Ma­triek: En­gel­se let­ter­kun­de ‘niks om oor te huil’

Volksblad - - Nuus - Ma­ri­ta­ Her­sel­man

Leer­lin­ge wat gis­ter goed voor­be­reid ag­ter die En­gel­se (eer­ste ad­di­si­o­ne­le taal) let­ter­kun­de­vra­e­stel in­ge­skuif het, sou be­slis nie in sweet uit­ge­slaan het nie.

Ma­trieks oor die land heen moes vrae oor twee, van vier, gen­res be­ant­woord. Die keu­se was tus­sen ’n ro­man, dra­ma, kort­ver­ha­le en po­ë­sie.

“Daar was geen vraag wat ek meen ’n kind in tra­ne sou laat nie,” sê Ma­rin­da van der Watt wat En­gels by die Ho­ër­skool Sen­traal aan­bied.

Sy ver­wys na die ro­man- en kort­ver­haal­af­de­ling wat haar leer­lin­ge be­ant­woord het.

Van der Watt se leer­lin­ge het vrae oor die voor­ge­skre­we boek S­tran­ge Ca­se of Dr Je­kyll and Mr Hy­de en uit­trek­sels uit die kort­ver­ha­le “The new tri­be” en “The fur co­at” be­ant­woord.

Sy sê leer­lin­ge wat ge­leer het, sou nie uit­ge­vang ge­wees het nie, hoe­wel daar moei­li­ker vrae by die ro­man was.

A­dé­le Dem­pers van die Ho­ër Mei­sie­skool O­ran­je se leer­lin­ge het ook dié ro­man en po­ë­sie be­han­del. Sy sê leer­lin­ge wat hard ge­leer het, sal pres­teer en leer­lin­ge wat ge­noeg ge­leer het, sal mak­lik slaag.

Leer­lin­ge sou by Ma­ya An­ge­lou se ge­dig “Still I Ri­se” kon suk­kel om die te­ma per­se­ver­an­ce te be­spreek, om­dat al­mal nie dié woord ken nie, sê sy.

■ Vol­le­di­ge­ be­rig­ op­ Net­werk24.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.