Saai só di­rek in blom­bed­ding

Volksblad - - Naweek+ - AN­NA CELLIERS @Leef­styl24

Niks kom by die vreug­de van blom­me wat jy self ge­saai en in jou tuin groot­ge­maak het nie. Ver­le­de week het ons ge­kyk hoe om saad te kies, dit te oes en ook saai­lin­ge uit te dun en te her­plant. Van­dees­week maak ons ’n bie­tjie han­de vuil.

Dis maklik om blom­saad di­rek in ’n bed­ding te saai. Volg net die vol­gen­de een­vou­di­ge stap­pe:

Kry eers die grond reg

■ S­pit die deel waar­in jy gaan saai lig­gies om na­dat jy mil­de­li­ke hoe­veel­he­de kom­pos as­ook al­ge­me­ne kuns­mis soos 2:3:2 of ’n or­ga­nie­se e­kwi­va­lent uit­ge­strooi het (so­wat 60 g per m²).

■ Ver­wy­der al­le klip­pe en ou pl­ant­wor­tels en hark die grond so ge­lyk en fyn as moont­lik.

■ Spuit die grond ’n dag voor­dat jy gaan saai lig­gies nat met ’n fyn sproei­er so­dat dit klam is maar nie sop­nat nie, an­ders sal jy suk­kel. Saai nou lek­ker ■ Meng fyn saad met koek­meel of ri­vier­sand om die goed wat jy gaan uit­strooi ’n bie­tjie meer te maak so­dat al­les nie op een plek val nie.

■ Jy kan ook mo­der­ne vogre­ten­sie­poei­er wat by kwe­ke­rye be­skik­baar is, saam in­meng, die meng­sel ef­fens aan­klam in ’n bak­kie en dan op die grond uit­skiet.

Die vogre­ten­sie­poei­er sal ’n be­sker­men­de klam la­gie om die saad vorm en uit­dro­ging help keer.

(Die mid­dels kan ook in die voor­be­rei­dings­pro­ses in die grond in­ge­werk word.)

■ Grow­wer saad moet in vlak sloot­jies ge­saai word. Trek die sloot­jies som­mer met ’n stok­kie of die hoe­kie van jou tuin­hark en krap dit met die rug­kant van jou hark toe wan­neer jy klaar ge­saai het.

■ S­tamp dan die grond lig­gies vas en maak weer met ’n fyn sproei­er nat.

Die ‘fy­ner’ truuks van di­rek saai

■ Pro­beer om die saad te saai in net­jie­se rye wat so­wat 20 cm uit­me­kaar is. Dit sal help dat jy la­ter mak­li­ker kan sien wat saai­lin­ge en wat on­kruid is. Dit sal ook die uit­dun van saai­lin­ge (wat ’n mens al­tyd moet doen) aan­sien­lik vergemaklik.

■ Mi­li­ta­ris­tie­se ry­tjies streel eg­ter nie die oog nie en kan on­na­tuur­lik lyk.

Ge­bruik eer­der ri­vier­sand om sir­kel­ag­ti­ge vorms op die grond uit te lê vir die ver­skil­len­de soor­te wat jy saai.

Saai dan die saad in ry­tjies wat in ver­skil­len­de rig­tings loop. Wan­neer die plan­te gro­ter is, sal die rye nie meer sig­baar wees nie.

Ver­sorg die bed­ding ag­ter­na

■ Hou die grond klam tot­dat ont­kie­ming plaas­vind. Op warm dae sal jy selfs twee keer per dag moet nat­lei met ’n fyn sproei­er.

■ In­dien die saai­lin­ge te na aan me­kaar op­kom, kan jy dit uit­dun so­dra dit groot ge­noeg is om te han­teer.

■ Ge­bruik slak-lok­aas om die bro­se saai­lin­ge te be­skerm en spuit ’n plaag­do­der wat sny­wurms sal be­heer.

Daar is min din­ge so be­vre­di­gend soos om plan­te voor jou oë te sien groei.

Wat is be­vre­di­gen­der as om blom­me uit jou tuin in die huis te hê?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.