Oud­ho­ës van SAID wil ho­ër hof toe

Volksblad - - Nuus - I­sa­bel Ven­ter

Die drie oud­be­stuur­ders van die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) wat daar­van be­skul­dig is dat hul­le deel was van ’n so­ge­naam­de “ro­gue u­nit” gaan hul­le nou tot die hoog­ge­regs­hof wend om­dat hul­le meen dié hof sal hul­le reg­ver­di­ger ver­hoor.

I­van Pil­lay (64), An­dries Jan­se van Rens­burg (53) en Jo­hann van Log­ge­ren­berg (49) suk­kel al maan­de om die in­houd van die saak­dos­sier teen hul­le te be­kom.

Al drie het gis­ter in die land­dros­hof in P­re­to­ria ver­skyn.

Hul­le word daar­van be­skul­dig dat hul­le ge­sprek­ke van le­de van die des­tyd­se S­ker­pi­oe­ne en die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag (NVG) van 2006 tot 2007 on­reg­ma­tig af­ge­luis­ter het.

Al drie ont­ken dit ten sterk­ste. Adv. Lau­ren­ce Ho­des, vir die be­skul­dig­des, het gis­ter in die hof ge­sê die reg­span is net toe­ge­laat om na die in­lig­ting in die saak­dos­sier teen hul­le te kyk en mag nie af­skrif­te ge­maak het nie.

“Ons het van­og­gend (gis­ter) eers ’n b­rief van die staat ont­vang waar­in ons mee­ge­deel word dat ons nié ver­de­re toe­gang sal kry tot die ver­trou­li­ke in­lig­ting nie,” het Ho­des ge­sê.

Der­hal­we is toe­stem­ming ge­vra om ’n aan­soek by die hoog­ge­regs­hof in te dien.

Hul aan­soek is toe­ge­staan. Die mans sal hul aan­soek op 14 Fe­bru­a­rie 2019 in­dien.

Fo­to:­ DEAAN­ VIVIER

E­ve­lyn Groen­ink, I­van Pil­lay se vrou, saam met Pil­lay, An­dries Jan­se van Rens­burg en Jo­hann van Log­ge­ren­berg by een van hul vo­ri­ge ver­sky­nings in die land­dros­hof in P­re­to­ria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.