Sie­mens ge­skiet vir R200 000

Hof hoor pis­tool kom van po­li­sie­lid

Volksblad - - Voorblad - Mi­ke van Rooy­en

Die huur­moor­de­naar wat Lou­is Sie­mens (52), voor­ma­li­ge be­stu­ren­de di­rek­teur van die Ci­tyMed-dag­hos­pi­taal in die P­rel­ler­plein-sen­trum in Bloem­fon­tein, dood­ge­skiet het, het dit vir R200 000 ge­doen, het die hoog­ge­regs­hof in die stad ge­hoor.

Die 9 mm-pis­tool waar­mee Sie­mens dood­ge­skiet is, is glo deur ’n po­li­sie­lid van die Bays­wa­ter­po­li­sie­kan­toor in die stad ver­skaf.

Die huur­moor­de­naar wat die nood­lot­ti­ge sko­te die mid­dag van 10 Mei van­jaar in die kel­der­ver­die­ping van die sen­trum af­ge­vuur het, Xo­li­si­le M­be­be­to (38) van Port E­li­za­beth, is gis­ter deur reg­ter Celéste R­ein­ders tot

35 jaar tronk­straf ge­von­nis, waar­van hy ef­fek­tief 22 moet uit­dien.

Hy het skuld be­ken en ’n von­nis­oor­een­koms met die staat aan­ge­gaan.

M­be­be­to, wat ook as Bo­tha be­kend staan, het on­der­neem om die po­li­sie te help met die ver­vol­ging van die an­der men­se wat by die voor­val be­trok­ke is.

Die po­li­sie is steeds op soek na sy hel­per wat saam met hom in die kel­der­ver­die­ping was.

Uit die klag­staat teen M­be­be­to blyk dit ook dat Sie­mens dood­ge­skiet is om­dat hy ge­dreig het om die aap uit die mou te laat oor min­stens R5,6 mil­joen in om- koop­geld wat hy al se­dert 2015 aan Ki­bi S­tan­ley Ba­ki­li be­taal het.

Hy het dié geld op aan­drang van Ba­ki­li be­taal vir die o­wer­he­de se groen lig vir die uit­brei­ding van die aan­tal bed­dens en ge­rie­we in die hos­pi­taal.

Sie­mens wou nie ver­der be­taal nie en Ba­ki­li het be­sluit dat hy uit die weg ge­ruim moet word. Hy het twee huur­moor­de­naars ge­kry. M­be­be­to was een van hul­le, lui die klag­staat.

In sy pleit­ver­dui­de­li­king sê M­be­be­to dat Ba­ki­li hom R200 000 aan­ge­bied het om Sie­mens te ver­moor.

Die dag van die moord het Ba­ki­li ’n pis­tool aan hom ge­gee en ge­sê hy het dit by sy po­li­sie­vriend van die po­li­sie­kan­toor in Bays­wa­ter ge­kry.

Ba­ki­li het ’n ver­ga­de­ring met Sie­mens be­lê. Hy en sy vriend, Ja­li, is met Ba­ki­li se wit Po­lo­mo­tor na P­rel­ler­plein.

Ba­ki­li sou M­be­be­to bel as die ver­ga­de­ring ver­by is en Sie­mens na sy mo­tor gaan.

Ja­li het Sie­mens uit die hys­bak ge­pluk. “Ek het na hom ge-stap en die pis­tool uit my broek ge­haal en hom ver­skeie ke­re ge­skiet tot­dat hy op die vloer ge­val het.”

Ja­li was ook ge­wa­pen, maar het nie ge­skiet nie.

M­be­be­to sê in die kel­der­ver­die­ping het hy twee mans ge­sien wat hy vroe­ër ook by Ba­ki­li se huis ge­sien het. Hy het nie ge­weet wat hul­le daar doen nie.

Hy het nooit sy R200 000 by Ba­ki­li ge­kry nie, blyk uit sy ver­kla­ring.

Ba­ki­li (37), konst. Ka­gis­ho Is­ha­el­C­ha­ba­ne (39), ’n ho­for­don­nans in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein, en konst. Mo­le­ba­tsi John Mo­goe­ra (40), ’n speur­der van die Bays­wa­ter-po­li­sie­kan­toor, ver­skyn van­dag in die land­dros­hof waar hul­le for­meel om borg­tog sal aan­soek doen.

Adv. Jo­han de Nysschen het aan­ge­kla. Pe­ter van der Mer­we van Regs­hulp SA het vir M­be­be­to op­ge­tree. Sers. Buyi­si­le Jo­na is die on­der­soek­be­amp­te.

