kot­hui­se di­rek op die grond­pad ge-stap word – dié 1,5 km word die Ou­pad-roe­te ge­noem. Die dam­ge­deel­te vorm nie deel van dié roe­te nie en jy kan die mo­tor by die kot­huis los.

Die moei­li­ke “Hei­veld Arch Walk” word op die Sa­ter­dag ge­doen. In ver­ge­ly­king met an­der roe­tes kan dit as ’n gr. C-roe­te ge­klas­si­fi­seer word.

Dis no­dig om vroeg te be­gin vir dié uit­da­ging om tot by die boog te stap.

Net voor die kam­peer­plek by die dam is daar ’n aan­wy­sings­bord na links in die kloof op wat die be­gin van dié roe­te aan­dui. ’n Roe­te­kaart, ’n stok, ste­wels, hoed en ook ’n kos­pak­kie en wa­ter is nood­saak­li­ke ba­ga­sie . Dis raad­saam om ’n lang­broek te dra en so­doen­de be­sker­ming te bied teen baie krap­mer­ke weens ruie a­re­as en om skaaf­plek­ke te voor­kom van die fyn­bos en an­der plan­te­groei wat jou pad kruis.

Dis aan­vank­lik steil op in dié wil­der­nis­ge­bied en slegs ná ’n hal­we ki­lo­me­ter weg van die be­gin­punt – met ’n prag­ti­ge te­rug­blik oor die val­lei en die dam in die ver­te – kry jy die rots­kuns aan die lin­ker­kant.

Met ’n vol­gen­de stop is dit in­sig­ge­wend om te ver­toef by die grot waar die sla­we ook eens ge­skuil het.

Die vier uur wat dit neem om die roe­te te vol­tooi, maak voor­sie­ning vir ge­reel­de rus­tye en ook om die prag­ti­ge ver­ge­sig­te in te drink. Pro­vi­and en ’n la­fe­nis uit die wa­ter­bot­tel gee jou krag vir die op­draan­de pad vo­ren­toe. As jy dan stil­staan en jou oë op­waarts rig, voel jy so klein teen reek­se en reek­se e­nor­me, ma­je­stu­eu­se rots­for­ma­sies.

Op ’n warm dag soos ons dit er­vaar het, werk jy hard om tot by die boog te kom, maar dis tog baie be­ter as wan­neer die rot­se dalk nat en glad kan wees.

Al­hoe­wel wit py­le op die rot­se ge­verf is, maak die op­ge­hoop­te sta­pel­tjies klip­pe wat deur vo­ri­ge stap­pers daar ge­plaas is, dit mak­li­ker om die roe­te te volg.

Be­ne­wens die plan­te­groei was ons ge­luk­kig om ook die Kaap­se sui­ker­vo­ël en die Jan­groen­tjie op te merk.

Dan is daar die laaste skeur waar­deur jy moet klim.

Siels­ver­ry­kend was dit om in le­wen­de ly­we daar in die veld, die boog te aan­skou. Die S­kep­per se eie kuns­werk!

Meer in­lig­ting: www.hou­den­bek.co.za | jo­ha­let@hou­den­bek.co.za | 083 661 9912

Foto’s: COR­RIE LAUB­SCHER

Prag­ti­ge ver­ge­sig­te op die roe­te op pad na Hou­den­bek se Boog.

Net­jie­se a­blu­sie­ge­rie­we wat ver­nuf­tig deel uit­maak van die rots­for­ma­sies by die kam­peer­plek.

Die Wil­der­nis-roe­te op pad na die Boog.

Die Boog by Hou­den­bek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.