Trump se veg­lus kry oor­hand in Wit­huis

Volksblad - - Nuus -

Pres. Do­nald Trump se veg­lus het ná die mid­del­ter­myn­ver­kie­sing o­ën­skyn­lik die oor­hand ge­kry toe hy sy pro­ku­reur-ge­ne­raal in die pad ge­steek het en ’n CNN-joer­na­lis se toe­gang tot die Wit­huis laat te­rug­trek het.

Trump het al ver­skeie ke­re ge­dreig om van Jeff Ses­si­ons, pro­ku­reur-ge­ne­raal, ont­slae te raak.

CNN be­rig dit word ge­sien as ’n po­ging van Trump om be­heer te­rug te kry oor die on­der­soek na Rus­land se be­weer­de in­men­ging in die pre­si­dents­ver­kie­sing van 2016.

Die 71-ja­ri­ge Ses­si­ons is ’n voor­ma­li­ge se­na­tor van Ala­ba­ma, en was van die be­gin van Trump se po­li­tie­ke loop­baan af een van sy groot on­der­steu­ners.

Hy het Trump eg­ter woe­dend ge­maak toe hy hom ver­skoon het van die on­der­soek na Rus­land.

Daar word ver­wag dat nog hoë­pro­fiel­men­se in die Trum­p­ad­mi­nis­tra­sie die trek­pas gaan kry ter­wyl Trump hom op die 2020-ver­kie­sing voor­be­rei.

CNN het be­rig voor die mid­del­ter­myn­ver­kie­sing het ver­skeie kon­ser­wa­tie­we regs­lui ge­wed­y­wer om Ses­si­ons ná sy ver­wag­te ver­wy­de­ring op te volg.

Trump het in­tus­sen aan­ge­kon­dig dat Ses­si­ons se per­so­neel­hoof, Mat­thew W­hi­ta­ker, sal waar­neem tot­dat ’n be­noem­de “in ’n la­ter sta­di­um” aan­ge­wys word.

CNN se Jim A­costa, na wie Trump as “’n on­be­skof­te, aak­li­ge mens” ver­wys het, se te­rug­trek­king van toe­gang tot die Wit­huis volg ure ná ’n vu­ri­ge woor­de­wis­se­ling Woens­dag op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie toe A­costa vir Trump ge­vra het oor sy ver­sprei­ding van vals ge­rug­te en dat hy vrees aan­wak­ker oor die im­mi­gran­te wat deur Mex­i­ko be­weeg, be­rig The Gu­ar­di­an.

Trump ver­wys ook ge­reeld na CNN as “vals nuus” en het weer ge­sê dié net­werk is die “vy­and van die men­se”.

Die pre­si­dent het pro­beer om A­costa se vraag af te maak en ge­sê hy moet sit, maar A­costa het ge­wei­er. “Die ge­hei­me diens het my in­ge­lig ek kan nie vir my skof om 20:00 by die Wit­huis-per­seel in­gaan nie,” het A­costa daar­na op T­wit­ter ge­sê.

ABC News be­rig die Wit­huis sê in ’n ver­kla­ring hy is toe­gang ge­wei­er om­dat hy na be­we­ring aan ’n in­tern ge­vat het. “Pres. Trump glo in die vrye me­dia en ver­wel­kom vrae oor hom en sy ad­mi­nis­tra­sie. Ons sal eg­ter nooit ’n ver­slag­ge­wer duld wat sy han­de op ’n jong vrou plaas wat net pro­beer om haar werk as ’n Wit­huis-in­tern te doen nie,” sê Sa­rah San­ders, me­di­a­se­kre­ta­ris van die Wit­huis, in die ver­kla­ring.

News24 be­rig ’n ver­e­ni­ging wat die Wit­huis se pers­korps ver­teen­woor­dig, het die op­tre­de teen A­costa ge­kri­ti­seer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.