SA sluk wind, maar knik­ker Zim steeds uit

Pro­te­as loop met 2-0 voor in T20-reeks

Volksblad - - Sport - Al­tus Mom­berg

Suid-A­fri­ka het gis­ter­aand die T20-reeks teen Zim­bab­we in Pot­chef­stroom met ’n oor­win­ning van ses paal­tjies be­klink.

Dit was maar ’n so-so ver­to­ning deur die Pro­te­as, maar die ge­mak van die oor­win­ning wys op die ga­ping tus­sen die twee span­ne.

Dis ook moei­lik om te sê wat die Pro­te­as tot dus­ver uit dié reeks ge­leer het.

Zim­bab­we is net nie goed ge­noeg om die Pro­te­as on­der werk­li­ke druk te plaas nie.

Zim­bab­we het eer­ste ge­kolf en 132/7 in sy beurt aan­ge­te­ken. Suid-A­fri­ka het 135/4 be­reik met 26 bal­le oor.

Die tuis­span het wel har­de werk ge­maak van die jaag­tog, met die Zim­bab­wie­se draai­ers wat die le­we vir hul­le moei­lik ge­maak het.

Selfs Quin­ton de Kock (26), wat heel­te­mal op sy ge­mak ge­lyk het teen die naat­bou­lers, was soos ’n kat op ’n warm sink­dak teen die draai­ers.

Hy het ui­t­ein­de­lik ge­sneu­wel toe hy ’n bal van die by­bre­ker Bandon Ma­vu­ta op sy eie pen­ne ge­speel.

Toe Faf du P­les­sis twee beur­te la­ter, deur Se­an Wil­li­ams ge­boul is, het die Pro­te­as se beurt iet­wat van ’n wind ge­sluk.

JP Du­miny (33* van 26 bal­le; 3x4;1x6) en Hein­rich Klaas­en (22) het eg­ter be­heer ge­neem en sonder om werk­lik ri­si­ko’s te neem, die no­di­ge wen­lo­pies af­ge­kolf.

Hul­le het 44 lo­pies van 30 bal­le om die vier­de paal­tjie aan­ge­te­ken.

Klaas­en het nog­maals ge­wys dat hy in sy kort in­ter­na­si­o­na­le loop­baan hom­self as ’n sleu­tel­fi­guur in die Pro­te­as se wit­bal­mid­del­or­de ge­ves­tig het.

Zim­bab­we se to­taal was eg­ter nie naas­ten­by ge­noeg om die Pro­te­as on­der druk te plaas nie.

Die was ’n goeie boul­ver­to­ning deur die Pro­te­as met slegs Ta­braiz S­ham­si (1/37) en Lun­gi N­gi­di (2/36) wat ef­fe deur­ge­loop het. Die an­der bou­lers, Da­ne Pa­ter­son (2/22), Rob­bie Fry­linck (2/20) en An­di­le P­hehluk­wa­yo (0/15), het al­mal minder as ses lo­pies per beurt af­ge­staan.

Die der­de en laaste wed­stryd word môe in Be­no­ni be­slis.

Foto: GALLO IMAGES

Die aan­vangs­bou­ler Da­ne Pa­ter­son is vir sy 2/22 as Spe­ler van die Wed­stryd aan­ge­wys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.