‘Daar is o­ral bloed’ ná 12 dood­ge­skiet is

Man met mas­ker brand los in kroeg

Volksblad - - Nuus -

“Daar is o­ral bloed.”

Só word die to­neel in ’n kroeg in T­hou­sand Oaks, ’n stad na­by Los An­ge­les, Kalifornië, be­skryf na­dat ’n man, die 28-ja­ri­ge Ian Long, glo met ’n ski-mas­ker oor sy ge­sig, ’n stamp­vol kroeg in­ge­stap en links en regs op men­se be­gin s­kiet het, be­rig Sky News.

Al­te­saam 12 men­se is reeds dood, on­der wie ’n po­li­sie­lid wat op die voor­val ge­re­a­geer het. Hy sou vol­gen­de jaar af­tree.

CNN be­rig sers. Ron He­lus was een van die eer­ste po­li­sie­le­de op die to­neel na­dat ie­mand die 911-nood­nom­mer ge­ska­kel het. He­lus was 29 jaar lank ’n po­li­sie­lid en wou bin­ne die vol­gen­de jaar of so af­tree, het Ge­off De­an, die po­li­sie­hoof van die ge­bied, aan ver­slag­ge­wers ge­sê.

Die Bor­der­li­ne-kroeg-e­neet­plek was stamp­vol s­tu­den­te van die Pep­per­di­ne-u­ni­ver­si­teit toe die ge­wa­pen­de Long los­brand.

Die skie­ter is self in die kroeg aan ’n skiet­wond dood, maar De­an sê dit is nog te vroeg om te sê of Long hom­self dood­ge­skiet het.

Toe die po­li­sie op die to­neel aan­kom, het Long steeds op die men­se in die kroeg ge­skiet.

Die po­li­sie sê Long het om 23:20 met ’n pis­tool die kui­er­plek in­ge­stap.

“Die to­neel daar­bin­ne lyk ver­skrik­lik. Daar is o­ral bloed,” sê De­an.Vol­gens die po­li­sie is meer as 30 sko­te ge­skiet, be­rig Sky News.

Men­se het ven­sters met stoe­le ge­breek in ’n po­ging om uit die kroeg te ont­snap, ter­wyl an­der in die bad­ka­mers of op die sol­der pro­beer weg­kruip het. Tal­le be­seer­des is na hos­pi­ta­le ge­bring.

Matt Wen­ner­strom (20), ’n stu­dent wat ge­reeld by die kroeg kui­er, het vol­gens USA To­day aan ver­slag­ge­wers ge­sê hy het ’n har­de ge­luid ge­hoor en ’n “lang, swart fi­guur met ’n hand­wa­pen ge­sien wat op wer­kers by die voor­ste toon­bank los­brand”.

Hy het men­se rond­om hom ge­gryp en hul­le on­der ’n snoe­ker­ta­fel naas­te aan hul­le af­ge­trek tot­dat die skie­ter se pa­tro­ne op­ge­raak het en hy moes her­laai, het Wen­ner­strom ver­tel. Ter­wyl die man die wa­pen her­laai het, het hy en nog men­se stoe­le deur die ven­sters ge­gooi en so­veel as moont­lik men­se daar­deur laat ont­snap.

’n Wet­stoe­pas­sings­be­amp­te het aan AP ge­sê Long het ’n .45ka­li­ber hand­wa­pen en ’n rook­bom ge­bruik.

Die Pep­per­di­ne-u­ni­ver­si­teit het vol­gens CNN in ’n ver­kla­ring s­tu­den­te wat hul klas­se weens die skie­te­ry wil her­ske­du­leer, aan­ge­moe­dig om dit te doen.

“U­ni­ver­si­teits­amp­te­na­re werk saam met wets­toe­pas­sers om s­tu­den­te se vei­lig­heid en wel­stand te ver­se­ker, en ons ge­be­de en me­de­lye is by elk­een wat deur dié sin­ne­lo­se ge­welds­daad ge­raak is,” lui die ver­kla­ring.

Fo­to’s: REU­TERS

Men­se staan ag­ter die af­sper­band ter­wyl hul­le me­kaar vas­hou ná die skie­te­ry in T­hou­sand Oaks na­by Los An­ge­les in Kalifornië. Min­stens 12 men­se is in die voor­val dood.

Twee mei­sies om­hels me­kaar ná die mas­sas­kie­te­ry in ’n kui­er­plek in T­hou­sand Oaks na­by Los An­ge­les in Kalifornië.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.