SUT-stu­dent wen eer­ste prys in New B­reed-kom­pe­ti­sie

Volksblad - - Nuus - El­re­tha B­ritz

’n Vi­su­eel tref­fen­de werk wat jong men­se se stryd om op­voe­ding in pen op pa­pier uit­beeld, het aan N­ku­lu­le­ko N­ke­be die eer­ste prys in van­jaar se New B­reed-kom­pe­ti­sie be­sorg.

Dié kuns­stu­dent aan die Sen­tra­le U­ni­ver­si­teit vir Teg­no­lo­gie (SUT) het R50 000 ont­vang vir Youth sla­ves to e­du­ca­ti­on in P­hats­ho­a­ne Hen­ney­pro­ku­reurs se kom­pe­ti­sie vir vi­su­e­le kuns­te­naars in die Vry­staat.

Kat­le­go Mo­goe­ra is twee keer na die po­di­um ge­roep, om R20 000 as naas­wen­ner te ont­vang en as die pu­bliek se keu­se, waar­voor sy nog R10 000 in haar sak kon steek.

’n Swart-en-wit fo­to ge­ti­tel Gi­rl ba­lan­cing ci­ga­ret­te on lips

het ver­re­weg die mees­te stem­me van die pu­bliek ge­kry en ook die be­oor­de­laars be­ïn­druk.

Pe­tra S­chut­te en Xo­la Sel­lo het as me­rie­te­wen­ners elk­een R10 000 ont­vang.

S­chut­te se werk, Ex­pi­ra­ti­on of my en­vi­ron­ment in ink, pas­tel en pot­lood, ver­beeld die uit­wer­king wat die toe­na­me in af­val op die om­ge­wing het.

Sel­lo het pen en pas­tel op pa­pier ge­bruik vir My e­co­nomy,

’n vier­luik wat die stand van die Suid-A­fri­kaan­se e­ko­no­mie uit­beeld.

Die be­oor­de­laars het die wen­wer­ke uit 54 kuns­stuk­ke deur 45 fi­na­lis­te ge­kies. Dit kan nog tot 25 No­vem­ber in die O­lie­wen­huis-kuns­mu­seum be­sig­tig word.

Die be­oor­de­laars van die der­de New B­reed-kom­pe­ti­sie is Sa­me Md­lu­li, be­stuur­der van die S­tan­dard Bank-kuns­ga­le­ry in Jo­han­nes­burg, Pauline Gut­ter, be­kroon­de kuns­te­naar van Bloem­fon­tein, die Jo­han­nes­burg­se kuns­te­naar La­wren­ce Le­ma­o­a­na en Ka­ren Brusch, vo­ri­ge di­rek­teur van die Mo­mo-ga­le­ry in Jo­han­nes­burg.

Fo­to: LIENTJIE MENTZ

Die wen­ners van van­jaar se New B­reed-kom­pe­ti­sie by die wen­werk. Van links is N­ku­lu­le­ko N­ke­be (wen­ner), Kat­le­go Mo­goe­ra (naas­wen­ner en die pu­bliek se guns­te­ling), Pe­tra S­chut­te en Xo­la Sel­lo (me­rie­te-eer­be­wy­se).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.