Buf­fels se kar­kas­se in C­ho­be op­ge­kap

Volksblad - - Nuus - Ma­rie­tie Louw-Car­stens

Die kar­kas­se van so­wat 400 buf­fels wat in die C­ho­be-ri­vier ver­drink het toe ’n trop leeus hul­le Dins­dag­nag ge­jag het, word nou op­ge­kap.

In­wo­ners van ne­der­set­tings aan die grens tus­sen Na­mi­bië en Botswa­na na­by die C­ho­be­ri­vier het gis­ter in bak­kies en mo­tors daar op­ge­daag en be­gin om die kar­kas­se op te kap.

Die vleis is in die voer­tuie ge­laai, ter­wyl die in­ge­wan­de in die ri­vier of op die oe­wer ge­los is.

Werk­ne­mers van Se­ron­de­la Lod­ge, wat na­by die ri­vier is, het fo­to’s daar­van ge­neem.

Si­mo­ne Mi­che­let­ti, be­stu­ren­de di­rek­teur van Se­ron­de­la, sê die mas­sa­ver­drin­king is aar­dig.

The Na­mi­bi­an be­rig in­wo­ners van die Ka­vu­la­vu­la-ne­der­set­ting het glo eer­ste op die dooie buf­fels af­ge­kom.

Die C­ho­be­ri­vier is aan die noord­oos­te­li­ke grens van die C­ho­be Na­si­o­na­le Park. Die ge­bied tus­sen Na­mi­bië en Botswa­na is be­kend om sy groot buf­fel­be­vol­king.

Ro­meo Mu­yun­da, woord­voer­der van die Na­mi­bie­se de­par­te­ment van om­ge­wing­sa­ke, sê sul­ke mas­sa­ver­drin­kings is nie vreemd in die ge­bied nie.

Hy sê die ver­moe­de be­staan dat ’n trop of dalk ’n paar trop­pe leeus die buf­fels van Botswa­na af ge­jaag het.

Die buf­fels het me­kaar waar­skyn­lik ver­trap, in die ri­vier be­land en ver­drink.

Die o­wer­he­de het be­sluit men­se in na­by­ge­leë ne­der­set­tings mag die kar­kas­se uit die ri­vier haal en dit op­kap vir vleis.

Fo­to: SE­RON­DE­LA LOD­GE

Die kar­kas­se van die buf­fels wat in die C­ho­be­ri­vier ver­drink het, dryf in die wa­ter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.