‘Jy het be­doel om te moor’

Ja­son tronk toe; reg­ter wei­er borg­tog

Volksblad - - Nuus - Ja­na B­rey­ten­bach

Ja­son Ro­hde het gis­ter­aand sy eer­ste nag as ver­oor­deel­de moor­de­naar in die Polls­moor-ge­van­ge­nis in Kaap­stad deur­ge­bring.

Sy borg­tog is ná sy skul­dig­be­vin­ding te­rug­ge­trek.

Hy het weer aan­soek om borg­tog ge­doen, maar dit het mis­luk.

Die hof het ook be­vind hy het die to­neel ge­ma­ni­pu­leer om die in­druk te wek dat sy vrou, Su­san, haar­self om die le­we ge­bring het.

Reg­ter Ga­y­aat Sa­lie-Hlop­he het haar uit­spraak in die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad gis­ter be­gin deur die to­neel van ’n mooi win­ters­og­gend by ’n spog­ho­tel bui­te S­tel­len­bosch te kon­tras­teer met Su­san se half­naak­te lyk wat op die bad­ka­mer­vloer van ka­mer 221 ge­vind is.

“’n Le­we wat kort­ge­knip is op die jong ou­der­dom van 47. Sy was ’n ma van drie dog­ters en die vrou van Ja­son, ’n suk­ses­vol­le sa­ke­man,” het sy ge­sê.

Ja­son, des­tyds uit­voe­ren­de hoof van Sot­he­by’s Re­al­ty in Suid-A­fri­ka, en Su­san het dié maat­skap­py se jaar­lik­se kon­fe­ren­sie van 22 tot 24 Ju­lie 2016 in die S­pier-ho­tel by­ge­woon.

“S­pier was ook die laas­te to­neel van ’n lief­des­drie­hoek wat reeds maan­de van­te­vo­re ge­vorm het,” het Sa­lie-Hlop­he ge­sê.

’n Paar dae ná Va­len­tyns­dag 2016 het Su­san ’n kaart­jie in haar man se tas ge­kry wat van Jo­le­ne Al­terskye, sy min­na­res, ge­kom het.

Su­san het haar man in ’n bad­ka­mer toe­ge­sluit en hom daar­oor ge­kon­fron­teer. Ja­son moes Al­terskye voor Su­san bel en die ver­hou­ding be­ëin­dig.

Maan­de van “hart­ver­skeu­ren­de trau­ma” het ge­volg, maar Su­san wou nie hê die wê­reld moet van hul pro­ble­me weet nie.

Sy het vir te­ra­pie ge­gaan en haar mooi pro­beer hou deur bo­toks-in­spui­tings te kry. Dit is ge­doen om per­fek te lyk vir die ge­sel­lig­heid by S­pier. Sy het daar­op aan­ge­dring om dit saam met haar man by te woon.

Sy wou Al­terskye, wat ook daar sou wees, wys dat daar geen plek vir haar in hul hu­we­lik is nie.

Maar ná ’n stres­vol­le na­week het Su­san haar man be­trap ter­wyl hy ’n bood­skap aan Al­terskye op sy foon uit­ge­wis het.

Hul­le het be­gin ba­klei en dit het gou fi­siek ge­raak.

Hy het die ka­mer ver­laat, maar sy het hom ge­volg en hul­le het la­ter saam te­rug­ge­keer.

Die vol­gen­de og­gend was Su­san dood. Ja­son het aan­ge­voer Su­san het haar­self om die le­we ge­bring weens sy ver­hou­ding met Al­terskye en om­dat hy die hu­we­lik wou be­ëin­dig.

Ter­wyl die uit­spraak gis­ter voor­ge­lees is, het Ja­son e­mo­si­o­neel ge­raak toe hy be­sef Sa­lieHlop­he is nie aan sy kant nie. Hy het sy kop laat sak.

Sy ge­sig was rooi en hy het be­gin huil. Sa­lie-Hlop­he het ge­sê die fi­sie­ke ba­klei­e­ry is die vol­gen­de og­gend voort­ge­sit na­dat Al­terskye en Su­san bood­skap­pe aan me­kaar ge­stuur het.

“Die af­lei­ding wat ’n mens maak, is dat die fi­sie­ke ge­veg weer op­ge­vlam het na­dat Su­san die bood­skap­pe aan Ja­son ge­wys het. Dit was toe dat Ja­son haar teen die kop ge­slaan, ge­wurg en met ’n kus­sing ver­smoor het,” het Sa­lie-Hlop­he be­vind.

Ja­son het toe ’n plan be­raam om ’n sto­rie te ver­sin van hoe Su­san haar­self om die le­we ge­bring het. Hy het haar lyk na die bad­ka­mer ge­sleep, haar op die vloer laat lê, die haar­tang-koord om haar nek en aan die haak ag­ter die deur vas­ge­maak, die bad­ka­mer ver­laat en die deur ge­sluit.

Sa­lie-Hlop­he het be­vind die staat het bo re­de­li­ke twy­fel be­wys dat Ja­son sy vrou met voor­be­dag­te ra­de ver­moor en die to­neel ge­ma­ni­pu­leer het: “Jy het be­doel om dood te maak.”

Die von­nis­op­leg­ging be­gin op 21 No­vem­ber.

Fo­to: JA­CO MA­RAIS

Ja­son Ro­hde stap gis­ter by die trap­pe af na die sel­le van die hoog­ge­regs­hof in Kaap­stad na­dat hy skul­dig be­vind is aan die moord op sy vrou, Su­san.

Fo­to: GAL­LO I­MA­GES

Ro­hde op pad na die sel­le.

Su­san Ro­hde

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.