Dit bly ’n gro­te vir die Blou Bul­le

Volksblad - - Sport - Co­bus Claas­sen

Die vraag of die he­den­daag­se Noord-Suid-twee­stryd tus­sen die Lig­blou­es en die S­treep­truie hoe­ge­naamd met die groots­heid van die eer­tyd­se stry­de ver­ge­lyk kan word, is die af­ge­lo­pe week by Lof­tus Vers­feld ge­op­per.

Of dit wel wys is om dié ver­ge­ly­king te tref is ’n an­der de­bat, maar die ant­woord is nie­te­min voor die hand­lig­gend.

Die yl ska­re wat van­mid­dag ou­der­ge­woon­te deur Lof­tus se hek­ke sal kom vir die Cur­rie­be­ker-krag­me­ting, sal dit jam­mer­lik staaf.

Po­te Hu­man, die Blou Bul­le se af­rig­ter en ’n tra­di­sie­ge­troue rug­by­man, meen dit is steeds ’n spe­si­a­le twee­stryd in Suid-Afrikaanse rug­by.

“Ek het van­dees­week vir die spe­lers ge­sê as ’n wed­stryd teen die WP op Lof­tus jou nie mo­ti­veer nie, hoort jy nie hier nie. Dit is ’n gro­te vir ons en ’n wed­stryd wat ons, af­han­gend van Vry­dag­aand (gis­ter­aand) se uit­slag (tus­sen die Pu­mas en die Goue Leeus in M­bom­be­la) dalk móét wen om die half­eind­stryd te haal.”

Ver­loor die Bul­le teen die WP en hul­le haal steeds die half­eind­ron­de – met drie uit ses se­ges – sal dit op­nuut vrae bring oor die ge­loof­waar­dig­heid van van­jaar se for­maat.

Die WP kom P­re­to­ria toe om bloot die en­jin vir ou­laas te o­lie voor ’n half­eind­stryd op Nu­we­land. In die an­der hoek van die kryt is ’n s­pan wat al sy oom­blik­ke ge­had het, maar kwa­lik ge­lyk het na ’n kam­pi­oen­span.

“Ons speel teen ’n s­pan wat die maat­staf stel en nog nie ver­loor het nie. Dit sal nie maklik wees nie, maar ons fo­kus op wat dit vir ons sal be­te­ken om in die pyl­vak die kam­pi­oen te klop,” sê Hu­man.

Daar is weers­kan­te spe­lers wat met die oog op die Bok­ke se jaar­eind­toer sal wil woe­ker.

Hu­man het van­dees­week ge­skerts die stut T­re­vor Ny­a­ka­ne het by­na daar­op aan­ge­dring om in die be­gin­span te wees, ter­wyl die be­soe­kers se bui­te­sen­ter, Ru­han Nel, wil wys dat Ras­sie Erasmus se oor­deel hom nie in die steek ge­laat het toe hy hom on­langs in die Bok­groep in­ge­sluit het nie.

Sik­hum­bu­zo Nots­he sal ook op sy stuk­ke moet wees met Du­a­ne Ver­meu­len en War­ren W­hi­te­ley wat na ver­wag­ting te­rug­keer vir die toer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.