‘Gi­ga­ba het sy kans ge­had met Fi­re­bla­de-saak’

Volksblad - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van bin­ne­land­se sa­ke, het al oor­ge­noeg kans ge­had om die par­le­ment in sy ver­troue te neem oor die pro­ses­se wat ge­volg is so­dat die Op­pen­hei­mer-fa­mi­lie hul Fi­re­bla­de A­vi­a­ti­on-ter­mi­naal by die O.R. Tam­bo-lug­ha­we by Jo­han­nes­burg kon kry, maar hy het nie.

Daar­om be­stem­pel die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor bin­ne­land­se sa­ke die uit­spraak van die kon­sti­tu­si­o­ne­le hof en die o­pen­ba­re be­sker­mer (OB) se ver­slag oor Gi­ga­ba in ’n baie erns­ti­ge lig.

Die ko­mi­tee glo ook dat die re­le­van­te o­wer­he­de die be­vin­dings en aan­be­ve­lings daar­in so gou moont­lik moet deur­voer.

Die ho­we het on­der meer be­vind dat Gi­ga­ba on­der eed in die hof­saak teen Fi­re­bla­de A­vi­a­ti­on ge­lieg het.

Die OB het be­vind dat Gi­ga­ba daar­om die Grond­wet en e­tie­se ko­de vir ka­bi­nets­le­de oor­tree het en be­veel aan dat pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en die par­le­ment teen hom moet op­tree.

LP’s in die ko­mi­tee het Gi­ga­ba eer­gis­ter­aand in sy spo­re ge­stuit toe hy hom oor die me­rie­te van die hof­uit­spraak en die OB-ver­slag wou uit­laat.

Hlo­ma­ne C­hau­ke, voor­sit­ter van die por­te­feul­je­ko­mi­tee oor bin­ne­land­se sa­ke, sê in ’n ver­kla­ring die ko­mi­tee het die be­sluit ge­neem om­dat hy nie die werk van dié twee be­lang­ri­ke staats­in­stel­lings in twy­fel wou trek nie.

Vol­gens hom het die ko­mi­tee daar­om ook die de­par­te­ment van bin­ne­land­se sa­ke ver­soek om bin­ne se­we dae ver­slag te doen oor pre­sies hoe­veel Gi­ga­ba se hof­saak teen Fi­re­bla­de A­vi­a­ti­on die be­las­ting­be­ta­ler ge­kos het.

Die ko­mi­tee het ver­le­de week ge­sê daar­die geld sal van die be­trok­ke­nes ver­haal word.

John Steen­hui­sen, DA-hoof­sweep, het vroe­ër aan­ge­dui dat die regs­kos­te in die ge­ding Suid-A­fri­ka­ners meer as R1 mil­joen ge­kos het.

Die por­te­feul­je­ko­mi­tee doen ook ’n erns­ti­ge be­roep op die re­ge­ring om so gou moont­lik ’n be­leids­raam­werk op te stel wat pri­va­te ter­mi­na­le, soos die een vir BBP’s van Fi­re­bla­de A­vi­a­ti­on, kan re­gu­leer.

Gi­ga­ba het Dins­dag­aand aan die ko­mi­tee ge­sê daar is tans geen be­leids­raam­werk daar­voor nie en Fi­re­bla­de s’n is die eer­ste in sy soort in Suid-A­fri­ka.

C­hau­ke sê dit is on­aan­vaar­baar dat die saak so lank uit­ge­rek is son­der ’n dui­de­li­ke be­leids­raam­werk wat die skep van sul­ke ter­mi­na­le re­gu­leer.

“Dit is van ui­ter­se be­lang dat die re­ge­ring die ver­eis­te be­leids­rig­ly­ne in­stel oor hoe hier­die ter­mi­na­le be­dryf moet word, as dit e­nig­sins no­dig is.

“Dit is ook kom­mer­wek­kend dat daar ver­war­ring blyk te wees oor wat­ter de­par­te­ment die pro­ses moet lei om sul­ke ter­mi­na­le te skep. Die be­leids­raam­werk moet hier­die on­se­ker­heid lei en op­los.”

ANC-LP’s in die ko­mi­tee het Dins­dag­aand hul mis­noeë uit­ge­spreek, ver­al om­dat die staat se doe­a­ne- en im­mi­gra­sie­diens­te aan die Op­pen­hei­mers se pri­va­te ter­mi­naal diens­te moet le­wer.

Hul­le stel dit dui­de­lik dat ’n me­mo­ran­dum van ver­stand­hou­ding drin­gend tus­sen Fi­re­bla­de en die be­trok­ke de­par­te­men­te on­der­te­ken moet word om die hui­di­ge re­ë­lings te for­ma­li­seer. Dit moet on­der meer aan­dui wat­ter staats­diens­te ge­le­wer moet word en wie daar­voor moet be­taal.

Dit is on­aan­vaar­baar dat die hui­di­ge o­pe­ra­sie net krag­tens ’n ver­stand­hou­ding in­ge­stel is, sê C­hau­ke.

Fo­to:­ DEAAN­ VIVIER

Ma­lu­si Gi­ga­ba

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.