VS ‘ui­ters te­leur­ge­steld’ ná Bo­land se bod slaag

Volksblad - - Sport - Johann de Ja­ger

Van hul spe­lers wat nou by an­der span­ne be­trek gaan word, sal dalk daar wil aan­bly, ter­wyl jong spe­lers Bloem­fon­tein nie voort­aan sal oorweeg as ’n plek om hul loop­ba­ne voort te sit nie.

Dis een van die be­kom­mer­nis­se wat Nic­ky Bo­jé, af­rig­ter van die K­nig­hts, het na­dat Krie­ket Suid-A­fri­ka (KSA) van­dees­week amp­te­lik be­ves­tig het dat Bo­land­park in die Paarl en nie die Man­gaung O­val in Bloem­fon­tein nie die ses­de fran­chi­se in die M­zan­si Su­per Le­a­gue (MSL) gaan wees. Die naam van die nu­we T20-kom­pe­ti­sie in die plek van die T20 Glo­bal Le­a­gue, wat van 16 No­vem­ber tot 16 De­sem­ber be­slis gaan word, is gis­ter be­kend ge­maak.

Al vyf die an­der so­ge­naam­de “toets­vel­de” is saam met Bo­land­park ver­kies na­dat die u­nies voor­leg­gings moes doen. Die wenk­broue het ge­lig toe dit ’n ruk ge­le­de reeds aan die lig ge­kom het dat die Bo­land suk­ses­vol was en dat die Kaap twee van die span­ne gaan huis­ves.

Johan van Heer­den, die uit­voe­ren­de hoof van die Vry­staat­se K­rie­ket­u­nie, sê hul­le was ui­ters te­leur­ge­steld om die min­ste te sê toe hul­le on­langs van die be­sluit te ho­re ge­kom het.

Hy wys daar­op dat Vrystaat ’n trot­se ge­skie­de­nis het en ver­skeie van die land se ster­re op­ge­le­wer het, soos Han­sie Cron­jé, Al­lan Do­nald, Cor­rie van Zyl, Bo­jé, Boe­ta Dip­pe­naar, om ’n paar te noem. Hy sluit hom aan by Bo­jé wat jong spe­lers be­tref. “Ons sit met die land se T20­kam­pi­oen (St. Andrews) hier en dan is daar ook nog G­rey-kol­le­ge wat ook ’n goeie krie­ket­skool is. Wat moet ek nou vir hul­le sê?”

Hy is ter­self­der­tyd be­kom­merd oor wat van die an­der u­nies in die land gaan word wat nie gas­heer vir ’n fran­chi­se is nie. “My voor­stel is dat 12 u­nies voort­aan in die plaas­li­ke kom­pe­ti­sies moet speel en dat die meer­dag­reeks ver­deel moet word in ses span­ne wat in die boon­ste groep daar­van speel.”

KSA gaan Maan­dag die na­me van die span­ne be­kend maak. Hy gaan sê wat­ter Pro­te­as i­koon­spe­lers is en wie die voor­ste in­ter­na­si­o­na­le spe­lers gaan wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.