Grond­ko­mi­tee ge­maan oor hof­sa­ke

Volksblad - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die par­le­men­tê­re ko­mi­tee wat on­der­soek in­stel na die moont­li­ke wy­si­ging van die Grond­wet om grond­ont­ei­e­ning son­der ver­goe­ding toe te laat, is ge­waar­sku dat hof­sa­ke kan volg as hy nie die kor­rek­te pro­se­du­re volg nie.

Die grond­wet­li­ke her­sie­nings­ko­mi­tee het gis­ter sy werk­saam­he­de oor die moont­li­ke wy­si­ging van die ei­en­doms­klou­su­le, art. 25 van die Grond­wet, voort­ge­sit.

’n Ge­re­de­ka­wel oor pro­se­du­re en no­tu­les het die be­spre­kings oor­heers en daar was ver­war­ring oor ’n ver­slag oor die ge­skre­we voor­leg­gings wat ont­vang is. Som­mi­ge ko­mi­tee­le­de het her­haal­de­lik daar­op ge­wys dat be­slui­te nie ge­neem kan word ten­sy die no­tu­les van die vo­ri­ge ver­ga­de­rings aan­vaar is nie.

Op­po­si­sie-LP’s het S­tan Mai­la, ANC-LP wat taam­lik on­langs as me­de­voor­sit­ter van die ko­mi­tee aan­ge­wys is, teen pro­se­du­re­le fou­te ge­waar­sku.

Dr. Cor­né Mul­der, VF Plus-LP, sê ver­skeie pro­se­du­re­le fou­te is ge­maak en ko­mi­tee­le­de het nie ’n ver­slag oor die ge­skre­we voor­leg­gings ont­vang nie. “Ons het die skrif­te­li­ke voor­leg­gings nie ’n en­ke­le se­kon­de be­spreek nie.”

G­lyn­nis B­rey­ten­bach, DA-LP, het met Mul­der saam­ge­stem. “Ek wil be­klem­toon dat dit ’n be­lang­ri­ke pro­ses is en dat pro­se­du­re­le fou­te die ter­sy­de­stel­ling van die he­le pro­ses kan ver­oor­saak. Die ko­mi­tee moet be­te­ke­nis­vol aan­dag aan die ge­skre­we voor­leg­gings gee. As ons dit nie doen nie, sal ons nie in staat wees om die Grond­wet te wy­sig nie.”

Dei­d­re Car­ter, Co­pe-LP, wou weet wat van die hon­der­de ge­skre­we voor­leg­gings ge­word het wat per e-pos ont­vang is en ge­waar­sku dat hof­sa­ke oor die pro­se­du­re kan volg.

Le­de van die ANC sê die ge­skre­we voor­leg­gings en e-pos is in ’n lo­kaal by die par­le­ment be­skik­baar ge­stel. Ko­mi­tee­le­de het toe­gang daar­toe.

Te­bo­go Mok­we­li, EFF-LP, sê ’n ver­slag oor die ge­skre­we voor­leg­gings is op­ge­stel. “Ons moe­nie ver­traag word deur die kwes­sie van no­tu­les nie.”

Na­dat die no­tu­les uit­ein­de­lik aan­vaar is, het S­te­ve Swart, ACDP-LP, ge­sê die ko­mi­tee moet ’n voor­leg­ging kry oor die ver­slag oor die ge­skre­we voor­leg­gings.

Vin­cent S­mith, ANC-LP, meen so ’n voor­leg­ging is on­no­dig om­dat die ge­skre­we voor­leg­gings in­ge­sluit is in die ver­slag wat ver­le­de week deur die ko­mi­tee be­spreek is en waar­aan al die ko­mi­tee­le­de deel­ge­neem het. “Nie­mand praat oor die mon­de­lin­ge voor­leg­gings nie, ons is be­hep met die ge­skre­we voor­leg­gings. Laat ons dit dui­de­lik stel, daar is die­ge­ne wat vas­be­slo­te is om die pro­ses te ver­traag en ons hof toe te neem. Ons moet dit in ag neem,” sê S­mith.

Dr. An­ne­lie Lotriet, DA-LP, ont­ken dat DA-LP’s be­hep is met die ge­skre­we voor­leg­gings en wys daar­op dat die ver­slag wat ver­le­de week be­spreek is ’n ver­kor­te ver­slag is.

Po­li­tie­ke par­tye het tot Maan­dag om aan­be­ve­lings aan die ko­mi­tee te doen.

Die plan is om die fi­na­le ver­slag teen 15 No­vem­ber te aan­vaar, waar­na daar in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring daar­oor ge­de­bat­teer sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.