Kuns­te­naar se lyk in haar huis ge­vind

Be­kend om haar skil­de­rye van blom­me

Volksblad - - Voorblad - Kay­de­ne Da­vids

’n Kuns­te­naar wat be­kend was om haar skil­de­rye van blom­me is dood in haar huis in die OosVry­staat aan­ge­tref.

Lie­sel Bru­ne (54), wat die laas­te paar jaar in Ficksburg ge­woon het, is Woens­dag­og­gend deur haar huis­wer­ker in haar bed aan­ge­tref.

Sy het haar­self ver­moe­de­lik om die le­we ge­bring in haar huis in die hoof­straat wat die af­ge­lo­pe drie jaar ook as haar kuns­ga­le­ry ge­dien het.

Bru­ne, wat ver­al lief was daar­voor om ro­se, le­lies, pro­te­as en land­skap­pe te skil­der, het die dag te­vo­re ver­skeie in­skry­wings op Facebook ge­deel. Een hier­van was oor ’n ma wat soos ’n ver­skie­ten­de ster is wat net een keer deur jou le­we kom.

“Wees lief vir haar, want as haar lig uit­gaan, sal jy haar nooit weer sien nie,” lui haar laas­te in­skry­wing Dins­dag op Facebook.

In ’n an­der in­skry­wing het sy ’n mu­siek­vi­deo van La­dy Ga­ga en Brad­ley Cooper se “S­hal­low” ge­deel.

Haar vrien­de het hul hart­seer oor haar dood uit­ge­spreek.

Ga­vin Boy, ’n vriend en buur­man van Bru­ne, sê kuns was “haar ge­luk­ki­ge plek”, en om blom­me te skil­der was haar pas­sie.

“Sy was lief vir blom­me en het al­tyd die mooi in al­les raak­ge­sien, ver­al dooie blom­me.

“Sy het al­tyd an­der van seer­kry be­skerm, maar nooit haar­self nie.

“Sy was styl­vol, het mooi aan­ge­trek en het al­tyd prag­tig ge­lyk.

“Sy was wyd be­le­se, het die wê­reld vol ge­reis en het ’n groot ken­nis van ver­skeie on­der­wer­pe ge­had. Dit was al­tyd ’n vreug­de om met haar te ge­sels.”

Ge­or­ge Pie­ter­sen, ’n ja­re lan­ge vriend van Bru­ne, sê die dorp rou oor ’n ge­lief­de in­wo­ner.

Hy het haar as ’n stil mens met ’n spran­ke­len­de per­soon­lik­heid be­skryf.

“Sy was vir baie soos ’n ma, ie­mand wat al­tyd ge­luis­ter het en die bes­te raad ge­gee het. Sy sal ge­mis word.”

Wi­ri­ce G­reeff sê Bru­ne was ’n vrien­din soos min.

“Sy het haar plek­kie in my hart ge­verf, streep vir streep met ’n kwas ge­trek. Sy was al­tyd daar om te luis­ter, raad te gee en het soms kwaai ge­word as ek te laat kom hulp vra.

“Vir my was sy ’n moe­der­fi­guur; sy het my ge­help, ge­mo­ti­veer, al­tyd om­ge­gee en was ’n bes­te vrien­din.”

De­ni­se Ven­mo­re en Ber­na­det­te M­cDo­wall sê Bru­ne het vir haar kuns en kin­ders ge­leef.

Bru­ne laat drie seuns, Har­men, Pie­ter en J­ü­r­gen, ag­ter.

Fo­to: FACEBOOK

Lie­sel Bru­ne

Fo­to: FACEBOOK

Lie­sel Bru­ne se T­rip­ti­que of Flo­wers.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.