Die sluip­moord op Lou­is Sie­mens (52), be­stu­ren­de di­rek­teur van die Ci­tyMed-dag­hos­pi­taal in Bloem­fon­tein, was af­sku­we­lik en wreed, het reg­ter Celéste R­ein­ders in die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein ge­sê.

Hy was in die fleur van sy le­we en met sy dood het al die ken­nis wat hy ge­had het ver­lo­re ge­gaan, het sy ge­sê.

Sy het Xo­li­si­le M­be­be­to (38) tot al­te­saam 35 jaar tronk­straf ge­von­nis op aan­klag­te van moord met voor­be­dag­te ra­de en die on­wet­ti­ge be­sit van ’n vuur­wa­pen en am­mu­ni­sie.

Hy is ef­fek­tief 22 jaar tronk toe ge­stuur om­dat hy van die von­nis­se­ge­lyk­lo­pend sal uit­dien.

Uit M­be­be­to se pleit­ver­dui­de­li­king is dit dui­de­lik dat die moord op 10 Mei van­jaar in die kel­der­ver­die­ping van die P­rel­ler­plein-win­kel­sen­trum in Bloem­fon­tein haar­fyn be­plan was.

Die ver­meen­de baas­brein, Ki­bi S­tan­ley Ba­ki­li (37), het se­ker ge­maak die huur­moor­de­naar, M­be­be­to, het pre­sies ge­weet hoe en wan­neer om Sie­mens te ver­moor.

Ba­ki­li het twee dae voor die moord vir M­be­be­to na Sie­mens se werk­plek in P­rel­ler­plein ge­bring.

Op die dag van die moord het Ba­ki­li die weg­kom-mo­tor vir M­be­be­to ge­gee, maar om­dat hy nie kon be­stuur nie, het hy sy vriend, Ja­li, ge­kry om die mo­tor­be­stuur­der te wees.

Dié twee het die voer­tuig in die kel­der­ver­die­ping van die ge­bou be­ska­dig voor­dat M­be­be­to Sie­mens dood­ge­skiet het.

Ná die moord is hul­le na Ba­ki­li se huis in die Li­ly­va­le-land­goed in Bloem­fon­tein en daar­na na die Wind­mill Ca­si­no waar M­be­be­to sy be­ta­ling sou ont­vang.

Ba­ki­li het hul­le daar af­ge­laai en ’n sleu­tel vir ’n ka­mer in die ho­tel vir hul­le ge­gee. Hul­le het niks weer van hom of hul geld ge­hoor nie.

M­be­be­to, wat van­te­vo­re in die tronk was, het Ba­ki­li ont­moet toe hy M­be­be­to se sel­maat in die tronk be­soek het, lui sy pleit­ver­dui­de­li­king.

Daar­na het hy hom in Maart van­jaar weer raak­ge­loop en hul­le het dran­kies ge­drink. Ba­ki­li het daar­voor be­taal.

Hul­le het sel­foon­nom­mers uit­ge­ruil.

Die vol­gen­de Maan­dag het Ba­ki­li hom ge­vra om ’n vrou wat ’n ge­tuie in ’n be­drog­ver­hoor teen hom is dood te maak.

M­be­be­to het kop uit­ge­trek toe die vrou ag­ter­ge­kom het hy ag­ter­volg haar.

Ba­ki­li het daar­na ge­sê hy het ’n gro­ter werk vir hom. Dit was die moord op Sie­mens.

M­be­be­to, met ’n kaal­ge­skeer­de kop, het oog­lo­pend baie pyn ver­duur toe hy op kruk­ke by die be­skul­dig­de­bank in­ge­stap het. Sy ge­sig het tel­kens van pyn ver­trek.

Hy is so­wat vier maan­de ge­le­de in Kim­ber­ley raak­ge­ry.

Die mo­tor wat hom ge­tref het waar hy langs ’n an­der mo­tor ge­staan het, het weg­ge­jaag.

Om­dat vir M­be­be­to se vei­lig­heid ge­vrees word, is ’n be­vel ver­le­de maand in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein uit­ge­reik dat geen fo­to’s van hom ge­pu­bli­seer mag word nie en ook nie be­kend ge­maak mag word waar hy aan­ge­hou word nie.

Lou­is Sie­mens

Fo­to: ALZANE NARRAIN

Ki­bi S­tan­ley Ba­ki­li vroe­ër in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.