Voor­spraak vir vre­de mág nie ver­pas word nie

Volksblad - - Kommentaar - An­ne­lie Bo­tes

Op 11 Sep­tem­ber het ek ge­skryf oor die ly­dings­hel toe Al-Ka­ï­da-vlie­ë­niers in die Wor­ld Tra­de Cen­ter vas­ge­vlieg het. En hoe op­po­ne­ren­de sol­da­te ge­du­ren­de die Eer­ste Wê­reld­oor­log op Ou­kers­nag 1914 van­uit die loop­gra­we vir me­kaar Kers­lie­de­re ge­sing het.

Die tyd tus­sen Sep­tem­ber en nou het soos ’n wa­sem­pie ver­by­ge­vlieg. Se­dert­dien brand ons land steeds, en nê­rens is nie­mand met iets te­vre­de nie. Dis net oor­log, oor­log, oor­log.

Tans is daar ’n op­wip­ka­naal op DStv, 100 Ye­ars­of War, en ek vind dit so ont­stel­lend dat my eet­lus skoon ver­dwyn.

Nog­tans kyk ek ver­stard, en won­der hoe groot is die mens se ka­pa­si­teit om in ’n om­me­sien­tjie ’n ge­we­ten­lo­se mon­ster te word.

Op Google lees ek van die doods­kamp by So­bi­bór in Po­le waar ’n kwart­mil­joen Jo­de in die gas­ka­mers uit­ge­wis is.

Die gru­wels by So­bi­bór was so weer­sin­wek­kend, selfs vir die Duit­sers, dat die kamp om­ge­dol­we en ver­nie­tig is. Dis toe­ge­gooi en be­plant met den­ne­bo­me, en van­dag is dit die tuis­te van die So­bi­bór­mu­seum. Na­vor­sers en an­tro­po­loë sê die vo­ëls in die om­ge­wing het tot van­dag toe op­hou sing. As­of die na­tuur wéét.

Vol­gen­de Son­dag­og­gend is dit weer sing­tyd by die Park­heu­wel-ge­meen­te met ons Kers­sang­diens.

Van­jaar was dit by­kans spon­taan om ’n te­ma te kies: Vre­de in ’n oor­log­siek wê­reld. Kort-kort ter­wyl ek met die pro­gram doe­nig was, het ek ge­huil. Die to­taal van Auschwitz, Si­rië, Af­ga­ni­stan, die G­rens­oor­log, die Falk­land­ei­lan­de en Ang­lo-Boe­re­oor­log het my e­mo­si­o­neel om­ge­gooi.

Maar weer eens het ek ge­sien uit die don­ker put van om­ge­gooid­heid kan ’n won­der­werk ver­rys. Want ’n in­spi­ra­sie het my beet­ge­pak.

Sum­mier het ek u­ni­form­men­se be­gin soek. Ver­pleeg­sters, ka­det­te, men­se in die weer­mag en ge­van­ge­nis­diens. Hul­le gaan hand aan hand saam met die en­gel­tjies en her­der­tjies by die kerk­deur in­kom.

Voor­aan die pro­ses­sie, in vol­le mon­de­ring, loop twee doe­del­sak­spe­lers en lei die en­gel­vler­kies en u­ni­forms bin­ne op “A­ma­zing Gra­ce”.

Dan gaan die Ou­kers­nag in die loop­gra­we van 1914 ont­vou. Na­by die ein­de gaan An­ne­li van Rooy­en se “Se­ën­be­de” uit­ge­stort word, ook oor nie-teen­woor­di­ges. En ons sluit af met “The Batt­le Hymn”, of­te­wel die “Oor­win­nings­lied”. Dan gaan ons saal toe vir kof­fie en mal­va­lek­kers.

Dié wat in of na­by die Baai bly, is wel­kom. Maar in el­ke dorp in ons land, van die Vry­staat tot Na­tal, in el­ke straat, el­ke huis, el­ke werks­plek, el­ke skool en kerk, sal ons met groot erns moet be­gin voor­spraak maak vir vre­de. Ver­draag­saam­heid. Lank­moe­dig­heid.

En ons moet ont­hou dat voor­spraak al­leen wei­nig werd is, soos uit­ge­kaf­de ko­ring. Dit kry eers ge­stal­te as jy die hand aan die ploeg slaan.

Ons het eint­lik geen keu­se nie – ons móét. Die B­rit­se skry­wer Her­bert Ge­or­ge Wells, be­kend as die va­der van die we­ten­skaps­fik­sie, het ge­sê: “If we don’t end war, war will end us.”

‘‘ Weer eens het ek ge­sien dat uit die don­ker put van om­ge­gooid­heid ’n won­der­werk kan ver­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.