24 uur

No­vak knak Ke­vin se­wen­de keer

Volksblad - - Sport -

Ke­vin An­der­son kon weer nie die sleu­tel vind om die deur te ont­sluit na ’n se­ge oor No­vak D­jo­ko­vic nie.

Die Suid-A­fri­ka­ner het gis­ter in die kwart­eind­ron­de van die S­hanghai Mees­ters-ten­nis­toer­nooi in C­hi­na die knie teen die Ser­wi­ër ge­buig. Die twee­de ge­keur­de D­jo­ko­vic het met 7-6(7/1), 6-3 in ’n uur en 44 mi­nu­te ge­se­ë­vier. Hy kom in die half­eind­stryd teen A­lex­an­der Z­ver­ev te staan.

An­der­son het nog goed by­ge­bly in die eer­ste stel en het selfs ’n stel­punt in die 12de pot ge­had, maar hy kon dit nie be­nut nie en net daar het sy spel plat­ge­val.

An­der­son (32) kon D­jo­ko­vic nog net een keer in agt wed­stry­de klop. Dit was in hul­le eer­ste ont­moe­ting in 2008 in Mi­a­mi waar die Suid-A­fri­ka­ner in drie stel­le ge­se­ë­vier het.

■ Suid-A­fri­ka se twee­de ge­keur­de Lloyd Har­ris pak in­tus­sen vir A­lex Bolt van A­me­ri­ka van­dag om ’n plek in die half­eind­stryd van die Fai­r­field C­hal­len­ger-toer­nooi in A­me­ri­ka.

– S­port­re­dak­sie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.